Showing posts with label katte Nelmari. Show all posts
Showing posts with label katte Nelmari. Show all posts

Wednesday, November 10

Lekker saam met die jongmense

Het julle mos vertel van die nuwe kampterrein wat ons wil uitprobeer en die afgelope naweek was dit sulke tyd. 'n Paar tieners en jong mense het saamgegaan om te gaan perdry in die woestyn.

74555_453140942927_533407927_5366152_3387786_n

Weereens was ons opgewonde om die mooi terrein te besoek, dis regtig soos 'n oase en veral die jongmense kon nie genoeg foto's neem nie.

Page5_0

Reg in die woestyn maar met genoeg groen rondom mens - mens moet net onthou hier in die woestyn beteken skaduwees nie noodwendig koelte nie.

Page1

Met die kamele wat rustig aandete eet, begin die tieners regkry om met sonsondergang te gaan perdry. Elriza wat veel korter as hulle is, maak seker die "pette" is stewig vas.

Page2

Die sonsak en daar gaan hulle.

Page3

Met die terugkom het die kamele klaar geeet en toe kom hulle vir aandag Het die klomp jongmense dit geniet?! Hulle vryf sommer hulle koppie so in die kinders se nek in.

Page4_0

Daar is soveel mooi ligte orals op die terrein en ons kon nie wag dat dit moet aangaan nie.

Page4

Alles is verlig en die tente word opgeslaan vir die aand. Met die son wat so warm bak, kan mens nie die tente op die gras opgeslaan hou nie, so ons kon dit slegs vir die duur van die aand doen.

Page5

Daar is lekker vuur gemaak en gebraai en toe is dit tyd vir boeresport. Jonk en ouer het saamgespeel.

Page6

Toe weer terug vuur toe vir marshmallow braai, sing en bietjie gesels.

Page7

Laat die nag of vroeg die oggend het die jongmense nogsteeds met die kamele gekuier en die jonger klomp het gesingstar net om baie vroeg met sonopkoms reg te maak vir die sonsopkoms-rit. Ons almal het dit regtig geniet. Bietjie styf van deur die duine loop die heeltyd (sand is beslis goeie oefening).

Page6_0

Loer gou hier na die kombuis waar die stowe nog toegedraai is - en dit nou soveel gaan kos om dit te diens en laat werk dat die goedkoper is om dit met nuwes te vervang. En die verhoog wat al die nuutste tegnologie en toerusting het wat enige event maar van kan droom. Foto onder regs is van die "losies" waar mense kan sit en kyk na die opvoering of konsert.

Page8

Met al die kinders oppad huis toe het ons gou gaan hallo se vir die diere op die plaaswerf wat net so lief is vir aandag.

Ek het natuurlik nou net Nelmari en Elriza se foto's geplaas, maar as julle van die ander gebeure wil sien, gaan loer op ons kindergroepblad hier.

Julle het nog 'n dag om te gaan, maar ons naweek begin en daar is groot planne !!!! Sal julle vertel!

Liefde

Sunday, August 30

Hoera!!!! Die skole begin!!!

Vandag voel dit soos net 'n tydjie terug wat ek gese het 79 vakansiedae om te gaan!?! Uiteindelik amptelik het die skool weer vandag begin .... ook maar ampertjies nie. Met Ramadan wat tans aan die gang is, was daar 'n regeringsbesluit dat die skole toe moet wees tot na Ramadan en Eid, nog 30 dae ekstra!!! Gelukkig is Nelmari in 'n privaat skool en kon hulle normaal begin, kan julle net dink hoe vang 'n onderwyser 'n hele maand se werk op nog voordat jy begin het? Alhoewel James 'n paar maande terug tydelik by die skool begin het, is dit ook vandag amptelik sy "eerste" skooldag op die nuwe kontrak en die twee lyk baie bly om skool toe te gaan. (die fotograaf is net so bly!) Is die man nie gelukkig om so informeel aan te trek "werk" toe nie? Nelmari wou 'n uur voor skool reeds daar wees sodat sy eerste kan wees!!! Dit het my weer laat dink aan die normale probleem wat ouers het om te bepaal hoeveel is die sakgeld vir die nuwe jaar. Ek weet nie hoeveel sakgeld nou is nie en die lewenskoste is deesdae duur. Ja ek weet daar is ouens wat sal se dis goedkoop daar by julle. In sekere gevalle moet ek saamstem. Vir dhs 10 (R21) kan ek al hierdie koeldrank koop en ek neem aan dis sal bietjie meer kos by die huis nou, so dis goedkoper?!? My tenk brandstof vanoggend voor skool was dhs 60 (R120), en hy was leeg is nie te sleg as mens die pryse by die huis vergelyk, maar is dit alles regtig goedkoper hier?! Vleis kan enigiets van dhs47 (R96) per kg kos en party groentes is iets ysliks hier. Dit beinvloed natuurlik nie sakgeld nie, maar 'n fliekkaartjie van dhs30 (R62) kan 'n groot uitgawe wees. En lekkergoed. Verlede week het ek 'n interessante pakkie chips gesien wat ek wou he sy moes proe en omdat chips gewoonlik vanaf 50 fils (R1) kos, was ek nie bekommerd om dit te vat nie ......... maar toe dit by die betaalslag kom, kos dit n hele dhs10 (R21) vir 'n pakkie chips!!!! Genadiglik was hulle nie te beindruk met die nuwe smaak nie.
Ek gorrel baie en my kop is besig maar dit los nog steeds nie die probleem op nie, hoeveel sakgeld is "tiener-markverwant" en kan dit my baat!?

As ek dit weet kan ek my volgende probleem aanpak. My dogter wat glad nie sakgeld wil he nie - sy weier, se dis beter as ek vir alles betaal. Hoe draai ek dit om?
ns Ons was weer die naweek by 'n paar kinderbedienigspunte met ons Poppekas en sluit vanaand af in Al Ain - gaan loer gerus na die kinders se gesiggies op die kindergroepblog.

'n Geseende Sondag vir julle

Thursday, August 20

Diere en ander dinge

Die laaste paar dae was lekker besig en is dit nie snaaks hoe besiger mens raak hoe minder het jy om te vertel? Die weer is nog steeds warm (darem net lae 40'tigs nou) maar die humiditeit is in die omgewing van 70+% wat die neem van foto's maar moeilik maak. Ten minste het ons nou weer a/c in die huis, so dit is goed. Ons het bietjie weer by die Braziliaanse restaurant gaan eet en hierdie is die uitsig. Mens kan jou half verbeel dis mistig en koud buite .... tot jy dit natuurlik buite waag. Nelmari se vakansie raak ook minder en die sportspanne het begin oefen wat darem ook help. Intussen probeer sy nog straatkatte mak maak. Mariette dis Furby se sussie :-). Sy's regtig goed met diere en ek weet nie wat sy hier probeer doen nie, dalk vir Luie wys hoe bedel mens vir kossies. Ons gemmerkat het ook groot geword en sy is nou ampertjies heeltemal "mens" - sy gebruik haar groot agterpote om regop te bly. En nie net vir kort tydjies nie, as sy moeg raak gaan sit sy effens op haar hurke :-). Boks en speelgoed in die lug gooi is haar spesialiteit. Omdat sy so naby Luie groot geword het, vermoed ons sy dink sy's 'n hond want sy waai haar stert soos 'n hond as sy bly is en dan natuurlik fetch sy en bring haar speelgoed nader as niemand met haar wil speel nie. Fetch was egter nog altyd deel van ons katte ... maar die stert ding is nogal snaaks.
'n Besige naweek wat voorle, julle moet ook lekker naweek hou!