Showing posts with label AD Summer. Show all posts
Showing posts with label AD Summer. Show all posts

Sunday, July 17

Waarnatoe met die hitte?


Ek lees van die heerlike koue en reen in SA, en dan weer kla iemand oor dit so warm is .... sal ons ooit tevrede wees met wat ons het? Hier tussen die duine het ons meeste van die tyd drie keuses, warm, baie warm en vrek warm en ja ons kla ook, maar dan word dit net warmer met die humiditeit wat partykeer tot 100% is. (Ek kan noem dat ons wel so af en toe 'n bietjie reen kry is sekere straatblokke - die land se reenval is 5mm per jaar dink ek).


So kla help nie veel nie, mens moet maar leer aanpas (na al die jare is dit nogsteeds 'n uitdaging). En dan in die middel van die hitte breek die skool vir 'n 3 maande vakansie want probeer nou 'n student leer in sulke hitte wat mens lam maak.


Page1


Elke jaar tydens die vakansie word daar 'n program vir die kinders wat nie "huistoe" gaan nie en hulle doen nogal moeite. Dis eintlik net vir die jonger kinders, maar die twee "ouer" meisies wou gaan kyk. Daar is die oulikste stalletjies oor verskillende beroepe waar kinders kan speletjies speel. Bv. op die foto is 'n kuns/argitek klas, daar is ook baba's en drs toerusting vir iemand in daardie rigting, brandweerwaens en alles wat daarmee gepaard gaan, poppe wie se hare mens kan doen en grimeer, plek waar hulle klere kan ontwerp en 'n loopplank om dit te wys ens. Die jonger kinders geniet dit verskriklik. Daar is ook 'n pretpark en ander aktiwiteite.


Page2


Van al die goed in die pretpark het die twee net vir twee rides gekwalifiseer en dit gaan probeer. Nelmari het amper nie in die karretjie gepas nie.


DSC_0096


Hier bespreek die twee die rit na die tyd en wat hulle volgende gaan probeer.


DSC_0078


Daar is ook verskillende tv-helde soos oa "Ella" (die hulle barbie), spons bob, x man, powerpuff girls en natuurlik die smurfs. Hierdie ouens verskyn so elke nou en dan om met die kinders te kuier en ons het dit gelukkig gemis maar die twee wou die smurfie village gaan besoek.


Page3


Daar is met pappa Smurf gekuier en in al die klein paddastoel huisies gaan inloer. Ons het ook bietjie sirkus gekyk en is toe huistoe, maar anders as kleintjies wat moeg in die motor aan die slaap raak, was hierdie twee nog baie reg vir ietsie gaan eet. Ek dink nie vanjaar se Summer in Abu Dhabi was so goed soos vorige jare nie, maar ek is seker die kleiner kinders sou met my verskil.


Nou tel ons regtig die slapies af voordat ons bietjie SA toe gaan vir koue!


Wednesday, August 12

Pret met die maats

Baie water het in die see geloop .... of nee wag ..... baie sand het in die dorp gewaai sedert ek vertel het gese het daar is 79 vakansiedae vir Nelmari, hoe gaan ons die tyd in die hitte omkry? Dit was g'n maklik nie, maar nou's daar net 19 dae oor en dan begin die skool - vir 2 weke voor daar weer 'n kort vakansie is!!!! Anders as die eerste paar jare lank lank gelede is die dorp nie vanjaar teveel leeggeloop tydens vakansie nie, maar Nelmari se maats het wel bietjie by hulle huise gaan kuier. En so stadigaan begin hulle terugkom, dus kon sy gister bietjie saam met die maats kuier!!

Page1

Omdat mens nou nie buite kan fun he nie, is die jaarlikse "Summer Festival" onderdak en daar is omtrent iets wat in elke kind se smaak sal val. Terwyl ons vir die res van die maats wag, het die twee lekker opgevang met die lag en gesels.

Page2

En baie gewillig en verspot vir die kamera. Onder regs eet hulle een van die favorite nie-arabiese "snacks" hier - mielies wat in suurlemoen botter gemaak is.

Page3

Daar is verskillende sale met temas waar die kinders kan pret he. Gelukkig was dit nog vroeg met min mense en die meisies wat al 4 sport doen besluit die "sports" afdeling is eerste. Al daardie sport wat op die prentjies gewys word, was daar.

Page12

Daar is ook 'n gewone cinema waar rolprente vir kinders wys en 'n interactive cinema saam met die vele ander goed wat die klomp kan doen.

Page4

Die meisies besluit op een van die pretritte wat hulle baie vinnig in die rondte, vorentoe en agtentoe en op en af skud. Dis maar 'n dizzie spul wat uiteindelik afklim en besluit .... ander saal!

Page5

Hier word die volgende beplanning gemaak. In die nuwe saal is daar oa rotsklim en onder in die hoek sal julle 'n sweefstok sien. Wat sal mens die opset noem? Elk geval daar word ernstig verby gehou en ek weet nie of hulle bang is of nie. As verskoning noem hulle dat die sportdirekteur nie beindruk gaan wees as hulle met 'n gebreekte been opdaag nie. En maak sommer planne om die arme man 'n "prank" te speel .... die storie sal vertel word!

Page6

Die ander saal het baie meer aktiwiteite oa bo regs 'n foefie-slide wat hulle natuurlik nie die woord van verstaan nie, 'n reuse hindernisbaan in die lug, adventure park en science speelplek waar die meisies ook stop en loer. William hierdie deel sou jy geniet het.

Page7

Daar is ook 'n Culture/Heritage saal en hier het ons eers staan en luister na ons Zoeloe dansers. Hulle was net so een stalletjie ver van die Australie stalletjie waar die ouens 'n kangeroe storie vertel het --- of miskien was dit oor verskonings vir verlede week se wedstryd wat hulle verloor het

.Page8

Die Jungle adventure was meer vir die kleintjies - met watervore wat deur die park loop en orals diere uit Afrika wat eet en beweeg. Die kinders klim dan in 'n kano en roei deur die park terwyl hulle na die diere kyk.

Page9

Van die ander snaakse goed wat daar was, was singende kewers ... moenie vra nie want ek weet nie, maar hulle kom van Australia af. :-) 'n Groot ronde bal waarin jy klim en dan kegels probeer omrol, glybane en scary "house" waar mens seker jou longe uitgil.

Page10

Die meisies besluit op nog 'n rit en hier kon ek nie een foto kry waar hulle nie skree nie, maar dit lyk tog na vet pret.

Page11

Als en als het die meisies die middag geniet en dit word afgesluit met henna op die hande. Die mense doen so baie vir die kinders om hulle besig te hou en altyd is daar bietjie kultuur en geskiedenis by en probeer hulle die leuse van die ou President en sheikh wat so baie goeie dinge in Abu Dhabi gedoen het, uitleef.

20

Ek dink dis iets wat ons almal maar ter harte kan neem.