Showing posts with label Blogvriende. Show all posts
Showing posts with label Blogvriende. Show all posts

Monday, December 1

Eerste paar ure van die vakansie

Die vakansie het begin!!! Charmaine vlieg dieselfde tyd as ons (sy is net gelukkig om langer te bly) en ek besef dat met Nelmari en Charmaine saam, ek ietsie sal moet doen om hulle "besig" en "uit die kwaad" te hou. So maak ek vir hulle elkeen 'n aktiwiteits pakkie met lekkergoed en goedjies om hulle besig te hou ... alles met feetjies. Hier is Charmaine dadelik besig om in te kleur. (Dit was eintlik gedoen om wakker te bly want ons vlug was eers 02:40 in die oggend). Maar die moegheid hou net tot op Johannesburg lughawe waar ons vir Elriza, Muriel en Thea kry en toe word daar gekuier en vrae oor en weer gevra dat die stof so staan. En dan is dit vroee Kersfees en ons deel geskenkies uit ... Dit lyk omtrent soos onder 'n Kersfeesboom by die tafel. Dankie julle vir die pragtige geskenke vir my en Nelmari. Dit was lekker om saam met julle te kuier!!!