Sunday, April 6

Verjaarsdag partytjie

Nelmari se verjaarsdag partytjie is toe uiteindelik gister gehou. Sy wou opsluit 'n strandpartytjie he en gelukkig in Abu Dhabi, is daar twee voordele aan so 'n partytjie. Een ons hoef nie vreeslik te kommer dat dit gaan reen nie en tweedens as dit donker word mag daar niemand op die strand wees nie, so dit sou nie laat aanhou nie. Hier is so 'n paar foto's
Daar is ernstig volleyball gespeel. Nelmari moes natuurlik uitsit vanwee die knie, maar hier wys Minri en Jessica vir die manne presies hoe dit gedoen word.
Van die kinders in die water. Daar is tot sonsondergang geswem, gelukkig is die water nou al weer lekker warm.
Dis koud as mens uit die warm water kom lyk dit vir my. Die foto is geneem voordat hulle die kamera gesien het .... daarna het hulle soos krappe agteruitgeloop.
Hier is meer van hulle besig om die bal rond te slaan.
Minri vat 'n ruskansie op een van die klein kinder speelgoed.Etenstyd en tyd vir hamburgers en boereworsrolletjies. Ek sien een ou wat hou van bokkos....of dalk spoeg hy dit uit?
Waatlemoen eet was volgende. Wat beplan Evan? Die SA kinders (5 van hulle) het presies geweet wat mens met 'n waatlemoenskyf maak nadat dit geeet is, en hulle het die ander gou ingelig.
Nelmari slaan die eerste slag met Ivana terwyl Jessica help.
Maar hulle kry haar gou terug. Drie teen een klink nie regverdig nie. Die taai klomp het daarna weer gaan swem.
Nelmari, Minri en Jessica vir 'n slag nie op die sokker, volleyball of basketbal baan nie. Dankie tog die partytjie is verby.

No comments: