Ek weet nie baie van Afghanistan af nie, behalwe dit wat ek in die koerante lees en oor die televisie sien. Nie goeie goed nie, en 'n plek waarnatoe mens nie sommer sal gaan nie, nie uit vrye keuse in elke geval nie. Verlede week was Eddie daar vir 'n paar dae vir werk en ek deel graag 'n paar foto's met julle.
Kabul is gelee tussen berge en die Kabulrivier en is meer as 3000 jaar oud. Dis sommer oud as mens dink aan Abu Dhabi wat 36 is.
Hier staan die ou en uitkyk by sy blyplek wat 'n baie mooi moderne gebou is.
'n Baie mooi foto van die Qargha lake waar hulle bietjie gaan rondkyk het. Ek dink mens kan die oorlog nog in die land sien, maar daar is baie goeie dinge wat ook gebeur en dis 'n baie mooi plek ....miskien eendag sal dit 'n gewilde plek word om te besoek ....wie weet .... niks is onmoontlik nie.
(As julle die foto's dubbelkliek dan maak dit mooi groot oop sodat julle die prentjie beter kan sien) Ek wys volgende ander foto's van die dorp.
1 comment:
TUSSEN DIE HARTSEER EN OORLOG IS DIT TOG 'N STAD MET SY EIE MOOI IN OF HOE?
HIERDIE TIEPE BROKKIES WAT JY SO OP SIT OOR ANDER PLEKKE MET BIETJIE AGTERGROND VAN DIE STAD IS BAIE LEKKER OM TE LEES,EN NET GENOEG INLIGTING OM MENS SE BREIN TE PRIKKEL.
DANKIE DAT JUL DIE MOOI IN JUL LEWE MET SO BAIE VAN ONS DEEL.
MARIETTE
Post a Comment