Showing posts with label Kabul. Show all posts
Showing posts with label Kabul. Show all posts

Thursday, April 24

My Saterdae

Die van julle wat my ken, weet dat Saterdae die meisies se mall/fliek oggende is. Ons kry nie altyd tyd om beide te doen nie, maar 'n vinnige in-en-uit in Carrefor of Lulu vir 'n paar goedjies en 'n lekker fliek is meestal waaruit ons Saterdagoggende bestaan. Met die loer deur die foto's van Afghanistan besef mens weer dat ons baie bevoorreg is om die Saterdagoggende te he, want wat sou ons doen, sou ons bv in Kabul gebly het op 'n Saterdag ....
Sou ons kon skoene koop ..... alhoewel dit tweedehand en klaar uitgetrap sal wees.
Die lywe pas nie meer regtig in denims nie, maar sou ons wou is denims wat ingedra is beskikbaar
Ons sou nie so hoef aangetrek het nie, maar 'n drinkdingetjie by die stalletjie is moontlik ipv Chocholat
Nou nie 'n foodcourt nie (alhoewel ons dit nie regtig ondersteun nie), maar dalkies KFC vir middagete
Of Pizza's ipv Bielle of FudruckersEn die Pretzelwinkel of Nacho's sou moes plekmaak vir lekker plat kaasbrode

Ek sou defnitief nie die straatmark aandurf met die heuwels nie en liewers maar ...
gaan fliek by Cinema Park soos elke Saterdag .... as daar 'n fliek wys.



Die mans kan gaan gholfspeel op Kabul se baan

Nie halfpad so sanderig soos Abu Dhabi se baan nie

En die ou kindertjies ...... wel tussen alles is daar 'n groen kolletjie gras om op te speel. Wat sal mense tussen al die vervalle, "motiveer" om met soveel moeite hulle plekkie groen te maak?

Wednesday, April 23

Daar is mooi in Kabul

Ek weet nie baie van Afghanistan af nie, behalwe dit wat ek in die koerante lees en oor die televisie sien. Nie goeie goed nie, en 'n plek waarnatoe mens nie sommer sal gaan nie, nie uit vrye keuse in elke geval nie. Verlede week was Eddie daar vir 'n paar dae vir werk en ek deel graag 'n paar foto's met julle.
Die dorpie Kabul uit die vliegtuigvenster geneem. Lyk taamlik groot. Kabul is die hoofstad van Afghanistan en ook die grootste stad in die land.Met ons sommer sterk aan die optel dink ek nie die ou was voorberei op die koue sneeuberge nie. My kop is maar plat en ek het regtig gedink omdat dit 2 uur vlug van hieraf is, is die weer ook min of meer dieselfde.

Kabul is gelee tussen berge en die Kabulrivier en is meer as 3000 jaar oud. Dis sommer oud as mens dink aan Abu Dhabi wat 36 is.

Klink deur die eeue/jare heen was oorlog van 'n soort altyd deel van die land, maar sedert 1979 was alles op die afdraend. Ambassades het toegemaak en teen 1992 het alles tot 'n halt gekom. Publieke vervoer, elektrisiteit ens. was nie bestaande. As mens so na die plekke kyk sien jy die arm en sukkel.
MAAR sedert 2003 is alles aan die verander en begin Afghanistan so stadig sy kop optel. Nuwe geboue en sentrums word orals opgerig en groot handelaars maak weer besighede daar oop.

Wat vir my persoonlik nice was om te sien was die skole wat weer in volle werking is en dat die dogters ook skooltoe gaan. Hierdie foto het Eddie vanuit sy kamervenster geneem, met die skool oor die pad.Elders in die dorp is daar nog tente wat eers as skoolklaskamers gedien het, terwyl hulle die skole ge/her bou het.

Hier staan die ou en uitkyk by sy blyplek wat 'n baie mooi moderne gebou is.
'n Baie mooi foto van die Qargha lake waar hulle bietjie gaan rondkyk het. Ek dink mens kan die oorlog nog in die land sien, maar daar is baie goeie dinge wat ook gebeur en dis 'n baie mooi plek ....miskien eendag sal dit 'n gewilde plek word om te besoek ....wie weet .... niks is onmoontlik nie.

(As julle die foto's dubbelkliek dan maak dit mooi groot oop sodat julle die prentjie beter kan sien) Ek wys volgende ander foto's van die dorp.