Wednesday, September 16

Totsiens maatjie

Dis nooit lekker om totsiens te se nie en hier in die UAE is dit half deel van mens se lewe. Mense kom en gaan gereeld want hier bly jy nie permanent nie, jy werk totdat jou kontrak om is of jy ander geleenthede kry. Vandat ons hier gekom het jare terug, was al drie my kinders geseend om altyd 'n spesiale vriend/in as maatjies te he en 99% van die tyd was dit iemand van die huis met wie hulle in Afrikaans kon kuier en gesels. Dit is/was 'n groot spoil.

Nelmari die een wat die langste nog hier is, het in haar kleuterjare 'n maatjie met SA konneksies gehad en op hoerskool was dit Minri. Wat dit nog meer amazing maak, is dat indien ons in Pretoria gebly het, hierdie maatjie ook haar maat daar kon wees, want Minri se ma was onderwyseres aan dieselfde skool waar die seuns was - en ons het hulle nie geken nie. Wie se nog dat Vader nie vir elkeen van ons sorg nie, selfs met die regte maats.

Maar nou met twee jaar van skool oor het Minri na Wallis vertrek en daar moet totsiens gese word. Nie by die lughawe nie mamma is daar gese want dan sal ek net huil. Nie dat daar nie gehuil is by die groet wat nie by die lughawe was nie.

Page1

Die twee is sulke lekker maats en wanneer hulle bymekaar was, kon jy hulle altyd hoor lag - behalwe natuurlik in 'n game waar hulle ernstig met die oponente afgereken het. Altyd gereed vir sports.

Page3

Op die sportveld, maak nie saak watter sport dit was nie, was hulle 'n gedigte kombinasie wat goed saamgewerk het. Menige kere was die SA-tweeling die verdediging waardeur ander moes kom en op die aanval moeilik om te keer.

Page2

Van die baan/veld het hulle ook saamgewerk en saamgelag, selfs as hulle moes telling hou vir die seuns se wedstryde op moeg vir die mamaratzi moes sit vir foto's.

Page4

Die twee wil altwee in dieselfde rigting gaan swot en voor die planne van Wallis, is daar selfs planne gemaak vir dieselfde universiteit. Ek glo dat julle nie net Abu Dhabi maatjies is nie en dat afstand niks gaan doen aan julle vriendskap nie. En wie weet dalkies sal julle na skool nog saam kan swot .... waar ookal :-).

Dankie dat jy so 'n goeie vriendin vir Nelmari was Minri. Ek hoop dat jy die skool en maats in Wallis net so gaan geniet en ons hou met belangstelling jou vordering in die sport daar dop.

14 comments:

Pa-wat-weet said...

"Joined at the hip" was die twee, baie maal letterlik en figuurlik.

Minri, as Nelmari te veel raak vir ons hier stuur ek haar dat sy by jou kom kuier hoor!

Muriel said...

Friends are kisses blown to us by angels.

Totsiens is nooit lekker nie, veral 'n vriendskap wat so lank saamkom. Die ligpuntjie is dat daar darem telefone, e pos, skype en sms'e is. :-)

Ek stem saam afstand gaan niks verander aan julle mooi vriendskap nie, dit gaan julle harte net vlerke gee.

*hugz*

Sandra said...

Dis 'n gevaarlike belofte om te maak Eddie.

Die sms'e hardloop al klaar oor en weer Muriel en sy kan presies se wat in Wallis gebeur met sport en studies :-)

Anonymous said...

Ag, dis hartseer. Ek haat dit om te groet, veral as dit so groot tjommie was. Ek moes einde st. 8 ook my GROOT mater groet, en al het ek eenkeer vir haar gaan kuier, het ons kontak verloor. En verlede jaar 'ontmoet' ons toe weer op Facebook! Sy bly nou in Los Angeles, maar dis asof tyd en afstand nie iets aan ons vriendskap gedoen het nie.

Sterkte, Nelmari!

Nimsi se Blog said...

Sterkte aan julle al2. Mag die afstand julle net nog nader aan mekaar bring.

Sandra said...

Gelukkig het die kinders deesdae al die tegnologie wat ons nie gehad het nie en dit maak kontak hou soveel makliker.

Dankie Nims ek hoop ook die vriendskap gaan voort.

Desire Fourie said...

Ek kan my net self voorstel hoe hartseer die vriendinne moet wees, maar eks seker hededaagse tegnologie gaan dit vir hulle makliker maak.
Mooi Bly

Thea said...

Ugh afskeid neem is nooit lekker nie! Ek dink die pa wat weet, weet klaar dat hy maar kan begin spaar vir 'n vliegkaartjie!

Sonja said...

Dit laat my so ver terug dink aan my skoolmaat met wie ek alles gedeel het! Dit sal die moeite werd wees om kontak te hou! Goeie vriende is so kosbaar!

Sandra said...

Dankie Desire en ja ek glo met die hulp van fb en sms sal hulle beslis in gereelde kontak bly.

Ek's al klaar gister gevra wat presies beteken "te veel raak" Thea :-), sy het alklaar planne.

As mens sulke spesiale pelle reeds op skool het, is dit beslis iets wat mens nie moet laat gaan nie Sonja.

Jan and Miekie said...

My skoolmaatjie van Graad 1 het my skoonsus geword en nou het ons steeds kontak. Is daar nie so 'n moontlikheid nie? Baie sterkte met die oor-'n-afstand-vriendskap. Maar met skype, SMSe ens. is daar nou geen verskoning om nie kontak te hou nie.... al is dit ook nie dieselfde as saam rondkerjakker nie! Koester hierdie vriendskap Nelmari - dis kosbaar! Sterkte!

nikita said...

Afskeidneem is altyd swaar en sleg. Hulle het 'n mooi vriendskap en kan sien dat dit vir altyd vorentoe gaan hou. Sterkte daardie kant!

Sandra said...

As ek aan hulle sou noem dat daar so 'n moontlikheid is Miekie sal die antwoord iets soos "Uggggh ma!" wees. :-)

Dankie Nikita. Ek's gebless om 'n besonderse vriendin te he en ek's bly dogter kan ook ervaar wat dit is om 'n spesiale vriendin te he.

Nelmari said...

Thank you all :)
I've talked to her since and she says all is well and she has started playing hockey.