Showing posts with label Liwa. Show all posts
Showing posts with label Liwa. Show all posts

Friday, November 30

So boer jy in die woestyn

Met die onlangse retreat in die Liwa woestyn het ons 'n kansie gehad om 'n foto of twee van die plase daar te neem.   Liwa is op die randjie van die Rub' Al Khali woestyn en grens aan Saudi. Dadelplase is hulle bron van inkomste  Ek lees ook dat die oase die geboorteplek van die heersende families van Dubai en Abu Dhabi voordat hulle in 1793 hulle huise Abu Dhabi (Al Ain) toe geskuif het.
DSC_0512
 
Mens kan mooi sien waar elke plasie is met die groen so tussen die duine. 
 
DSC_0514
 
Hier kan daar defnitief nie staatgemaak word op reen nie, en word die water aangele. 
DSC_0515
 
En so ver die oog kan sien, sien mens duin op duin.  Kuier by die buurplaas kan nogal 'n misie wees.
DSC_0518
 
Die bome wat so om die "lande" geplant is, help so bietjie om die sand uit te hou :-).  Kan julle dink wat 'n sandstorm aan die oes kan doen? 
 
DSC_0519
 
Die regering doen baie vir die boere, help ook met die aanle van water en in die eerste paar jaar het hulle ook die waarborg gehad dat die regering hulle oes sal koop.
 
Ek dink nie dis maklik om so te boer nie, maar dit maak 'n mooi prentjie om af te neem.


Saturday, November 3

Woestyn...oase....woestyn....

So 'n week terug was dit tyd vir ons maandelikse uitreik kerkdiens in Ruwais/Ghiyati en sommer ook 'n geleentheid om 'n terrein te soek vir die vroue retreat later in November.  Dit het beteken ons moes ry in die rigting van Liwa en alhoewel ek jare terug ook daar was, was dit weereens 'n ongelooflike ervaring om so deur die woestyn te ry. 
131208176_m0OjfVSF_IMG_0236mEmptyQuarterinLiwaDesertUAE

Die woestyn hier is verskriklik mooi want die duine is regtig allerhande kleure.

131566275_iHc5M2iJ_DMCZS3_P1080517mDesertcampling
En natuurlik het ons so baie kamele gesien.  Lanklaas soveel swart kamele bymekaar gesien. Het hier gedink aan 'n ou blogvriendin wat so dol oor kamele was.

131245456_cTtZmwSJ_IMG_0199CamelcampLiwadesertUAE

Orals was sulke kampies waar kamele gestaan het, met tente waar die "eienaars" kuier.  Ek weet dit was nie die arbeiders nie, want die 4x4's het langs die tente gestaan.  Dis gedurende hierdie saamtrekke wat kamele oor en weer verkoop en gekoop word. Met die swart kamele baie meer waardevol as die waaraan ons gewoond is.

En mens hoef nie te wonder hoekom nie, want sommer naby is die kameelresiesbaan.   
DSC_0305

Daar was nie 'n wedren aan die gang nie, maar heelwat eienaars het hulle kamele geoefen.  
DSC_0316

Die eienaar se kamele oefen gewoonlik in 'n trop met 'n "handler" wat hulle deur hulle oefening stappe   neem.  
DSC_0326

Belangrik en snaaks is die eienaar wat aan die binnekant van die baan saamry met sy motor en bevele uitskree ...   
20

Vroeer jare het 'n jokkie die kamele laat oefen, maar deesdae gebruik hulle 'n radiobeheerde "swepie" op die kameel se rug wat hulle aanjaag.  Julle kan gerus onder by die label gaan kyk na "kamele" waar ek voorheen hieroor geskryf  het.  Die foto is van 'n vorige inskrywing.  

So tussendeur die kamele het ons ook 'n retreat-plek gekry en toe ons eintlik wegry van Liwa kon mens die kontras tussen die "woestyn" en die "oase" baie duidelik sien.   
DSC_0339

Kyk net hoe groen is dit in die dorp wat in die diep-woestyn le.   
DSC_0342

En dieselfde pad net 'n entjie verder... hier kom die woestyn weer. 

Wednesday, July 22

Ander dinge ook by die fees

Soos ek reeds gese het is die doel van die dadelfees om oa die dadels van die land te bemark en die mense aan te moedig om dit wat eie is aan die land te bevorder en te bemark. Alhoewel die ouens op Farmtown die palmbome net as versierings gebruik :-), het hierdie ouens 'n gebruik vir die hele boom en nie net die dadels nie. In een van die tentsale was daar klomp stalletjies en alhoewel dit almal dieselfde gelyk het, het elkeen op sy manier gewys wat hulle met palmtakke, en blare ook kan maak. Van die interessante produkte was natuurlik mandjies, waaiers (vir watter hitte?), plekmatjies, stoele, staanders, sandale/pantoffels en huisies wat pophuise of voeltjie-huisies kan wees.

Page3_0


Natuurlik het ons "shopper" van die dorp seker gemaak sy koop 'n produk of drie. Maat beslis sal daai dadelbolletjies in klapper veilig wees by my. Daar was ook 'n kompetisie waar kinders/volwassenes skaalmodelle moes maak om tradisies van die land uit te beeld en hier het ons nogal 'n tydjie vertoef en gekyk.


Page2_0

Kyk tot die koffiekannetjies lyk soos regtes. Die foto onder regs beeld 'n skool uit waar die kinders die koran leer en kyk hoe mooi sit die poppe met die witrokke eenkant van die poppies met die swart. Nelmari het onmiddelik opgemerk dit lyk soos Aisa (hulle skool waar seuns en dogters nog steeds apart skoolgaan).


Page1_0

Hier beloer Charmaine en Nelmari van die uitstallings. Die uitstalling bo in die hoek was een wat die moderne en oudtydse deel met 'n brug in die middel uitbeeld. My storietjie is amper klaar maar ek moet gou vertel van die badkamer geriewe. In 'n tent in die woestyn kan dit nie te great wees nie. Na lang soektog kry ons een net om weggewys te word met die woorde "toilet finish". Met groot nood kan mens nie regtig dink nie, maar later het die lig aangegaan en ons het besef dat die watertenk leeg is en die toilette nie kan spoel nie.


Page4_0

Daar was ook 'n groot tent waar die kinders kon speel. Allesia het Nelmari lekker besig gehou op die springkasteel en daai klein Arabiertjie met sy tradisionele klere was te oulik. Die gewilde arabiese kinder tv karakters waarvan ek al vertel het, was ook daar om die stout arabiertjies te probeer besig hou.


Page1


Aangesteek deur my shoppersvriendin het ek vir my 'n regte weduwee-kruik gekoop wat water lekker kan koud hou. Kyk net die mooi skepbeker wat daarmee saamkom. Die dadels het ek vandag vir jou gekoop Ronelle, en ons sal dit vinnig by jou moet kry want Dawn hou ook daarvan :-).

Tuesday, July 21

Dadelfees in Liwa

Eers moet ek vir die ouens wat nie weet nie, se “ek eet nie dadels nie”. Die naaste wat ek aan ‘n dadel kom is wanneer ek ‘n snytjie dadelbrood met dik botter op sal eet. So skoon of selfs opgedollie met sjokolade en neute vat ek nie aan dadels nie. Dus was daar ‘n wenkbrou of twee gelig toe ek se ek wil gaan kyk wat by die dadelfees gebeur. Dit is die 5de dadelfees wat gehou is in Liwa deur die Abu Dhabi Culture & Heritage komitee met die doel om die “heritage” van Abu Dhabi te probeer behou.

Page1

Ek moet eers vir julle vertel dat Liwa Oasis so 150 km van Abu Dhabi is op die noordelike grens van dike Rub Al Khali woestyn. Daar is so rondom 50 klein nedersettings oor ‘n afstand van 100 km. Ry mens verby die Muzayri oasis is jy lekker reg binne in die woestyn. Dit word ook die “empty quarter” genoem en is reg langs die grens van Saudi. Terloops as jy sou wou kan mens daardie grens of duin oorsteek, aangesien daar geen grenspos is nie. Ek wat nog altyd gedink het die heerser-familie kom van Al Ain het nou geleer dat die Liwa Oasis die geboorteplek van die oorspronklike heerser-familie van Abu Dhabi en Dubai is en in 1793 het die Al Nahyans eers hulle huis van Liwa af geskuif Abu Dhabi toe.

Page2

Die terrein/tente is spesiaal vir die geleentheid opgeslaan en anders as by ons huis op die oomblik, het hulle lekker aircon. En orals is net dadels en dadels en nogmaals dadels. Ek kry ook kans om met een van die arabiere te gesels oor die verskillende soorte en hy vertel my van die Khalas, Saqi, Majdoul, Fardh, Barhi en Dabbas dadels en watter een nou die lekkerste smaak. En ek het gedog dis almal sleg. Een van die hoofdoele van die fees is om die kultur van die palmbome en dadels te laat “herleef” en dadelkwekers kan hulle dadels inskryf vir die kompetisie. Vir die eerste keer kon die mense die dadels wat ingeskryf is ook proe. Die Arabiere voel in die gesig gevat as mens nie ‘n “geskenk” – in hierdie geval dadels vat en dit eet nie en ek het al my wegsteek vernuf moes gebruik dat hulle nie sien ek vat en bere dit om later vir Nelmari, Eddie of Charmaine te gee nie. Die koekies het ek darem geeet so al rondom die binneste dadelstuk :-)

. Page3

Met ons besoek was daar reeds 57 dadelboere wat ingeskryf het vir die eerste kompetisie wat hulle “Bou Maan” noem. In elke kategorie sal daar 15 wenners aangewys word. Die eerste drie plekke in elke kategorie sal elkeen ‘n 4x4 landcruiser wen en die res van die deelnemers sal ‘n bedrag van dhs3.5 miljoen deel. Daar is vyf kategoriee en dus 15 Landcruisers wat wag om ‘n baas te kry. Hulle staan buite die tent met groot strikke om en wag – laaste foto.


Page4

As ek nou my eie storie in die rede kan val. Mens ry 3+ uur vanaf Abu Dhabi soontoe en nog langer vanaf Dubai. So kom Charmaine se broer en sy gesin ook deur om die festival by te woon en arriveer so 11 uur waar hulle voorgekeer word saam met ander deur sekuriteit – een of ander royal kom besoek en hulle moet maar 4 uur terug kom – kan jy dit glo!

Page5

Ons het gewonder hoekom die mense by die ingang voorgekeur word, maar op ‘n manier het ons verby geglip en ingekom. Miskien met al die kameras het hulle gedink ons is van die pers :-). Hierdie ouens voel net niks vir niemand nie en as die royals kom, moet almal spring. Ons het so saam-saam met die belangrike gas die uitstallings bekyk sonder om in sy pad te wees :-).

Dis nie al wat daar gebeur het nie, ek vertel later.

Lekker dag..