Friday, February 8

Sport met gemengde welslae

'n Koue en besige sportweek sal hierdie week seker die beste beskryf. Ons het regte winter hier in die woestyn en die bietjie warm klere wat mens het, word behoorlik opgebruik.
Sondag is Nelmari hulle Dubai toe vir 'n wedstryd teen DAA. Die span het goed vertoon en waar DAA hulle gewoonlik ore aansit, was die eindtelling slegs 3 punte verskil. Dit voorspel 'n goeie seisoen.
Dinsdag kyk ons na 'n baie eensydige wedstryd toe die dogters teen Al Nahda speel. Hulle loop so ver voor dat daar by tye groot insinking in die span en toeskouers se aandag is. Hier is Nelmari oppad om 'n doel te skiet. Die skeidsregter verduidelik en Minri se kyk vertel my sy glo hom nie eintlik nie.
Ek het hierdie week ook na 'n klein Suid-Afrikanertjie Jennifer gekyk. Sy het haar eerste wedstryd bygewoon en elke keer as sy Nelmari op die baan herken hierdie gesiggie opgesit.Woensdag het 'n moee span teen hulle aartsvyand ACS te staan gekom. Hier word die spelers aan die toeskouers voorgestel.
Al verdedig Nelmari en haar spanmaat goed, het ACS nie 'n probleem om die punte teen ons op te stapel nie.

Hier kry sy die bal weg van die teenstaander, maar dis nie genoeg om die wedstryd te wen nie. 'n Lekker verloor maar die seisoen het nou net begin en ek het moed vir die span.

No comments: