Showing posts with label kampterrein. Show all posts
Showing posts with label kampterrein. Show all posts

Wednesday, November 10

Lekker saam met die jongmense

Het julle mos vertel van die nuwe kampterrein wat ons wil uitprobeer en die afgelope naweek was dit sulke tyd. 'n Paar tieners en jong mense het saamgegaan om te gaan perdry in die woestyn.

74555_453140942927_533407927_5366152_3387786_n

Weereens was ons opgewonde om die mooi terrein te besoek, dis regtig soos 'n oase en veral die jongmense kon nie genoeg foto's neem nie.

Page5_0

Reg in die woestyn maar met genoeg groen rondom mens - mens moet net onthou hier in die woestyn beteken skaduwees nie noodwendig koelte nie.

Page1

Met die kamele wat rustig aandete eet, begin die tieners regkry om met sonsondergang te gaan perdry. Elriza wat veel korter as hulle is, maak seker die "pette" is stewig vas.

Page2

Die sonsak en daar gaan hulle.

Page3

Met die terugkom het die kamele klaar geeet en toe kom hulle vir aandag Het die klomp jongmense dit geniet?! Hulle vryf sommer hulle koppie so in die kinders se nek in.

Page4_0

Daar is soveel mooi ligte orals op die terrein en ons kon nie wag dat dit moet aangaan nie.

Page4

Alles is verlig en die tente word opgeslaan vir die aand. Met die son wat so warm bak, kan mens nie die tente op die gras opgeslaan hou nie, so ons kon dit slegs vir die duur van die aand doen.

Page5

Daar is lekker vuur gemaak en gebraai en toe is dit tyd vir boeresport. Jonk en ouer het saamgespeel.

Page6

Toe weer terug vuur toe vir marshmallow braai, sing en bietjie gesels.

Page7

Laat die nag of vroeg die oggend het die jongmense nogsteeds met die kamele gekuier en die jonger klomp het gesingstar net om baie vroeg met sonopkoms reg te maak vir die sonsopkoms-rit. Ons almal het dit regtig geniet. Bietjie styf van deur die duine loop die heeltyd (sand is beslis goeie oefening).

Page6_0

Loer gou hier na die kombuis waar die stowe nog toegedraai is - en dit nou soveel gaan kos om dit te diens en laat werk dat die goedkoper is om dit met nuwes te vervang. En die verhoog wat al die nuutste tegnologie en toerusting het wat enige event maar van kan droom. Foto onder regs is van die "losies" waar mense kan sit en kyk na die opvoering of konsert.

Page8

Met al die kinders oppad huis toe het ons gou gaan hallo se vir die diere op die plaaswerf wat net so lief is vir aandag.

Ek het natuurlik nou net Nelmari en Elriza se foto's geplaas, maar as julle van die ander gebeure wil sien, gaan loer op ons kindergroepblad hier.

Julle het nog 'n dag om te gaan, maar ons naweek begin en daar is groot planne !!!! Sal julle vertel!

Liefde

Tuesday, October 5

Lekker uitdaging

Kyk daar is baie dinge wat ek mis by die huis en elke jaar as ons begin beplan aan die jeugkamp, dan verlaaaaaang ek na die keuses van kampterreine by die huis. Die bome, koeltes, geriewe, ens. ens. Vanjaar wou ons afskop vir iets anders en soos dit altyd is, stuur Pa vir ons op die regte tyd in die regte rigting. Met al die kampgoetertjies so rondom my, maak ek epos oop en daar is 'n brief of te vertel van 'n nuwe terrein wat hierdie maand oopmaak.

DSC_0171

Natuurlik moes ons gaan kyk. Wat ons heel eerste amper kan laat vergeet van die hitte is die "oases" met die bome en die kamele wat so rustig staan en eet en kuier. Klim mens uit, dan voel jy natuurlik die hitte, maar een van die kamele is hans en nuuskierig en kom loer gou wat ons maak.

DSC_0173

Met die gras wat so droog lyk, kan mens sommer die hitte op die foto voel. Orals is sulke lampe wat hang en ons begin opgewonde raak oor die prentjie in die aand.

DSC_0182

Hier is nog oorspronklike bouwerk (deel van 'n hekwag) tussen die duine.

DSC_0179

En heeltyd word mens dopgehou ...

DSC_0183

Hierdie geboue is 'n tyd terug gebou vir een of ander rede, gebruik en die laaste twee jaar staan dit ongebruik - totdat iemand die blink idee gekry het om die terrein te ontwikkel vir oa kampe.

DSC_0186

Daar is ook plaasdiere soos eende, bokke en donkies wat meer as gelukkig is om hope aandag en koppie krappe te kry. Ek kan net dink hoe die kleiner kinders en grotes dit gaan geniet om met die diere te kuier

. DSC_0188

Orals tussen die oase is die watervoortjies en hierdie hond wys dat in die hitte is dit eintlik die plek om te loop.

DSC_0187

Wanneer ons stilstaan en gesels, wag hy ook maar liewers in die water dat sy pote nie brand nie.

DSC_0190

Ons het sommer half besluit dat die stukkie gras die plek is waar ons sal tente opslaan. DSC_0201

Die kinders soek 'n bietjie tentkamp en hulle het gese dit maak nie saak van geriewe nie, maar 'n spoeltoilet of ses en warm water gaan darem help om die sand uit die ore en voete te kry.

DSC_0204

Die binnekant van die gebou wat nog steeds ook buitekant is. :-)

DSC_0207

Hier kan julle sien wat ek bedoel, mens gaan binne deur die deur om buite te wees

DSC_0209

Die klein eetkamer waar ek seker is daar lekker gekuier gaan word. Hier is 'n groot toegeruste kombuis met yslike stowe wat die laaste paar jaar nog in plastiek staan. Kan julle gou dat hulle so geld kan mors.

DSC_0210

En hope perde .... deel van die kamp gaan ook 'n sonsopkoms en ondergang perderit wees. Daar is ook nog behalwe baie duine en sand 'n heerlike beskutte kampvuurarea waar daar lekker gekuier en gesing gaan word.

DSC_0212

Nou nie die geriewe wat ons by die huis het nie, maar beslis 'n kamp vir 'n nuwe avontuur. Sal julle na die kamp in November bietjie wys hoe lyk die terrein met jongmense op!

Mooi bly