Monday, April 21

Nuwe "ou" mense in Abu Dhabi

Partykeer ontmoet mens mense wat al eintlik ou bekendes is vir die eerste keer. Die Rademeyer gesin, Siegfried en Mariette het ek op die blog leer ken toe hulle begin inligting soek het oor Abu Dhabi. Is lekker om julle nou in lewende lywe te gesien het. Ook Mariette se boetie Jaco.En hierdie is klein Christiaan wat 2 jaartjies oud is. Hy mag dalkies vreemd in die dorp wees, maar hy het my mooi met die grrrrroen verkeersligte gehelp en is regtig 'n bekkige knape. Siegfried en Mariette ons sien uit daarna om hierdie man by een van ons kindergroepe te sien en BAIE WELKOM IN ABU DHABI!! (Julle moet laat weet hoe dit in Turkye gaan ook hoor)

2 comments:

Anonymous said...

Hi Sandra. Ek lees al 'n geruime tydjie jou blog vandat jy 'n paar maande gelede kommentaar op iemand se blog gelos het. Ek ken vir Mariette. Ek en haar ma Adri is vriendinne en bly 3 blokke van mekaar af. Lekker om hier van hulle te lees en ek verstaan hulle is sover baie gelukkig in Abu Dhabi. SĂȘ asb vir Mariette ek stuur groete. Thea.

Anonymous said...

Hallo Theo. Lekker om van mense te hoor wat die blok lees. Ek sien daar is mense maar ek hoor min van hulle. Groete daar in die koue!