Friday, November 20

Welkom kleinman

'n Nuwe klein seuntjie is Woensdag die 18de gebore!

Julle ken almal vir klein Emily wat gereeld ook hier op die blog kuier en sy's baie opgemaak met haar nuwe boetie Dante.

Die mannetjie het 3.06 kg geweeg en beloer al klaar die wereld rondom hom. Hy laat sy mamma rondstaan met 'n eetlus soos min.
Baie geluk mamma Marina, pappa Salvador en sussie Emily met hierdie kleinman. Ons wens vir hom net alles wat mooi is. Mag hulle en julle vir mekaar net vreugde op vreugde bring!

En onthou die "Abu Dhabi-ouma's" kan nie wag om hom op te pas nie.

Liefde

7 comments:

nikita said...

Baie cute foto-montage wat hy hier het! Pasgeborenes is altyd cute, maar so klein.

Nelmari said...

Ag...he is too cute!! Can't wait to see him in person :D

Mariette said...

Ag te sweet. Geluk julle

Sandra said...

Ja Nikita nie een van myne was ooit so klein nie, maar dis wonderlik dat maak nie saak hoe groot hulle is, hulle is so perfek.

Sommer gou-gou sussie. Hy sal vinnig in jou hart kruip.

Hy is baie sweet Mariette.

Charmaine said...

Dis 'n pragtige ou seuntjie wat reeds diep in my hart ingekruip het.

Thea said...

Ag sweet!! Ek stem saam, hulle kruip vreeslik vinnig diep in mens se hart in. Hulle word net hopeloos te vinnig groot.

Sandra said...

Nog een om lekker te bederf ne maat?! :-)

Dis so waar Thea, maar ons sal hom maar opspeel voor dan :-)