Soos julle weet was Nelmari taamblik besig op die sportveld vanjaar, maar met haar besering is sy buiteaksie vir die res van die skooljaar (tot September). Alhoewel dit vir my lekker was om haar weer vir 'n slag "normale" tyd by die skool te gaan haal, het dit baie vinnig verander toe hulle haar vra om 'n sokkerspan te help afrig vir die AISA Sokkertoernooi. En eintlik verlede week was dit groot geleentheid daar.
As 'n finale speel die onderwysers teen die eerste span en wen. Hier warm die klompie op. Ek dink dit was 'n baie suksesvolle "sokker festival" wat omtrenet 300+ kinders betrek het net deur te speel, en dan tel ons nog nie die toeskouers by nie. Hierdie gaan 'n jaarlikse ding word ek sien.
1 comment:
Haai Nelmari, Ek is sommer baie trots op jou. Baie geluk met julle span se oorwinning. T Charmaine
Post a Comment