Al die feesdae is verby en dis seker ook tyd dat ek vir my eie "rekord" ook my SA vakansie van Desember afsluit. Die van julle wat nie weet nie, die eintlike rede vir my bonus na Septemer kuiertjie in die Kaap was vir my suster Tertia se dogter se troue.
Ons het dit toe mos sommer gebruik om ook 'n bietjie aan die Weskus te kuier omdat die troue in Velddrif gehou sou word. hier is die voorgenome bruid, Mariska. Omdat so baie mense van ver af kom, word die kombuistee 'n aand voor die troue gehou.
My drie was omtrent verspot met die aantrek en regkry vir die troue en vir 'n wonder was ek toegelaat om foto's te neem. Hier lyk hulle maar deur die wind, maar op die regterkant is nog twee foto's wat geneem is.
Die troue word op Laaiplek gehou en hier is die bruid en bruidegom na die troue.
Die bruid Mariska, haar boetie Viljoen en ousus Madre na die diens. Die ander foto's en stories van die kombuistee, troue en onthaal is op die familieblog hier.
Na die troue breek ons laaste dag op Paternoster aan en die kinders speel al vroeg oggend by die see. 

Dis 'n pragtige dag en mens wil nie eers daaraan dink ons is oppad huistoe nie.
Vir middagete kuier ons sommer op die strand by die Voorstrand Restaurant. Dis 'n baie ou huis van die area en sit op die strand.
Die kinders kom met hulle grafies en emmertjies en speel buite terwyl die ouers op die stoep kuier. Die heerlikste seekosse .....Dis gelukkig baie ver maar net langs die trap sit ons klomp.
My kinders stap sommer langs die see huistoe. Terwyl William vir oulaas in die water kuier gooi die walvis 'n skaduweer oor hom, so naby aan die vlakkant is hy. Kyk net waar breek die branders.
Die niggies en nefies kom vir oulaas groet en natuurlik speel hulle by die see.
En dan sak die son vir die laaste keer vir ons in SA vir die jaar na 'n baie lekker tydjie in die Kaap. As iemand dalkies die foto's van die vakansie gemis het, kliek bietjie op die label Des08 vir al die stories en foto's.
Showing posts with label Des08. Show all posts
Showing posts with label Des08. Show all posts
Sunday, January 4
Saturday, December 20
'n Plek van Rus
As mens op 'n ou kaart gaan loer, sal die vroegste kaart wat in 1693 geteken deur ene Pierre Mortiere sien dat die dorpie wat nou as Paternoster bekend is, bekend was as "St Martins Bay". Wat vir my besonders van die naam Paternoster is, is dat dit "Onse Vader" meen.
En dis 'n plek waar mens Ons Vader se hand in alles kan sien met sy uitgestrekte wit strande, en absolute eenvoud. Ek hoor dat ek vroeer nie in die Weskus wou bly nie, maar as ek nou die ontwikkeling by al die plekke en Onrus sien, voel ek dit was een van my groot foute om so oor 'n plek soos Paternoster te voel.
Met ons laaste studie wat oor Rus gaan, is dit 'n plek waar mens regtig Rus kan ervaar. Reeds vroeg met die opstaan het ons geweet hierdie plek is anders ... hoe dan anders want terwyl ek koffie op die balkon sit en drink is dit my uitsig en nie net een nie, maar sommer 'n paar walvisse wat in die baai speel.
Die kinders sit dadelik af strand toe waar 'n lekker groot ou hond vriende maak en met hulle speel. Hy word sommer "aangeneem" vir die vakansie en dit pla hom min.
Hy volg hulle terug huis toe en speel alte lekker saam. Selfs as hy 'n rustyd neem, doen hy dit langs hulle of sommer binne die huis se deur.
Ons het gereel dat hulle op 'n kayak-safari gaan, maar hulle laat weet die wind op die see en die seestrome te erg en die twee sit maar in die bootjie voor die huis ... nie dat hulle enige plek hiermee sal kan gaan nie.
William geniet die water waar hy nog beter as op Onrus kan skimboard en demonstreer vir ons hoe mens dit doen .......
en natuurlik hoe mens dit nie doen nie.
"Ken jy die see. Meneer ken jy die see? Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur en kalm soos min dinge hier benee, maar, hy's gevaarliker as vlam of voor. Dan se jy nog, Meneer, die vis is daar."
Wednesday, December 17
Ons groet Onrus en die Smithe
Na al die heerlike dae langs die kus, kla ek glad nie toe die laaste dag aanbreek en dit effens koeler en bewolk is nie. Dis mos lekker om warm aangetrek langs die strand te stap ook, of altans vir party van ons.
William "skimboard" (mens spreek dit in Engels uit) dat hy spiere seermaak wat hy wat fiks is nie eers van geweet het nie. Daai manne op die agtergrond kan ook nie glo wat hulle sien nie.
Maar na heelwat valle, kry hy dit reg om die bord te bemeester en geniet hy die koeler en rustige water.
