Sunday, February 3

'n "Vreet" same dag

Ek was gister baie geseend om my verjaarsdag saam met wonderlike vriende te kon vier. Charmaine en Nelmari het gereel om saam met my ontbyt te gaan eet en was dit 'n lekker verrassing om die dames van die selgroep ook daar te kry.Ons het lekker saamgekuier en dit was nie stil nie, dit kan ek julle sê. Hier wys Marina vir Nelmari 'n foto wat baie snaaks is. Corinne loer ook ...

"Ou tant Amelia sy was so "slim" sy roer haar chocholate met 'n houtlepel om" of hoe gaan die liedjie nouweer? Vanessa praat met Heleen oor die foon wat nie daar kan wees nie. So na die ontbyt gaan laai ek vir Heleen koek by die werk af ........ Vir ons "oumas" was dit baie lekker om vir Emily weer te sien. Sy het so groot geword. Hier eet sy tamatiesous met iets. Die namiddag is ons lekker bederf in die koue weer met pannekoek. Vir aandete het hulle my na my gunsteling restaurant Rodeo Grill toe geneem. Dit was baie lekker en die koek was 'n lekker bonus. Ek weet net nie moet ek dankie sê vir die koor wat gesing het nie?

Dit was 'n baie lekker dag, dankie julle en spesiaal jy maat vir die reelings. Aan almal wat gesms, bel of ge-epos het, dankie ek waardeer.

4 comments:

Anonymous said...

Dit was ons groot voorreg om jou lekker te kon bederf maat. Jy is baie spesiaal...

remi said...

Kom zeker nog eens kijken.

Groeten uit Vlaanderen, Belgie

Anonymous said...

Is dit nie 'n instelling dat daar fotos van die persoon wat verjaar moet wees nie? Hoop jy het 'n wonderlike dag gehad. Liefde: Die Hammans

Anonymous said...

Marie marie marie het ek nie nou die dag foto's van my op gehad nie? Onthou ek wil hê die mense moet die blok lees en teveel foto's sal hulle afskrik.