Monday, November 18
Besie partytjie na kerk
Na die kerkdiens bid Elriza vir die verjaarsdagmaatjies.
Besies en feetjies was die tema, en almal is aangetrek vir die geleentheid.
Natuurlik moet daar nog foto'tjies van Lara geneem word na die tyd. Lyk asof sy en Elriza 'n groot grap deel.
Saturday, November 16
Charmaine verjaar
Daar word ernstige bietjie video's gekyk.
Die verjaarsdagmaatjie blaas kersies wat nie wil doodgaan nie dood :-).
Ma en dogter.
James en Leane
Wat is die twee boeties besig om te beplan met daai kyke ....
Sunday, December 26
Wat ‘n uitsig
Met William hier is daar altyd iets "nuuts" wat geprobeer moet word en hierdie keer was dit parasailing.
By die strand aangekom op 'n heerlike wintersoggend, moes ons hoor daar is nog nie genoeg wind om die aktiwiteit te kan doen nie. Op die foto regs onder kan julle die vlag op die vlagpaal sien - dit wapper nie eers 'n bietjie nie.
Die kinders het toe maar eers 'n bietjie op die paddleboats gaan ry. Die oefening sou wel die volgende dag gevoel word :-).
Waar anders as in die woestyn kan mens op die see paddle met 'n sandduin op die agtergrond.
Hier kan julle mooi sien hoe lyk 'n amper spieelgladde see met die dorp op die agtergrond.
En dan is daar 'n effense windjie en Nelmari en William pak die parasail aan. Die benoude gesig verander darem vinnig na 'n glimlag terwyl hulle so agter die boot hang en die dorp van bo-af beloer.
Die tou vat mens so 120 m in die lug in.
Eers wou hulle nie gaan nie, maar besluit toe wel en Elriza is net 'n klein bietjie benoud :-)
Maar dit verander gou as hulle eers in die lug is.
Van die foto's wat die kinders van bo-af geneem het - Abu Dhabi se Cornish gebied.
Geniet die laaste paar daggies van 2010!
Liefde
Sunday, December 19
Dit gebeur nie baie nie
Na baie jare in die dorp is daar bitter selde 'n nuwe winkelsentrum wat opgaan sonder dat ons daarvan weet en dit gaan besoek, so toe ek daarvan lees en besef dis al drie maande oop sonder dat ek daarvan weet, was dit 'n MOET.
In die jare voor ek begin blog het en ek's eintlik spyt ek het nie van die beginjare hier ook geblog nie, was die souk waar mens allerhande twak en toonnaels kon koop 'n gewilde plek om besoekers heen te neem. Na sprake dat dit vervang gaan word, het dit skielik een aand heeltemal afgebrand. Vir die laaste paar jaar is die pad soontoe toegemaak en hoe versperrings is op sonder dat mens geweet het, iets is aan die bou daar. En net daar op die ou plek ry ons op ons soektog binne die nuwe "souk" vas. Lekker lekker, nie naastenby soos die vorige een nie, en met duur winkels, maar een van ons gunsteling koffiewinkels wat daar oopgemaak is, sal dit beslis baie gereeld besoek word.
Ons het met Shakespeare & Co kennis gemaak in Dubai en is so bly dat dit nou eintlik hier in Abu Dhabi is. Dis 'n regte "vroue" restaurant met allerhande fyn en tierlantyntjies goeters. Die eetgoed en sjokolades sal natuurlik ook die manne lok en mens kies baie moeilik wat jy saam met jou koffie of tee wil geniet. Daar is ook 'n spyskaart vir ontbyt, middag en aandete.
Nie een muur lyk dieselfde nie en alles is in detail gedoen. Hier kan mens lekker kuier en die bestuurder Hassan is baie betrokke by sy kliente - tot op die foto's.
Alles tot die dak is "versier" en daar is die mooiste houers wat jy sjokolade in kan sit en vir geskenke weggee. Dit gaan sommer gou-gou 'n gewilde kuierplek in die dorp wees en net so voordat mens bang raak dit gaan te vol wees het ons darem gehoor nog twee ander word oopgemaak. Die mall, waarvan nog net 'n paar winkels oop is, gaan ook 'n lekker plek wees om besoekers na toe te neem.
Geniet die laaste week voor Kersfees!
Saturday, July 4
Nag avontuur oor die naweek
Al amper 'n jaar terug het ek vertel van 'n nuwe hotel wat in die "bankrot volgens SA tydskrifte" dorpie van Dubai oopgemaak word. Julle kan hier en hier loer. Om egter te kyk en om self deel te neem is twee verskillende dinge en dis duur, maar verlede week was daar 'n spesiale aanbod om die park in die aand te besoek. Ons het sommer besluit om dit 'n twee dae uitstappie te maak en oor te slaap want ons sou eers 12 uur in die aand klaarmaak.
In Dubai aangekom deur die "stilstrate vanwee almal wat landuit is" (dit het ons terloops lank geneem om deur die niks verkeer te kom) het ons eers gaan eet voordat ons 8 uur by die waterpark ingeklok het. Nodeloos om te se dat die kinders "groot" en "klein" baie opgewonde was oor die uitstappie.
Mense dis 8 uur in die aand en dis warm, baie baie warm. Ek weet dis moeilik om hierdie tipe warm in te dink maar met humiditeit wat amper hier aan 100% vat het ons maar gesuffer. Die brilglase en kamera lense stoom onmiddelik toe en mens sukkel om te sien en foto's te neem. Terwyl die kinders op die ritte gaan het ons twee ou tannies na die dolfyn vertoning gegaan. Was redelik onmoontlik om foto's te neem, maar miskien gee die dowwe prentjies darem 'n idee van die dolfynpoel en die daai strepe in die lug is die dolfyne wat spring :-).
Intussen het die kinders hulle gate uit geniet en was ons gelukkig om hulle een keer tussen 'n rit te vang om af te neem. Hulle het selfs van die slides wat deur die haaitenk gaan gedoen. Dis so vinnig mens sien nie eers die haaie nie se hulle. Ons van die kant af kon wel die haaie en tube sien.
Net so voor middernag is ons huistoe om die groot rush 12 uur te mis en kon so bietjie van die vuurwerk vertoning deur die gestoomde lens afneem.
Almal het eers rondom 2 tot rus gekom maar vroeg op die volgende dag vir nog 'n besige dag. William hou hom besig met musiek en Nelmari werk aan haar borduurwerk terwyl hulle vir ons wag en om te sien hoekom sekere mense onder 'n swart sak wegkruip, sal julle volgende keer weer moet kom lees :-).