Sunday, October 31

Saam met die “predikante” in Dubai – deel 1

Met Willem se besoek hier was Dubai ook op die "wys" lysie en wat ek gedink het 'n maklike uitstappie gaan wees - om twee "predikante" te neem was nie so maklik nie. Ek het al my grysstof nodig gehad om hulle te beheer en uit die moeilikheid te hou ;-). Dit was behoorlik 'n mall-hopping dag.

Page1

Eerste aan die beurt was die Ibn Battuta mall waar daar alles weer beloer en bekyk is. As julle meer oor die mall wil sien kyk op die label-skakels onder.

. Page2

Daar is ernstig vir die vrou en dogters by die huis geshop ... ek sal nie se wie wat kry nie ... die verrassing is Woensdag. Gekskeer was ook hoog op die lys. Elriza weer het 'n rokbelegging gemaak wat nog lank in die nageslag gebruik sal word.

Page3

Toe met die metro-trein na die volgende winkelsentrum, mall of the Emirates (kyk labels vir meer foto's daarvan).

Page4

Ons derde winkelsentrum van die dag was die Dubai mall waar ons die akwarium besoek het. Weer kon ek die versoeking om die visse af te neem nie weerstaan nie. En natuurlik moes ek nog beheer ook uitoefen

. Page5

Mens kry net nie genoeg van die visse nie.


Page6

Verskillende soorte visse en ook 'n "Willem-vis"


'Page7

Die dag het te lank begin word en ek het al my dae gehad om die twee op die tou brug en spinnekopweb in toom te hou.

Page8

Die pikkewyne was 'n hoogtepunt want hulle het behoorlik vir ons 'n vertoning gegee. Lyk asof die ou vir Elriza vra vir 'n koppie-krap.


Page9

Hierdie twee lyk asof hulle vassit in die vaas. Enige iemand wat wil raai wat die diere op die ander twee prentjies is?

Dubai was nog nie klaar vir die twee nie, maar ek vertel later weer.

Liefde

7 comments:

retha said...

Die boonste een n see perdjie.

Klink of dit nog erger is om die twee onder beheer te hou as n paar tieners ;o

Charmaine said...

ja en die ander een is daardie seewurms stuff. Baie grillerig ;-()Dit lyk of die ervaring een groot fees was. Dankie maat

Desire Fourie said...

Die pikkewyne is te oulik en visse het altyd so 'n kalm effek op 'n mens se gemoed.

Mooi bly.

Sandra said...

Jy's reg Retha dit is 'n seeperdjie. En ja die twee was moeiliker as tieners :-)

Wat is seewurms stuff maat? Dit was lekker om twee gewillige persone te he om af te neem!!!

Sandra said...

Ons was mal oor die pikkewyne Desire, hulle is regtig oulik en het so baie gehou van die aandag wat hulle kry

Jan and Miekie said...

Sal 'n draai by Willem-hulle gaan gooi om te sien wat hy alles gekoop het!

Sandra said...

Hy's nie so 'n goeie shopper nie Miekie :-). Miskien volgende keer