Na aandetet is dit tyd vir kenmekaar, ysbreker en speletjies. DIe kinders geniet alles baie en gou-gou is daar niks vreemdheid tussen hulle nie. Die groepleier het omtrent probeer om hierdie 7 gesplit te kry, maar as hy weer sien is hulle saamingedeel
Ons tieners is voorsangers by die lofprysing en wanneer die kamplied geleer word, val hulle in die middel van die groep in en gou-gou word die ander deur hulle geesdrif aangesteek om saam te hop en spring en aksies uit te voer. Toe ons eindelik 01:00 bed toe, toe hop en spring hulle nog steeds en eers hier na 03:00 word hulle stil. Met 'n waarskuwing of twee van die "ou" tannies dat hulle beter môre die heeldag moet wakker bly.
Vrydag was volgeprop met lesings en aktiwiteite. Ons kamptema was Go Daniel en die kinders het ses onderwerpe gehad. Die sessies was maar 30 min lank waarna hulle 'n 15 min kleingroepie bespreking gehad het.
Selfs die wag in die kosry was pret as mens so na Nelmari se gesig kyk.
Almal verkeer nou vreetsaam met hulle kos en nagereg
Na die vorige paar dae se koue, wind en sand is die sonskyn lekker en die meisies vat 'n ruskansie, maar ek pla hulle met die kamera dat hulle nie kan slaap nie ..... wil my mos uit die slaap hou tot die oggendure!
Dan is dit tyd vir spansport en hier is hulle besig om taktiek te bespreek vir die krieketwedstryd.
Namiddag is dit weer sessies. In hierdie les doen hulle "Onwrikbare Geloof" en Charmaine speel die trustgames met hulle. Nelmari wys hier haar vertroue in die twee groepleiers.
Laat middag speel hulle weer volleybal. Hier wag Nelmari en Vicky vir die wedstryd om te begin.
Dit is nie die einde van die kamp nie, maar môre wys ek die res. Natuurlik konsentreer ek op Nelmari se foto's maar vir die ander kampers wat hulle self wil sien, gaan loer op die kindergroep se blok (link aan regterkant) vir al julle foto's!
1 comment:
OOOO!!! Nou sien ek eers die beker! Ek wonder of dit die enigste beker was wat goed gewerk het vir kamp in die holloway huis. Dit lyk darem baie lekker.bly julle het dit geniet. En eks bly die ou luiperd beker is weer uitgebring vir 'n bietjie gebruik.
Post a Comment