Tuesday, April 15

Waaroor die Red Bull resies eintlik gegaan het

Die beloofde foto's van die Red Bul vliegkompetisie...vir julle wat hou van vliegtuie en sommer om bietjie van Abu Dhabi Cornish op die agtergrond te sien ook. Eddie het vir twee dae foto's geneem en hier is net ses daarvan.
Ek kan probeer beindruk om ouens se name en kleure van hulle vliegtuie op te soek en deur te gee, maar ek dink dit gaan hier meer om die toertjies as wie vlieg tensy dit natuurlik iemand van die huis is.

En vanjaar het die ou van SA anders as verlede jaar, werklik deelgeneem alhoewel hy nog nie heeltemal by die ander ouens kon kom nie.

Terwyl hierdie ou op sy sy langs die Cornish af vlieg kan mens die klein geboue van Abu Dhabi op die agtergrond sien.

Die hotel hier op die agtergrond het ek al oor geblok want dis die "oudste" hotel hier. Op ou foto's van die dorp en Cornish waar daar nog niks behalwe sand is nie, is dit een van die geboue wat mens kan identifiseer. Dis natuurlik ook die eerste hotel in Abu Dhabi wat ons in gebly het. Met al die ontwikkeling van nuwe en klompe sterre hotelle in die dorp is daar die wat nooit in so 'n "ou" hotelle sal wil bly nie .... jammer vir hulle want van die beste restaurante en swemstrande is hier.

O ja die blok is mos eintlik oor vliegtuie ... so hier is nog een met van die mooi geboue op die agtergrond.

En net so dat julle weet waar dit gebou was, in ons dorpie Abu Dhabi. En vir die rekord, ons ou het laaste geeindig maar vir 'n nuweling goed vertoon.

No comments: