Friday, January 31
Tyd om weer verskeie lande te besoek
Dis altyd so lekker om Global Village te besoek en mens moet mooi beplan tussen die warm en baie warm dae. Hierdie keer is dit heerlike "koeler" weer.
Indie is eerste aan die beurt.
Dit begin donker word as ons van die ander lande begin aandurf.
Watter land dink julle ons kuier nou in met al die pastas? Op hierdie stadium het Charmaine 'n waentjie op wiele gekoop om al haar pakkies in te sit.
En daar is net meer en meer goed wat mens eintlik sal wil koop.
So tussen-in kry William kans om turkse koffie te drink, ietsie vir ons te kry om te eet en ons kan kyk na danse van verskillende lande.
Pad huistoe en die inkopie-waentjie het kleintjies gekry :-).
Weereens 'n lekker rondloop, kuier en shop ervaring. Indien jy bietjie meer wil lees van die plek en wat mens daar kan doen, loer gerus op my tag Global Village hieronder, ek het vorige kere meer verduidelik.
Wednesday, December 19
Ons soek geskenkies
Thursday, December 29
Mengelmoes van kleure en geure
Ons kan die laaste week of twee glad nie kla oor die weer nie, dis regtig heerlik koel en in die lae twintigs ~ wat beteken dat mens net jou baadjie wil uithaal en dra want dis koud! Dus die regte weer om weer 'n besoek aan die Global Village te bring aangesien dit nie gedurende die somermaande oop is nie.
Alhoewel die park al 15 jaar bestaan (so lank soos ons hier is) is dit maar die derde keer dat ons daar gaan kuier en veral na 'n klomp bouwerk was ek nuuskierig om te sien wat daar gedoen is.
Hulle se dit is die grootste toerisme, vermaak en inkopie projek in die wereld .... natuurlik mens weet mos die ouens hou van grooter, beter ens. Ek's nie heeltemal seker van die feit nie, maar dat dit jaarliks meer as 6 miljoen mense trek en dit in die paar maande wat dit oop is, glo ek, want dis besig!!
Omtrent 25 lande het stalletjies, en dan bedoel ek STALLETJIES waar goed uit die land verkoop kan word. En as mens so instap en die kleurvolle items, materiale, matte, beddegoed, skoene, ens. ens. is so kleurvol uitgestal, stap mens baie moeilik daar verby sonder om iets te koop. Anders as my maatjies, kan ek dit natuurlik doen :-).
'n Plek waar die wereld bymekaarkom sodat mens kan koop en na opvoerings en uitstallings van die onderskeie lande kan kyk. Hier is die stalletjies van Spanje, Syria, Tunisia, Morocco en die Philippines.
Ja, daar is 'n Afrika paviljoen ook, maar jy gaan hard soek as jy SA soek. Dis Afrika en al die produkte wat mens maar voor die dieretuine en vlooimarkte kry. Mens het eintlik gehoop daar is so 'n bietjie "huis" iewers uitgestal.
Dis 'n baie feestelike atmosfeer en orals is daar klein opvoerings van danse en musiek van die verskillende lande.
Die mensgemaakte "rivier" wat deur die village loop waar mens op 'n abra kan vaar. Met al die liggies lyk dit vreeslik mooi. Neem kennis van die baadjies en stewels .... dis winter :-).
En altyd nog 'n tydjie om rond te soek vir 'n winskopie en ek moet erken dat party produkte wel goedkoper hier is.
Daar is ook 'n groot pretpark, maar die meisies het slegs op die "big wheel" gery om die liggies van bo af te kan sien.
Moeg geloop soek ons vir 'n lee bankie en die enigste een is op die "rivier". Maar ons word bederf met 'n pragtige watervertoning reg voor ons :-)
En so met die wegloop 'n Global Village-vertoning in die water en rook met laser .......
Hoop julle almal geniet nog 'n heerlike vakansie!
Liefde
Wednesday, February 6
Wanneer kan dapper dom wees?
