Showing posts with label Atlantis. Show all posts
Showing posts with label Atlantis. Show all posts

Saturday, January 9

Ons raak weg in die verlore stad

Nou ja soos ek gese het, het ons ou tannies nie vir die watersports gegaan nie, ons het meer rustige waters verkies. Nadat ons die meisies se pret met die dolfyne dopgehou het, en ‘n ou teetjie natuurlik Thea, het ons onsself gaan verloor in die verlore stad. Vir die van julle wat nie nuus volg nie en dus nie weet van die ontdekking nie, hier's 'n bietjie agtergrond :-)

P1000873

Met die bou van die hotelkompleks is ‘n klomp ondergrondse tonnels ontdek wat hulle vermoed het begrawe was duisende jare terug in die water van die Arabiese golf. Met nadere ondersoek het hulle ook ‘n antieke straat ontdek. Die mense het toe besef dat dit die oorblyfsels van die verlore stad van Atlantis is. Deur die ontdekking is baie vrae beantwoord oor hoe die mense vroeer hier geleef het en baie oor die seelewe.

Page1_0

Aan die oorblyfsels kon mens sien dat die mense baie ontwikkel was en dat daar ‘n hoe vlak van tegnologie bestaan het. Op die foto bo links kan mens die oorblyfsels van 'n vermoedelike myners uitrusting van daardie tydperk sien. Onder regs is wat hulle vermoed 'n hysbak wat die myners gebruik om diep onder die grond te werk. Orals is daar ook sulke gangetjies en ander "opgrawings" wat gekry is.

Page2

Tussen al hierdie uitgrawings het hulle tonnels gegrawe wat die seelewe wat was en wat nou is vir almal kan wys.

Page3

Mens sien dus verskillende tenke waar visse en allerhande goeters deur dele van die ou stad swem.

Page4

Die groot tenk reg in die middel is ook die fokuspunt van die hotelingang en van die hotelkamers. So in die regterkantse hoekie staan Charmaine en foto's neem. Mens kan sien hoe groot die tenk is as jy sien hoe klein die mense vertoon.

Page1

Party van die tenks was regtig kleurvol en vreeslik moeilik om af te neem. Dit was lekker om daar deur te stap, maar ek voel soos alles by die Atlantis hotel is dit hopeloos oorprys - mens kan in die hotel portaal verniet na die vissies kyk as jy wil en die mense wat ingaan "pose" ure voor 'n tenk dat ander dit nie kan sien nie.

P1110867

Vir my is dit ook nie naasteby so mooi soos die ander een in die winkelsentrum waarvan ek hier vertel het nie. Die verlore stad van Atlantis kan maar wat my betref verlore bly.

En nou is ons eintlik klaar met ons waterstories en dis tyd vir land diertjies :-)

Wednesday, January 6

Hope waterpret

Dit voel soos 'n ewigheid wat ek julle laas van die nuwe Atlantis hotel in Dubai vertel het.


10000 (8)

Later was daar 'n blog oor die waterpark wat die kinders in die aand besoek het, en hierdie keer terwyl twee van hulle met die dolfyne gaan swem het, het die res die park met William se waterkamera aangedurf.

DSCF0086

Van die "rivier" word die kinders met 'n "water-roltrap" opgetrek op 'n roete rondom die park. Hier kom Nelmari en James.

DSCF0093

Hierdie een trek hulle weer af en ek weet nie of sy rus of sommer net so onderstebo wil wees nie.

DSCF0099

Iewers word daar ook deur 'n nagemaakte kliptonnel gevaar. Soos met die kayak kyk Nelmari heeltemal in 'n ander rigting as James en Wiehann - gelukkig is daar 'n stroom wat haar in die regte rigting neem.

DSCF0107

Roei roei roei seun.

DSCF0108

Wie neem die foto as jy so sit en slaap seun?

DSCF0113

Nog 'n glybaan en hier gaan ons ..... Hierdie een gaan af in die haai tenk en ek weet nie of James se gesigsuitdrukking braaf of bang is nie.

DSCF0118

Nelmari besig om deur die tonnel in die haaitenk te gaan.

DSCF0127

En hier is sy alweer besig met nog 'n rit. Een van die ritte wat mens reg boontoe skiet (sien foto reg op einde)

DSCF0147

Thumbs up boetie, die kamera kan mooi onder die water neem.

DSCF0157

Die meisies is klaar met die dolfyne geswem en kom sluit aan by die waterpark. Lyk my die dolfyne het vir Leane moeg gemaak.

DSCF0161

Elriza en Wiehann vat 'n ruskansie tussen die ritte.

DSCF0163

Partykeer moet mens met die bande loop na die volgende rit.

DSCF0165

Die klomp geniet dit duidelik baie. As julle op die laaste foto kyk, dit is die rit in die tube heel regs.

DSCF0172

Van die ritte van bo af gesien en daar onder is ek en Charmaine besig met ons eie wateraktiwiteit ...

Saturday, July 4

Nag avontuur oor die naweek

Al amper 'n jaar terug het ek vertel van 'n nuwe hotel wat in die "bankrot volgens SA tydskrifte" dorpie van Dubai oopgemaak word. Julle kan hier en hier loer. Om egter te kyk en om self deel te neem is twee verskillende dinge en dis duur, maar verlede week was daar 'n spesiale aanbod om die park in die aand te besoek. Ons het sommer besluit om dit 'n twee dae uitstappie te maak en oor te slaap want ons sou eers 12 uur in die aand klaarmaak.

Page1

In Dubai aangekom deur die "stilstrate vanwee almal wat landuit is" (dit het ons terloops lank geneem om deur die niks verkeer te kom) het ons eers gaan eet voordat ons 8 uur by die waterpark ingeklok het. Nodeloos om te se dat die kinders "groot" en "klein" baie opgewonde was oor die uitstappie.

Page2

Mense dis 8 uur in die aand en dis warm, baie baie warm. Ek weet dis moeilik om hierdie tipe warm in te dink maar met humiditeit wat amper hier aan 100% vat het ons maar gesuffer. Die brilglase en kamera lense stoom onmiddelik toe en mens sukkel om te sien en foto's te neem. Terwyl die kinders op die ritte gaan het ons twee ou tannies na die dolfyn vertoning gegaan. Was redelik onmoontlik om foto's te neem, maar miskien gee die dowwe prentjies darem 'n idee van die dolfynpoel en die daai strepe in die lug is die dolfyne wat spring :-).


Page1_1

Intussen het die kinders hulle gate uit geniet en was ons gelukkig om hulle een keer tussen 'n rit te vang om af te neem. Hulle het selfs van die slides wat deur die haaitenk gaan gedoen. Dis so vinnig mens sien nie eers die haaie nie se hulle. Ons van die kant af kon wel die haaie en tube sien.

Page3

Net so voor middernag is ons huistoe om die groot rush 12 uur te mis en kon so bietjie van die vuurwerk vertoning deur die gestoomde lens afneem.

Page1_0

Almal het eers rondom 2 tot rus gekom maar vroeg op die volgende dag vir nog 'n besige dag. William hou hom besig met musiek en Nelmari werk aan haar borduurwerk terwyl hulle vir ons wag en om te sien hoekom sekere mense onder 'n swart sak wegkruip, sal julle volgende keer weer moet kom lees :-).