Saturday, April 12

Sandkastele

Die laaste week of twee was redelik propvol internasionale "sportbyeenkomste" in Abu Dhabi. Nie die gewone rugby of krieket wedstryde soos by die huis nie, maar die jetski wereldkampioenskappe in Abu Dhabi, perderesies en motorwedrenne in Dubai en hierdie week die Red Bull vliegkompetisie ook in Abu Dhabi. Die hele week is allerhande voorbereidings getref en hierdie ouens ontsien geen moeite om 'n paviljoen vir slegs 'n dag of twee op te rig en dit 'n week later weer te doen nie. As aanloop van die vliegkompetisie is daar ook sandkuns op die strand gedoen. Hier is 'n paar foto'tjies - soos julle kan sien was die tema Red Bull vliegskou.
Nog baie nuut in Abu Dhabi kom kyk Derick, Lizaan en klein Luke Serfontein ook na die sandkastele.
Die van julle wat die dorpie ken, watter geboue is hier met sand gebou?
Hier is 'n paar vliegtuie wat uitgebeeld word.
Die Emirates Palace wat hier gebou is. More of so wys ek nog foto's wat Eddie tydens die lugskou geneem het met miskien so 'n foto'tjie of twee van die vliegtuie ook.

1 comment:

Anonymous said...

Wow dit is pragtig... ons bly hier en ons sien dit op foto's?!?! Nie goed nie of hoe? Charmaine