Aan die ander kant het ons Corinne en Charmaine. Hier staan die twee hulle opsies en oorweeg .. en baie gou is beide omgepraat om op die eerste en beste rit te gaan. Laat ek julle maar vertel dat ek dit nie eers sal oorweeg nie. Julle sal my baie dirhams moet betaal ...
Kyk net hoe braaf lyk partymense .... terwyl ander die tokens tel net om seker te maak sy het wel hierdie mal perd opgesaal en daarvoor betaal!
Vol glimlagte sit hulle en wag vir die stoele om "toe te maak" Hulle is die enigste wat sover moed het, so hulle wag so bietjie om te sien of ander ook sal opdaag.
Vasgemaak en ek dink 'n bietjie benoud nou. Niemand anders het opgedaag nie, so hulle het die hele rit vir hulle self. Ek wonder of hulle die besluit heroorweeg ....
En dis die goed wat hulle aangedurf het, ek kan nie eers die naam onthou nie, maar die rit is woelig hoor!
Na die rit en glo my daai is nie brawe gesigte nie, dis verligting...Monday, February 4
Altyd iets nuuts
Global Village het in 1996 langs die Dubai Creek begin en daardie jaar het 500,000 die plek besoek. Die jaar daarna het 900,000 na 18 lande se uitstallings gaan kyk en so het dit elke jaar net meer en meer geword. In 2005 word alle vorige rekords gebreek met 5.2 miljoen besoekers daardie jaar en 38 lande wat deelneem (nog steeds is ek nie een van hulle nie). In 2005 trek hulle ook na die huidige perseel toe en nou is daar al 40 lande wat deelneem. Eintlik in 2008 gaan ek deel uitmaak van die statistieke vir die jaar! Hier wag ons vir die hekke om oop te maak. Julle kan sien dis heerlik koel en Nelmari, Corinne en Charmaine is warm aangetrek.
Die brosjure sê "a shopaholic's delight" met al die handwerk van reg oor die wêreld wat uitgestal en verkoop word. Dis die lekker van die plek ... dat mens al die lande kan besoek, daar kan koop sonder om op die vliegtuig te klim. Sommer gou is die meisies geinteresseerd in die lappe
As ek die helfde van die foto's kon opsit waar diè twee kosse en lekkernye geproe het, kon ek klompe bloks skryf. Hier kan hulle nie verby die dadels van Saudi loop nie.
Ek weet nie watter land dit is nie, maar selfs vir my wat al heel kaneel in hierdie dorp gesoek het, is dit 'n bietjie "te" groot. Mens sal baie pampoen nodig hê.
Hulle kan ook nie by die heuning verbystap nie en koop 'n botteltjie. Dis koningsbye hierdie en alhoewel dit heerlike heuning is, kos dit klomp.
Dit is "spookasem" soos ons dit nie ken nie. Dis touerig en lyk soos barbie pop hare, maar dis lekker en nie so soet soos dit waaraan ons gewoond is nie.
Ernstig word daar na die stalletjies gekyk terwyl daar "mielies" geeet word. Daarna was dit nog klapper, stokkies snaakse goed, ens. ens. ens.
Die stalletjies (of paviljoene) wat daar vanjaar is, is (*wat ons besoek het): Afghanistan*, Noord-Afrika*, Bahrain*, Pakistan*, China*, Palestyn*, Czeh republiek, Phillipines, Egipte*. Qatar*, Oos- en Wes Afrika*, Rwanda, Europa*, Saudi*, Oos Asie, Senegal, India*, Sri Lanka, Iran, Syria*, Indonesia en Loas*, Thailand, Jordania,
Turkeye*, Kuwait*, UAE*, Lebanon, Vietnam, Morocco*, Yemen en Nepal*. Die donker vang ons voor ons alles kon sien ... dis nog ver Abu Dhabi toe, maar ons sal weer kom.
Wat ek nog nie genoem het nie, is dat daar 'n pretpark ook is. Hier is Nelmari, Charmaine en Corinne op die "Big Wheel". Maar daar was ook ander aksie .... en daarvan vertel ek julle more! (Moet net eers versekering uitneem ..... ek gaan bietjie foto's en video wys)