Die jaarlikse Terry Fox wedloop is gedurende die naweek langs die Cornish gehou en klompe mens, hulle het meer as 10 000 verwag, het opgedaag en in mooi weer die wedloop op allerhande maniere voltooi. Alhoewel ek by 'n konferensie in Dubai was, het Eddie en Nelmari dit bygewoon en vir my foto's geneem.



Mense het op allerhande maniere gearriveer, selfs met hierdie laaaangg hammer.

Aangetrek met sportklere, gewone klere en tradisioinele klere

Party het die kans gebruik om ook vir iets anders te oefen .... of sy weet iets gaan met ons weer gebeur binnekort

Party het geloop en ander gehardloop en ek's seker die mooi uitsig het die pad korter gemaak.

Heelparty Suid-Afrikaners het ook kom deelneem.

'n Verskeidenheid "drinkpunte" was daar ook. Kyk hoe's die skinker aangetrek.

No comments:
Post a Comment