Ek wil nog die foto-storie van die Volla vertel.  Eintlik na baie mondelingse probeerslae was dit die groen motortjie se kans om te wys, dat hy/sy die pad Bloem toe kan vat om daar 'n opregte studentemotor te wees. 
 Die begin van die trippie .... Onrus na Bloem via Swellendam en die berge
 Die begin van die trippie .... Onrus na Bloem via Swellendam en die berge Asemskep tyd vir die groene  op die berg .... saam met James en Leanè
 Asemskep tyd vir die groene  op die berg .... saam met James en Leanè Robinson pass en na 860 m ..... weer 'n bietjie asemskep ....dis warm
 Robinson pass en na 860 m ..... weer 'n bietjie asemskep ....dis warm Die bestuurder en passasiers skep ook 'n bietjie asem en warm in die berg
 Die bestuurder en passasiers skep ook 'n bietjie asem en warm in die berg Hulle slaap oor op Beaufort-Wes en neem 'n paar interessante winkeltjies af die volgende dag. (Ons adverteer nie ...)
 Hulle slaap oor op Beaufort-Wes en neem 'n paar interessante winkeltjies af die volgende dag. (Ons adverteer nie ...)
 Eddie wys mens kan by hierdie winkel vars lewerkoekies koop. (Hier sou ek verby hou)
Eddie wys mens kan by hierdie winkel vars lewerkoekies koop. (Hier sou ek verby hou) En hier skep hy alweer asem.  Die kinders begin die trick agterkom.
 En hier skep hy alweer asem.  Die kinders begin die trick agterkom.Maar mens kan spot soveel jy wil ....die groene het dit gemaak en nou sal sy lewe seker meer opwindend wees as om net in die motorhuis op Onrus te staan
 
 
1 comment:
Dit was baie minder moeite as wat ek gedink het dit gaan wees. En die ou volla was lyk my te bly om oop te maak op die pad...hys mos eintlik gebou vir vinnig ry op di Autobahn ;)
Post a Comment