 
 Global Village het in 1996 langs die Dubai Creek begin en daardie jaar het 500,000 die plek besoek. Die jaar daarna het 900,000 na 18 lande se uitstallings gaan kyk en so het dit elke jaar net meer en meer geword. In 2005 word alle vorige rekords gebreek met 5.2 miljoen besoekers daardie jaar en 38 lande wat deelneem (nog steeds is ek nie een van hulle nie). In 2005 trek hulle ook na die huidige perseel toe en nou is daar al 40 lande wat deelneem. Eintlik in 2008 gaan ek deel uitmaak van die statistieke vir die jaar! Hier wag ons vir die hekke om oop te maak. Julle kan sien dis heerlik koel en Nelmari, Corinne en Charmaine is warm aangetrek.
 
 Die brosjure sê "a shopaholic's delight" met al die handwerk van reg oor die wêreld wat uitgestal en verkoop word. Dis die lekker van die plek ... dat mens al die lande kan besoek, daar kan koop sonder om op die vliegtuig te klim. Sommer gou is die meisies geinteresseerd in die lappe
 As ek die helfde van die foto's kon opsit waar diè twee kosse en lekkernye geproe het, kon ek klompe bloks skryf. Hier kan hulle nie verby die dadels van Saudi loop nie.
As ek die helfde van die foto's kon opsit waar diè twee kosse en lekkernye geproe het, kon ek klompe bloks skryf. Hier kan hulle nie verby die dadels van Saudi loop nie. Ek weet nie watter land dit is nie, maar selfs vir my wat al heel kaneel in hierdie dorp gesoek het, is dit 'n bietjie "te" groot. Mens sal baie pampoen nodig hê.
Ek weet nie watter land dit is nie, maar selfs vir my wat al heel kaneel in hierdie dorp gesoek het, is dit 'n bietjie "te" groot. Mens sal baie pampoen nodig hê. Hulle kan ook nie by die heuning verbystap nie en koop 'n botteltjie. Dis koningsbye hierdie en alhoewel dit heerlike heuning is, kos dit klomp.
Hulle kan ook nie by die heuning verbystap nie en koop 'n botteltjie. Dis koningsbye hierdie en alhoewel dit heerlike heuning is, kos dit klomp.
 Dit is "spookasem" soos ons dit nie ken nie. Dis touerig en lyk soos barbie pop hare, maar dis lekker en nie so soet soos dit waaraan ons gewoond is nie.
Dit is "spookasem" soos ons dit nie ken nie. Dis touerig en lyk soos barbie pop hare, maar dis lekker en nie so soet soos dit waaraan ons gewoond is nie. Ernstig word daar na die stalletjies gekyk terwyl daar "mielies" geeet word. Daarna was dit nog klapper, stokkies snaakse goed, ens. ens. ens.
Ernstig word daar na die stalletjies gekyk terwyl daar "mielies" geeet word. Daarna was dit nog klapper, stokkies snaakse goed, ens. ens. ens. Die stalletjies (of paviljoene) wat daar vanjaar is, is (*wat ons besoek het): Afghanistan*, Noord-Afrika*, Bahrain*, Pakistan*, China*, Palestyn*, Czeh republiek, Phillipines, Egipte*. Qatar*, Oos- en Wes Afrika*, Rwanda, Europa*, Saudi*, Oos Asie, Senegal, India*, Sri Lanka, Iran, Syria*, Indonesia en Loas*, Thailand, Jordania,
Die stalletjies (of paviljoene) wat daar vanjaar is, is (*wat ons besoek het): Afghanistan*, Noord-Afrika*, Bahrain*, Pakistan*, China*, Palestyn*, Czeh republiek, Phillipines, Egipte*. Qatar*, Oos- en Wes Afrika*, Rwanda, Europa*, Saudi*, Oos Asie, Senegal, India*, Sri Lanka, Iran, Syria*, Indonesia en Loas*, Thailand, Jordania,  Turkeye*, Kuwait*, UAE*, Lebanon, Vietnam, Morocco*, Yemen en Nepal*. Die donker vang ons voor ons alles kon sien ... dis nog ver Abu Dhabi toe, maar ons sal weer kom.
Turkeye*, Kuwait*, UAE*, Lebanon, Vietnam, Morocco*, Yemen en Nepal*. Die donker vang ons voor ons alles kon sien ... dis nog ver Abu Dhabi toe, maar ons sal weer kom.
Wat ek nog nie genoem het nie, is dat daar 'n pretpark ook is. Hier is Nelmari, Charmaine en Corinne op die "Big Wheel". Maar daar was ook ander aksie .... en daarvan vertel ek julle more! (Moet net eers versekering uitneem ..... ek gaan bietjie foto's en video wys)
 
 
No comments:
Post a Comment