Thursday, April 10

Het sy nie groot geword nie?

Jinne ek .het lank laas foto's van Emily geplaas en in die tydjie het sy omtrent groot geword, vol nuwe dingetjies en woorde. Verlede week het sy een middag weer kom kuier en natuurlik moes ons die meeste uit die kuiertjie kry. En kyk net hoe pragtig het sy geword.

Ek kyk mooi vir die kamera
Pixie laat toe dat Emily haar vryf terwyl Nelmari ogie hou
Na die gespeel is sy honger en sy gaan help haarself in haar sak
Die kos smaak lekker
Dan kry Pixie weer aandag
Raai wat het ek geeet?
Toe Marina opdaag gaan ons almal Chinese eet. Emily kleur soet 'n prentjie in
Die restaurant het lekker sap, veral mamma s'n
Nelmari help met die inkleur en lyk my sy geniet dit net so
Dan is dit kostyd en Emily geniet veral die noedels.

No comments: