Mense van die huis af is maar skaars hier by ons. Verlede week het ou vriende van Johannesburg, die Johls bietjie in die UAE gekuier. Die pa van die huis, Anton, werk hier in Dubai en Elzbeth en die seuns het kom kuier. Ek kon ongelukkig nie by hulle uitkom nie, maar Eddie het gaan hallo se en foto's geneem.
Anton, Elzbeth en hulle jongste Heinrich sit op die stoep van hulle eenheid by Snoopy Eiland in Khorfokkan.
Elzbeth is by 'n skool in Centurion en dit lyk asof sy die ruskansie en ontspanning geniet.
Ek weet nie wie van julle die blog gelees het toe ons "ouer" vrouens by Snoopy gaan probeer snorkel het nie, maar hier is die eiland heeltemal toe onder die water.
1 comment:
Post a Comment