Wednesday, August 12

Pret met die maats

Baie water het in die see geloop .... of nee wag ..... baie sand het in die dorp gewaai sedert ek vertel het gese het daar is 79 vakansiedae vir Nelmari, hoe gaan ons die tyd in die hitte omkry? Dit was g'n maklik nie, maar nou's daar net 19 dae oor en dan begin die skool - vir 2 weke voor daar weer 'n kort vakansie is!!!! Anders as die eerste paar jare lank lank gelede is die dorp nie vanjaar teveel leeggeloop tydens vakansie nie, maar Nelmari se maats het wel bietjie by hulle huise gaan kuier. En so stadigaan begin hulle terugkom, dus kon sy gister bietjie saam met die maats kuier!!

Page1

Omdat mens nou nie buite kan fun he nie, is die jaarlikse "Summer Festival" onderdak en daar is omtrent iets wat in elke kind se smaak sal val. Terwyl ons vir die res van die maats wag, het die twee lekker opgevang met die lag en gesels.

Page2

En baie gewillig en verspot vir die kamera. Onder regs eet hulle een van die favorite nie-arabiese "snacks" hier - mielies wat in suurlemoen botter gemaak is.

Page3

Daar is verskillende sale met temas waar die kinders kan pret he. Gelukkig was dit nog vroeg met min mense en die meisies wat al 4 sport doen besluit die "sports" afdeling is eerste. Al daardie sport wat op die prentjies gewys word, was daar.

Page12

Daar is ook 'n gewone cinema waar rolprente vir kinders wys en 'n interactive cinema saam met die vele ander goed wat die klomp kan doen.

Page4

Die meisies besluit op een van die pretritte wat hulle baie vinnig in die rondte, vorentoe en agtentoe en op en af skud. Dis maar 'n dizzie spul wat uiteindelik afklim en besluit .... ander saal!

Page5

Hier word die volgende beplanning gemaak. In die nuwe saal is daar oa rotsklim en onder in die hoek sal julle 'n sweefstok sien. Wat sal mens die opset noem? Elk geval daar word ernstig verby gehou en ek weet nie of hulle bang is of nie. As verskoning noem hulle dat die sportdirekteur nie beindruk gaan wees as hulle met 'n gebreekte been opdaag nie. En maak sommer planne om die arme man 'n "prank" te speel .... die storie sal vertel word!

Page6

Die ander saal het baie meer aktiwiteite oa bo regs 'n foefie-slide wat hulle natuurlik nie die woord van verstaan nie, 'n reuse hindernisbaan in die lug, adventure park en science speelplek waar die meisies ook stop en loer. William hierdie deel sou jy geniet het.

Page7

Daar is ook 'n Culture/Heritage saal en hier het ons eers staan en luister na ons Zoeloe dansers. Hulle was net so een stalletjie ver van die Australie stalletjie waar die ouens 'n kangeroe storie vertel het --- of miskien was dit oor verskonings vir verlede week se wedstryd wat hulle verloor het

.Page8

Die Jungle adventure was meer vir die kleintjies - met watervore wat deur die park loop en orals diere uit Afrika wat eet en beweeg. Die kinders klim dan in 'n kano en roei deur die park terwyl hulle na die diere kyk.

Page9

Van die ander snaakse goed wat daar was, was singende kewers ... moenie vra nie want ek weet nie, maar hulle kom van Australia af. :-) 'n Groot ronde bal waarin jy klim en dan kegels probeer omrol, glybane en scary "house" waar mens seker jou longe uitgil.

Page10

Die meisies besluit op nog 'n rit en hier kon ek nie een foto kry waar hulle nie skree nie, maar dit lyk tog na vet pret.

Page11

Als en als het die meisies die middag geniet en dit word afgesluit met henna op die hande. Die mense doen so baie vir die kinders om hulle besig te hou en altyd is daar bietjie kultuur en geskiedenis by en probeer hulle die leuse van die ou President en sheikh wat so baie goeie dinge in Abu Dhabi gedoen het, uitleef.

20

Ek dink dis iets wat ons almal maar ter harte kan neem.

14 comments:

Pa-die-opblaas-matras-man said...

"Daddy", dan weet ek!

"Daddy, kan jy vir ons van daai opblaas matrasse kry, daar is klomp van ons wat gaan oorslaap".

Nou wonder ek net of daar fotos van die Pajama en DVD party na die tyd ook gaan wees?

Nimsi se Blog said...

Die ou President se leuse is inderdaad iets wat ons almal ter harte kan neem!

Lyk of die meisies n heerlike dag met tonne vet pret gehad het - stem saam met die pa... die pajama party se foto's is n moet!
Hoe lank bly die henna aan?

Sandra said...

Ek was nie toegelaat nie maar het die kamera gelos, so wie weet :-)

Nimsi hulle het omtrent gekuier en lawaai. Die henna bly so 3 weke aan

Anonymous said...

Ek is sommer impressed met julle ou President. Ware woorde daai.

En ook baaaaaie impressed met wat hulle vir die kinders doen. Amazing, regtig.

James said...

Dis nou net jammer daar is nie fotos van die meisies wat die sporte en dinge probeer nie. Ek het al gesien daardie opblaas balle wat mens inklim is baie snaaks om te aanskou. Mense sukkel hul dood moeg net soos 'n ou hamstertjie.

Sandra said...

As hulle iets beplan dan gaan hulle voluit Boendoe en dan is daar nogsteeds mense wat kla dis nie genoeg nie.

Dit lyk moeilik om met daai balle te rol seun :-). Ons het natuurlik oorspronklik beplan om te gaan as jy terug is, maar dit het nie so gewerk nie.

Mariette said...

Dit lyk baie prettig. Mens kan sien die meisies het hulself geniet.

Kan nie dink die vakansie tyd is al amper verby nie.

lekker dag.

Nelmari said...

Dit was baie lekker maar ek sal nie goue weer op daai "rides" gaan nie! Dalk wanneer James terug is :P

Sandra said...

Hulle het en Nelmari is vandag nog lam van die "oefening" Mariette. Christiaan sou die puppet show en van die ander goed baie geniet het

Chicken sussie!!!! Jy dink James is so braaf?

Sonja said...

Dit was nou so interessant om hierdie artikel te lees. Daar is darem uitsonderlike ongewone vermaak daar wat seker vir die kinders baie beteken.

James said...

Chicken miskien, maar eerder 'n toeskouer. Dis baie meer fun om vir ander mense te sien sukkel as om dit self te doen.

Charmaine said...

Ek het nie besef daar is so groot verskeidenheid nie. Miskien kan ons vooooolgende jaar ook in daardie bal gaan klim... wie aanvaar die dare?

Desire Fourie said...

Ek kan nie glo daar is so baie vir die jongklomp om te doen onder een dag nie. Dit lyk asof hulle behoorlik besig was. Die gesegde is baie waar.
Mooi bly

Sandra said...

Hulle probeer regtig vir groot vermaak vir die kinders sorg Sonja want om buite te speel is nie hier heeltemal "normaal" nie, dis te warm.

Ek weet jy's die versigtige een seun en daarom is jy ook die een wat elke keer seerkry :-). Nelmari is chicken om nie te wil speel sonder haar ouboet nie