Die tweede dag was daar geen wind en sand te sien nie en almal loop rond in "koeler" klere - die somer is hier.




Na die vorige aand se laatslaap sou mens dink dat hulle vaak is, maar nee, daar word toe nog eers gekampvuur en daarna marshmellows gebraai. Ai tog soetgoed help nie slaap nie .... Die meisies wil wakker bly want Jessica verjaar die volgende dag en hulle wil graag 12 uur vir haar sing. Ons is bekommerd of ons min slaap, maar toe ons koppie kussing vat weet ons van niks, nie eers die gesingery vir Jessica maak ons wakker nie. Ek's bly die kinders het dit nie geweet nie.Ek moet oud word want vir die eerste keer bring 'n mede-leier ('n baie jonger een moet ek bysê) vir ons koffie in die bed. Ek lê nog op my rug toe Vicky met die 3 bekers ingestap kom. Dit was lekker om jou by ons te hê Vicky en 'n groot bederf!



1 comment:
Net om te sê het ook geloer na jou foto's! My beste vriendin, Santie het einde Jan. AD toe getrek hier van Qatar af. Iemand vertel my toe by die kerk van julle gemeente en die website. Maak my nogal jaloers om te sien hoe julle vir ons kinders op die tradisionele manier nog kan kampe aanbied soos ons dit in die KJA gedoen het destyds...Dis fantasties!!
Sëen en hou aan om die lig te wees hier saam met ons ander in die Midde-ooste!
Elise Geldenhuys
Doha
Post a Comment