Met Eddie se verjaarsdag het ons by 'n nuwe Brasiliaanse restaurant gaan kuier - Nelmari se keuse.
Natuurlik het ek voor hierdie restaurant, geen idee gehad watter kosse nou regtig van Brasil af kom nie. Vir meeste was dit 'n eerste keer en ons het baie lekker gekuier.
Mens betaal per kop en kan jouself dan soveel as jy wil aan die sop en slaaie help ... dis al wat uitgepak was. Steven en sy vrou skep van die seekossop.
Geen idee of die twee die aartappelsop of iets anders bespreek nie, maar dit lyk na 'n goeie onderwerp.
Nadat jy slaaie geskep het, kry elkeen om die tafel so 'n sirkeltjie waarvan die een kant groen en ander kant rooi is. Sou jy wil vleis he, moet groen bo wees en as jy wil rus of genoeg gehad het is dit rooi se beurt.
Volgens die kelner is daar 14 verskillende soorte vleis wat jy dan saam met jou slaaie en groente op die tafel kan geniet. Annemi wag vir die skaap tjoppies.
Steve en Carola wag dat hulle van die lekker sirlion vir hulle bord sny. Mens maak natuurlik die fout om nie te sirkeltjie om te draai aan die begin nie en dan wanneer jou bord gevaarlik vol raak met vleis onthou jy om dit vinnig om te draai.
En dan draai jy dit om en sien hierdie boudvleis en draai dit vinnig weer terug. Hermias vat sy stukkie vleis van die kelner. Ek moet byse dat hulle gelukkig net klein stukkies van die vleise sny.
Ek weet nie hoeveel van die 14 soorte vleis elkeen gehad het nie, maar hierdie klomp lyk vrolik en heel versadig en reg vir nagereg.
Lyk partymense nie skuldig toe ek haar met haar nagereg afneem nie.
Steve is die ander ou wat nagereg eet en hier is klein Amber by haar pa. Ons het baie lekker geeet en gekuier en sal die seuns beslis soontoe moet neem as hulle kom kuier.