Showing posts with label mall of Dubai. Show all posts
Showing posts with label mall of Dubai. Show all posts

Sunday, October 31

Saam met die “predikante” in Dubai – deel 1

Met Willem se besoek hier was Dubai ook op die "wys" lysie en wat ek gedink het 'n maklike uitstappie gaan wees - om twee "predikante" te neem was nie so maklik nie. Ek het al my grysstof nodig gehad om hulle te beheer en uit die moeilikheid te hou ;-). Dit was behoorlik 'n mall-hopping dag.

Page1

Eerste aan die beurt was die Ibn Battuta mall waar daar alles weer beloer en bekyk is. As julle meer oor die mall wil sien kyk op die label-skakels onder.

. Page2

Daar is ernstig vir die vrou en dogters by die huis geshop ... ek sal nie se wie wat kry nie ... die verrassing is Woensdag. Gekskeer was ook hoog op die lys. Elriza weer het 'n rokbelegging gemaak wat nog lank in die nageslag gebruik sal word.

Page3

Toe met die metro-trein na die volgende winkelsentrum, mall of the Emirates (kyk labels vir meer foto's daarvan).

Page4

Ons derde winkelsentrum van die dag was die Dubai mall waar ons die akwarium besoek het. Weer kon ek die versoeking om die visse af te neem nie weerstaan nie. En natuurlik moes ek nog beheer ook uitoefen

. Page5

Mens kry net nie genoeg van die visse nie.


Page6

Verskillende soorte visse en ook 'n "Willem-vis"


'Page7

Die dag het te lank begin word en ek het al my dae gehad om die twee op die tou brug en spinnekopweb in toom te hou.

Page8

Die pikkewyne was 'n hoogtepunt want hulle het behoorlik vir ons 'n vertoning gegee. Lyk asof die ou vir Elriza vra vir 'n koppie-krap.


Page9

Hierdie twee lyk asof hulle vassit in die vaas. Enige iemand wat wil raai wat die diere op die ander twee prentjies is?

Dubai was nog nie klaar vir die twee nie, maar ek vertel later weer.

Liefde

Monday, July 13

Arabiese water-orrel

Ons akwarium uitstappie moes afgesluit word met die water-orrel vertoning. Alhoewel ons baie gehoor het die ouens begin nie stiptelik nie, en dis nog te lig besluit ons om nog steeds 'n kans te waag.


a

Dit is sesuur in die aand en kyk die humiditeit/hitte op die foto terwyl ons wag vir die vertoning.

Page1_0

Ons sit so in die amper skaduwee van die Burj Dubai, op hierdie stadium nog die hoogste gebou ter wereld terwyl ons wag en ek verkyk my na al die uitbreidings rondom die mall.


Page2_0

Eers is daar net stoom terwyl die "orrel" opstart en dan begin die vertoning op maat van Arabiese musiek. Laat my dink aan die tye dat ons na die waterorrel by Centurion gaan kyk het terwyl ons by McRib eet :-).

Page3_0

Dis nie donker dat mens dit met 'n indrukwekkende ligvertoning sien nie, maar dis steeds iets baie besonders en ons geniet terwyl daar honderde foto's geneem word




Luister bietjie na die musiek saam met die vertoning.....

Page4_0


Die vertoning laat ons klomp ietwat vergeet van die hitte sover dit menslik moontlik is.

Page5_0

Hoe langer die vertoning hoe hoer word die water die lug in gespuit en hoe harder die musiek.



Dit neem net 'n paar minute en dan is alles verby en ons vlug vinnig binne die mall in vir koelte.

'n Paar van die geboue rondom die mall met die bruggie. Ons het nie in die hitte kans gesien om daar te gaan stap nie

Friday, July 10

Wonder water wereld

'n Tydjie terug het ek vertel van een van die nuwe malls in Dubai hier en gedurende die week was dit ons beurt om die akwarium van naderby te gaan besigtig. Hier het ons so lank spandeer dat daar baie plekkies/winkels was, wat ons nie eers verby geloop het nie. Op wikipedia word dit nie verniet aangegee as die grootste mall ter wereld nie - wat nauurlik nie heeltemal korrek is nie want dis net die grootste buite Noord-Amerika.

Page1

Maar ons fokus was die seewereld hierdie keer .... Moet ons of moet ons nie ingaan nie? Die haai is so bly toe ons uiteindelik ingaan, dat hy vir ons die mooiste van glimlaggies gee.

Page2

Eers gaan ons deur die watertonnel om die visse van nader te bekyk en sommer by die ingang wag 'n hele skool haaie ons in. Ons verkyk ons na alles. Hierdie tenk is drie verdiepings hoog en het tot 10 miljoen liter water waar die visse van alle groottes in rondswem.

Page3

Maar onder waar die mense deurstap is dit meestal haaie wat kos soek en pylsterte wat ons kom beloer. Elriza wil hulle bietjie vryf maar hulle wil nie stil-swem nie.


Page4


Na 'n lang tyd in die tonnel gaan loer ons op die boonste vloer na die see-dieretuin en hier het die tyd ook stilgestaan.


Page5

Daar word by elke tenk tyd afgestaan en nog steeds probeer sy die vissies vryf ....


Page6

Nelmari wys ook opgewonde dat daar nog iets is wat ons moet kom kyk, terwyl Elriza in 'n waterborrel inklim om die tenk van binne te beloer (seker omdat sy die kleinste is). Is dit nie wonderlik hoe Vader elke dingetjie in detail en kleur gemaak het nie.


Page7

Hier staan die twee meisies by baba-krappe ... volgens die mense wat daar werk, kan hierdie krappe so groot soos 'n beetle-motor raak.


Page8

Dan die sterre van die "dieretuin" - vir ons in elk geval. Die seerotte wat so cute was, die seeleeus en die pikkewyne wat mal was oor die mense en hulle aanmekaar kom "pose" het vir 'n foto.


Ons het onsself maar moeilik van die see-dieretuin weggesleep en die uitstappie vreeslik geniet - en die mall met die 1000+ winkels was ver-ver uit ons gedagtes. Verskoning vir die foto's - die beligting was nie vir kameras nie en die dik glase by die tenks het ook nie gehelp nie.