Thursday, November 13

Iemand spesiaal verjaar


Veels Geluk Liewe Maatjie
Omdat jy verjaar
Mag die Here jou seen
En nog baie jare spaar!!

Hiep hiep (en baie hieps) hoera!!
Ek hoop dis 'n baie spesiale dag vir jou maat
en dankie dat jy so 'n spesiale vriendin is.
(Ek het 'n OU foto van ons gaan uitgrawe wat
seker die beste wys van ons vriendskap -
baie lag dat die trane loop )

15 comments:

Anonymous said...

Happy Birthday Tannie Charmain!!!
Hope you have a good day and another good year!
tc xoxo

mariki said...

Die kosbaarheid van vriendskap darem!

Thea said...

Ek stem Sandra, sy IS baie spesiaal!! Hoop julle gaan haar lekker bederf vandag!

Muriel said...

Ag nee, dis nou die dae wat ek so jammer is julle bly so ver!
Ek sou Sandra en Nelmari gehelp het om jou dag spesiaal te maak. Ons sou definitief bietjie in die winkels ook gaan rondhang het. whaha Maar ek weet sommer jy gaan 'n spesiale dag hê!!! ;)

Baie geluk met jou verjaarsdag Charmaine, mag jy 'n wonderlike nuwe jaar hê!

Julle het 'n wonderlike, spesiale vriendskap! Wel ek dink dis na al die jare meer as vriendskap - julle is al soos susters!

Geniet julle dag!
'n Groot verjaarsdag (((Drukkie))) vir jou Charmaine, jy is 'n voorbeeld en inspirasie vir ons!
Liefde
x x

(Dankie Sandra)

Charmaine said...

Baie dankie maatjie. Jinne maar dit is 'n ou foto... :-) Ons kom 'n lang pad dis waar en dankie vir jou vriendskap. Dis 'n groot geskenk!!!
Dankie Nelmari, jy sal die afkorting moet verduidelik..:-) my "ander dogter!!"
Dankie Thea jy is baie spesiaal
Drukkie vir jou ook ((((Muriel))) Dit sou baie lekker wees as ons almal vandag in die winkels kon invaar en shop en lag en gesels... Dankie vir die baie mooi wense.

Anonymous said...

Baie geluk Charmaine, ek hoop dat jou spesiale dag goed verloop an dat die jaar wat wag net voorspoed en geluk sal bring.

Jinne, wanneer laas het ek julle twee saam voor 'n oop bottle Chateau Libertas gesien?

Anonymous said...

Hallo mam, BAIE GELUK met mam se verjaarsdag, mam is 'n uiterse spesiale mens en ons is baie lief vir mam. Dankie vir die mooi blog Tannie Sandra ;-) Liefde Elriza

Sandra said...

Sussie jy moet nie afkortings met ons ouer mense gebruik nie.

Mariki sy is 'n kosbare vriendin.

Thea sy hang vandag in Dubai uit, maar ons het beslis "ietsie" beplan

Ons sal maar 'n laat viering op die 29ste moet he Muriel. En ja ons is meer soos sussies want ons kan maar lekker verskil.

Daai foto is ook op jou verjaarsdag geneem ? .... hoeveel jaar terug maat?

Is dit die wyn se naam Eddie, gits ek het dit nie eers geweet nie ons het gewoonlik met JC gekuier. Wys net watter "slegte" invloed Charmaine het.

Jou ma is baie special Elriza. Dankie ook vir jou bydrae :-) vir vandag.

Anonymous said...

Happy Birthday grandma "C"! You drink grandma? Seriously? For everybody to see? Please behave the rest of the day then.
Love

Anonymous said...

Hi uncle DJ... I know you see the bottle and everything but I don't drink red wine.. :-)Thank you for the special wishes. Love Grandma

Meis so baie dankie vir die mooi boodskap en die baie keer se bederf vandag. So baie lief vir jou. Mam

Baie dankie vir die mooi wense Eddie. Ek stem saam met Sandra, ons sou eerder JC drink as rooiwyn..:-)

Desire Fourie said...

Veels gelyk Charmain. Hoop jou dag is ekstra spesiaal en dat die jaar vorentoe gevul sal wees met liefde, geluk en gesondheid. Met liefde van Desire

Sandra said...

DJ we try to control her but its not always possible :-).

En nou is dit cappuchino ipv JC maat.

Dorette said...

Ek is agter met die nuus! Baie baie geluk met jou verjaarsdag Charmaine! Hoop die nuwe jaar hou wonderlike verrassings in, en dat jy net elke dag nog meer van ons Pa se blessings sal ontdek.

Anonymous said...

Baie dankie Desire en Dorette. Ek bere al die mooi wense in my hart.
Maat dit was toe chai, nie cup o coffee nie ne.:-)

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Baie geluk met Tannie Charmaine se verjaarsdag!! Hoop dit was 'n wonderlike dag gewees en mag die jaar wat voorlê gevul wees met liefde, vreugde en baie verrassings!

Baie geluk!!!

PS> Ek is MAL oor die foto!!

Groete
Beatrix