Showing posts with label kameelmelk. Show all posts
Showing posts with label kameelmelk. Show all posts

Sunday, March 11

Wat volgende? ~ vir die koffiedrinkers

So oor die jare het ek vertel van allerhande nuwe idees wat die ouens vir die kameel uitdink .... Dit het gewissel van skoonheidskompetisies tot produkte. Daar was die kameelmelkskommel, kameelsjokolade en nou ........

3512270736

'n Kafee in Dubai wat spesialiseer in kameelmelk-cappachino's, lattee, kameeltee, kameelsmoothies en natuurlik ook melkskommels!

Daar word gereeld vertel hoe goed kameelmelk nou eintlik vir mens is, van laag in vet tot ryk in vitamines wat help vir die bene en "anti-ageing" soos hulle dit adverteer :-).

Met die Arabiere wat so dood oor koffie en kamele, kan hierdie winkels 'n klein goudmyntjie word. En natuurlik 'n geleentheid vir besoekers om die produk te proe.

Ekself is nie so gemaklik met die drink van kameelmelk in enige vorm op hierdie stadium nie.

Sal maar net normaalweg moet oudword sonder om die melk te gebruik :-)

Monday, February 8

Nuut op die spyskaart

Vir al julle “burger fans” hier is iets nuuts op die spyskaart om te probeer. Nie ‘n beef-, hoender of visburger nie, maar ‘n …… kameelburger!

2728808231

Volgens ‘n beriggie in die plaaslike koerant is hierdie burger besig om taamlik gewild onder die plaaslike inwoners en toeriste te word. En vir die vir wie dit belangrik is , en wie dit natuurlik sal glo, hierdie quarter-pounder is blykbaar vet en cholestrol vry!

Twee eetplekke in Dubai verkoop hierdie gewilde eetding en dis nogal nie in hierjy malls nie hoor!

Behalwe dat dit kameel is, wat my bekommerd maak is dat kameelvleis blykbaar harde vleis is en die eienaar van die restaurante se dis 'n geheim hoe hulle dit sag maak, behalwe deur speserye ens. te gebruik. Die prentjie wat ek in my kop kry vat my eetlus weg.

Die kameel-patty weeg so 120 gram en word bedien saam met skyfies en groenslaai. Hulle gebruik nie 'n gewone burger rolletjie nie, maar 'n vars gebakte "khameer" brood (ronde gis broodjie). Dan word die gebruiklike kaas en hulle eie maak sous bygesit. Dit kos so dhs20 (R40) en mens kan as jy wil dit afslug met kameelmelkskommel of koeldrank.

Enigeen honger?

Friday, July 24

Sal sjokolade ooit weer dieselfde wees?

Almal weet dat die kameel die dier van die UAE en ander Arabiese lande is, so dis niks snaaks om kameelmelk tussen die ander melk op die winkelrakke te sien nie.

Kameelmelk 003

Toe kameelmelkskommel sy verskyning maak moes mens begin mooi kyk wat jy neem wanneer jy melkprodukte wil koop. Was ook groot pret om die kinders dit te laat proe hier en selfs vir kuiermense te voer hier. Nou het die mense dit nog 'n stappie verder gevoer. Einde verlede jaar was daar 'n opskrif "Camals, ships of the desert, are now sailing onto desserts as well". Sjokolademakers (wat's die regte naam) het twee jaar gewerk aan hierdie sjokolade wat op die internasionale mark kan meeding. Jip, kameelmelk sjokolade!

camel_01_4

Al die bestanddele kom van die Camelicious plaas - 'n plaas met 3000 kamele en die enigste plaas wat gewaarborgde kwaliteit kameelmelk verkoop word hier. Die sjokolades kom in verskillende geure met dadels (kan mens dit nou geraai het), neute, lemoen, donkersjokolade (sal dit nou die swart kamele wees :-)) en volroom kameelmelk. Daar is ook die praline reeks waar die sjokolade gevul is met nougat, koffieroom en pistachio. Hulle se dat kameelmelk baie gesonder is as koeimelk. Dit 'n 5x meer vitamiene C, minder vet en uitstekende produk vir diabete.

camel_04_4

Maar moenie dink dat die sjokolade beskikbaar gaan wees vir elke Jan Rap en maat nie - ooo nee in 'n maand van nou af word die eerste sjokolades in die mark geloots en sal dit te koop wees by die winkel by die plaas en van die luukse hotelle. Een van die malls in Dubai sal ook 'n winkel he en hulle beplan een winkel in elke emirate. Uitvoer na Japan, Europa, ander Arabiese lande en selfs Amerika is in die pyplyn. Omdat dit 'n eksklusiewe produk is, sal dit in geen supermarkte beskikbaar wees nie.

Of ek dit ooit sal proe? Ek weet nie, maar dat ek dit vir mense sal gee om te proe, dis waar!

Friday, June 22

Nuut op die mark .....

Om saam met William winkel toe te gaan is om 'n wavrag onnodige goed ekstra te koop. Hierdie keer was dit 'n nuwe melkskommel op die mark. Daar is sumier besluit dat Nelmlari die proefkonyn sal wees aangesien sy nie by die winkel is nie.

Sy vermoed niks en dis nie eers vir haar vreemd dat haar boetie so graag wil hê sy moet dit drink nie.
Aan die linkerkant ons gewone gegeurde melkies van Al Ain melkery en aan die regterkant die nuwe produk .... Kyk 'n bietjie van nader!

Fresh Camel Milk ....ja! Kameelmelk is al baie lank te koop, maar die gegeurde kameel Camelicious is baie nuut. Die geure waarin hulle beskikbaar is, is dadel, saffraan en strawberry.

Nelmari vat 'n lekker sluk want mens is mos warm en dors en ...?
Ugggg nee dis sleg wat is dit sê sy. Nie baie gelukkig met die melkie nie.
Will toets dit soos met 'n regte wynproe en ons wag in spanning vir sy gesigsuitdrukking.
Nee wat sê hy net 'n effens nasmakie en drink die res van die bottel. Enigeen in die mark vir 'n bietjie gegeurde melk?