Wednesday, February 6

Wanneer kan dapper dom wees?

Soos belowe 'n bietjie meer van die pretpark by Global Village. Daar is nogal iets van alles om op te ry, stadig, vinnig, rustig, waaghalsig en waansin. Ek het nie eers probeer kyk waarop ek sal en wil ry nie, het sommer besluit niemand kry my op enigiets nie
Aan die ander kant het ons Corinne en Charmaine. Hier staan die twee hulle opsies en oorweeg .. en baie gou is beide omgepraat om op die eerste en beste rit te gaan. Laat ek julle maar vertel dat ek dit nie eers sal oorweeg nie. Julle sal my baie dirhams moet betaal ...
Kyk net hoe braaf lyk partymense .... terwyl ander die tokens tel net om seker te maak sy het wel hierdie mal perd opgesaal en daarvoor betaal!
Vol glimlagte sit hulle en wag vir die stoele om "toe te maak" Hulle is die enigste wat sover moed het, so hulle wag so bietjie om te sien of ander ook sal opdaag.
Vasgemaak en ek dink 'n bietjie benoud nou. Niemand anders het opgedaag nie, so hulle het die hele rit vir hulle self. Ek wonder of hulle die besluit heroorweeg ....
En dis die goed wat hulle aangedurf het, ek kan nie eers die naam onthou nie, maar die rit is woelig hoor!
Die video wil nie aflaai nie (iewers is daar mos 'n kabel stukkend in die see en die water te stormagtig om dit reg te maak - so kom loer weer binne 'n dag of so na die video julle moet dit hoor.

Kliek op die pyltjie en sit julle klank lekker hard...daai gille (geraas) kan net van twee persone afkom want hulle is al ouens op die rit.

Na die rit en glo my daai is nie brawe gesigte nie, dis verligting...

Kliek en luister na die onderhoud ... Ai dat mens dit aan jouself kan doen.

1 comment:

DJ said...

Haai Tannie, my ma lyk nogal heel chuffed met haarself ;-)