Tuesday, April 8

Skoonheidskompetisie in die woestyn

Met hulle lang bene loop hulle die "catwalk" al in die rondte vir die beoordeelaars om hulle goed deur te kyk. Koppe omhoog om hulle bou en blink versierings ten beste te laat vertoon. Is dit skoonheidskompetisie met modelle? ..... nee dis kamele! Verlede week tydens die Kameel Festival wat buite Abu Dhabi plaasgevind het, het kamele van oral oor deelgeneem aan die kompetisie om die mooiste kameel in die Midde Ooste te kies.
Dit was 'n feestelike geleentheid met die duine wat toegapak was met tente en "krale" orals. En vir sewe dae het eienaars met hulle kamele daar uitgekamp. Elkeen met die hoop om pryse ter waarde van Dh35 miljoen en 100 4X4 te wen. Deesdae ry die Bedoune met 4X4's agter hulle troppe aan. Een ou het al die pad van Saudi gekom om sy drie donker kamele in die Majahim (donker vel) kompetisie in te skryf. Nog 'n ander man van Saudi het 20 kamele gebring ook met donker kamele. Blykbaar hoe donker hoe beter en as hulle nog 'n groot kop, lang nek en ore in proposie het, dan is dit regtig 'n goeie kameel.
'n Ander kameel met die naam van Soghan is 8vt lank met 'n stert wat soos 'n leeu se maanhare lyk en die res van sy soos die leeu se kleur. Hy is 'n Asayel (opreg) met 'n lang stamboom. Blykbaar is kamele soos hy ook skaars aangesien daar deesdae baie Omanie en Sudanese kamele gekruis word vir vinnige renkamele. Hy het volgens die eienaar vol wange, lang nek en reguit bo-bene. 'n Goeie kandidaat vir 'n wenner.Die kompetisie is nog nie klaar nie, so ek weet nie wie was die wenner nie, maar dit sal net die ouens wees om so iets met sulke groot pryse te hou. Vir my is die kameel se oe die mooiste en lyk nie asof dit punte tel nie.

3 comments:

Anonymous said...

Dis 'n baie kosbare blog maat. Ek hou die spasie dop om te sien wie die wenner is... ai, wat sal hulle nog uitdink?!?!? :-)Charmaine

Anonymous said...

Ek dink maybelene maak baie geld met hierdie kompetiese want daardie kamele het darem regtig long lashes!

Anonymous said...

Ek's net so nuuskierig om te weet wie gewen het.
Ek's beindruk met jou kennis seun