In hierdie dorp begin die sport seisoen vinnig en na drie wedstryde speel hulle al die eerste toernooi. Dis nie soos by die huis wat die kinders laaaaaank voor die tyd begin oefen nie, die arme goedjies moet dadelik in die diep kant ingegooi word. Vanjaar se ADSAC was maar vinnig op ons en ons ouers se arme senuwees is behoorlik beproef.
Die dogterspan wat ek nog steeds sĂȘ is 'n baie goeie span ondanks gemengde welslae, het hard gespeel, maar ai tog wanneer hulle by die doelskiet kom was dit 'n gesukkel. Seuns ek weet nie wat is dit met hierdie ringe dat ons spanne altyd hier by ACS so sukkel nie? Hulle het nouwel nie in die finaal gespeel nie, maar kon al die wedstryde wat hulle gespeel het, gewen het. Die twee wat hulle verloor het, was beide slegs met een punt. Nelmari was glad nie gelukkig nie en het heeltyd gekla dat sy dit haat om met een punt te verloor.Maar soos haar ander vyf maats het hulle hul harte uitgespeel en kan ons trots wees op die dogters. Binnekort is dit die ISAC (Internasionale kompetisie) en dan gaan die dogters teen nog sterker opposisie deelneem. Die foto's is sommer net Nelmari in aksie tydens die toernooi.
'n Ernstige spanpraatjie teen ACS.
Nelmari langs die baan af teen AIS
Hier gaan sy weer. Sy het 'n paar goeie doele geskiet en ook goed verdedig. Die arme ander spanne wat met die 3 lang SA verdedigers sukkel maar.
Die meisies vat 'n ruskansie. Hulle eindig algeheel 3de. GO LIONS!!
'n Ernstige spanpraatjie teen ACS.
Nelmari langs die baan af teen AIS
Hier gaan sy weer. Sy het 'n paar goeie doele geskiet en ook goed verdedig. Die arme ander spanne wat met die 3 lang SA verdedigers sukkel maar.
No comments:
Post a Comment