Ek sou graag wou se dat ons nie gaan uiteet het nie, maar mens moet mos eet, julle doen ook en ons kuier vir oulaas saam met die Smithe. Die kinders vertel dat hulle genoeg gevis het en nou vleis soek, dus is ons Cattle Baron toe.
Die aand word oom Jan se eerste liggies wat James help aansit het, amptelik aangeskakel. Daar word met 'n kritiese oog na die liggies en die leemtes gekyk wat sou opvul. Ek wonder hoe dit nou lyk met die klein kindes wat die week daar gaan opdaag. Oom Jan se hy wil sien hoe jou kersliggies ook lyk Eddie.
Ons kry ook kans om bietjie kopstukke te gesels en hier is oom Jan, William en Nelmari aan die kuier.
James kry ook sy beurt en hy vertel dat hy nou amptelik gehoor het hy's sy honeursjaar ook deur. Gou-gou word die sjampanje, kaas, mossels en beskuitjies gehaal en ons vier fees. Baie geluk seun en dankie Oom Jan en tanne Nell vir die lekker kuier.
Monday, December 15
Dis lekker by die see en ons huisie
Mens het baie gunstelinge, maar seker een van my top 5's vir eetplekke is Ons Huisie in Bloubergstrand.
Die berg gee my sy mooiste prentjie.
Bly Laurika daar vra William en toe ons lag vertel hy sy sing mos dat sy 'n huisie by die see het en sy sing van Bloubergstrand.
Ons kuiermense is na 3 kort daggies oppad terug en natuurlik moet ons net daaruitkom. Net na die slag van Blouberg het die meeste van die plase en grond destyds in 1806 aan 'n ene Frederick Stadler behoort en die vermoede is dat die huisie sy eerste huis was.
Daar is geen amptelike datum van die huis nie, maar in 1853 het die bekende kunstenaar Thomas Bowler 'n potloodskets van die huisie gemaak.
Op daardie stadium het Hendrik Stadler, Frederick se seun in die huisie gebly. Frederick en sy 3 seuns was vissermanne wat Bloubergstrand op die kaart gesit het!
Die Boonzaaier familie het ook 'n groot rol in die huisie se geskiedenis gespeel en die huidige eienaar het probeer om die huisie te restoreer dat mens nog die "ou" geskiedenis kan sien, voel en ruik.
Die restaurant het heerlike tradisionele kossoorte op sy spyskaart en ons sit so onder die bokkoms :-)
Ons het die lekker vis en ander kosse geniet en dan se ek niks van die mieliebrood, blikbrood en roosterbrood wat ook saam gedien word.
Na 'n lekker ete moes daar eers langs die see gestap word.
William, Nelmari en Elriza kom teruggestap dat ons kan lughawe toe. Min het ons geweet dat hulle vlug al die oggend om 07:00 gevlieg het :-). Ons was bly want ons kon Ons Huisie ook inwerk!
Bly Laurika daar vra William en toe ons lag vertel hy sy sing mos dat sy 'n huisie by die see het en sy sing van Bloubergstrand.
Ons kuiermense is na 3 kort daggies oppad terug en natuurlik moet ons net daaruitkom. Net na die slag van Blouberg het die meeste van die plase en grond destyds in 1806 aan 'n ene Frederick Stadler behoort en die vermoede is dat die huisie sy eerste huis was.
Daar is geen amptelike datum van die huis nie, maar in 1853 het die bekende kunstenaar Thomas Bowler 'n potloodskets van die huisie gemaak.
Die Boonzaaier familie het ook 'n groot rol in die huisie se geskiedenis gespeel en die huidige eienaar het probeer om die huisie te restoreer dat mens nog die "ou" geskiedenis kan sien, voel en ruik. Saturday, December 13
So so mooi
Moenie vir een oomblik dink ek het genoeg see gesien nie.
As julle dit nog nie agtergekom het nie, ek is mal oor die see en na die Kaap Agulhas besoek ry ons verder na 'n dorpie met die naam van Arniston ook bekend as Waenhuiskrans. Hierdie dorp is al twee eeue oud en kyk hoe pragtig is dit.
Ons besluit om na die "grot" waar die naam vandaan kom, te gaan kyk. Hulle se 'n ossewa kon omgedraai het in die grot. Die twee meisies stap vinnig vooruit.
Die seuns is bietjie meer versigtig en staan na van die ander grotte en kyk en natuurlik is James ook opsoek na klippies vir Leane.
Op 'n stadium raak Elriza en Nelmari bietjie "bang" want die water stoot op, maar ons ouer tannies loop aan en kyk net ons beloning .....
Dis so mooi mens kan nie genoeg kry van die uitsig nie.
Ma en dogter rus en gee kos vir die steekvliee
terwyl my drie "rustige" kinders nie tot ruste kom nie.
Die vakansiehuisies lyk omtrent almal so.
Die ou pastorie op die dorp.
Hierdie is die ou huisies waar van die inwoners nog bly.
Middagete is by die Arniston hotel
waar Willilam 'n "pint prawns" eet. ('n Bierbeker vol prawns) 

En dis ons uitsig terwyl ons eet.
Subscribe to:
Posts (Atom)