Wednesday, February 20

Ingerig of nie?

Die volla het Bloemfontein toe gehaal en ek dink hy was baie bly om eintlik by sy nuwe blyplek te staan .... ek wonder wat doen hy nou? Die seuns en hulle ander huismaats het die huis begin inrig vir die nuwe jaar en dit het nie lank geneem nie.
Op die foto lyk dit nog nie asof Murray uitgepak is nie ... of wag ..... hy is uitgepak die woord moet weggepak wees. Sy bed is reg en so ook die lessenaar en Murray is ingesettle!
Lyk asof Leanè met 'n plan haar kamer inrig...
James se kamer staan nog in bokse, maar ek's seker dat hy ook sy kamer gou-gou sou inrig. Daar is GEEN fotó van William se kamer nie, maar ek is seker dat die einde van die jaar sal hy maklik trek omdat alles nog in bokse sal wees :-).
Terwyl die bokse nog teen die mure staan, is die TV/Sitkamer en playstation ingerig en word dit uitgetoets.Lyk asof niks meer nodig is nie, elke man is al klaar besig met sy eie goed. Will en die kitaar en James en Murray by die rekenaarDie vyfde lid van die studentehuis is "Sabeeha" (moenie vra waar vandaan en hoekom nie). Hier is sy besig om die verskillende slaapplekke uit te probeer .... lyk bietjie ongemaklik by William.


Die plekkie by James kan dalkies gemaklik wees ... maar ek dink sy sou heelwaarskynlik 'n bed uitkies.
Die huis het darem ook 'n gasskottel so wanneer daar vleis op die spyskaart is, kan dit gaargemaak word. Seuns ek is nuuskierig om te weet hoe dit nou, 'n maand later daar lyk?

2 comments:

Anonymous said...

Dit lyk alles baie heerlik!! Ek het 'n niggie en haar man nou in Dubai...hy is 'n vlieenier...

Anonymous said...

Hier is so baie Suid-Afrikaners in die UAE dis amper soos huis. Waarvandaan is jy Nikita?