Saturday, May 9

Juwele, feetjies en sjokolade

Die afgelope naweek kon ons weer 'n bietjie saam met ons "Abu Dhabi kleinkinders" kuier en ons ontmoet mekaar vir ontbyt by die mall .... hoe dan anders .... hulle moet leer! Daar word groot bekers tee weggeslaan en ons eet baie lekker aan 'n "old granny's breakfast" (roereier met roosterbrood en konfyt). Dan moet ons gaan juwele koop, want dogtertjies moet juwele he en ons rus 'n bietjie om op te tof. Hier is nou nie tuine wat feetjies in het nie, so ons leer van met feetjies speel met lekker felt feetjies wat mens aan kan trek. Emily veral was mal daaroor terwyl Jenny die juwele geniet het. Met al die speel en "aantrek" is ons ou tannies dors vir tee en die kleintjies kry 'n kitty-pannekoek. Gou-gou word die vingertjies deur die sjokolade en room getrek en afgelek. Die waarnemende oumas keer net dat die sjokolade nie op die klere kom sodat die mammas kan sien nie :-). Weereens dankie vir die mammas dat ons met hulle kon kuier. Ons het dit baie geniet!

15 comments:

Anonymous said...

Eeeeeek!! Ek wil nie snaaks wees nie, maar daai kitty pannekoek lyk na die mees revolting ding ooit!!
Maar die feetjies is baie fraai. Laat weet maar as julle na 'n pirate ook wil kyk! :-)

Sandra said...

Nee man dis net omdat hulle die sjokolade so deurmekaar gekrap het - dis 'n regte pannekoek boenoe. En ja ons soek pirates of prinse ... dis maar skaars hier tussen die feetjies en prinsessies - so stuur hom maar.

Waarneem-oupa-steeds-tussen-die-Taliban said...

Ja, nee!

Verder bly ek tjoepstil.

Thea said...

LOL @ Eddie!!

Ek sien julle leer hulle vreeslik mooi waarnemende Ouma! ;-)

Baie oulike foto'tjies van die tweetjies Sandra!! Hulle lyk opvreetbaar oulik!

Sandra said...

Thea ek wil net weet is daardie 'n "opregte" comment of "tong-in-die-kies" hmmm - dis nou die deel van leer hulle vreeslik mooi :-).

Nimsi se Blog said...

Ag hulle is te skattig die twee poppe!
Ek raak vreeslik broeis deesdae vir n kleinkind... maar ai die Marius... baie baie bang!

Anonymous said...

Sal spoedpos reg wees?

Sandra said...

Jy sal maar met Rassie moet oefen Nimsi :-)

Brawe woorde boendoe :-). Dis reg ek het dit al vantevore ook gedoen, jy kan maar stuur!

Thea said...

Ek terg net Sandra! Al oefen ek nou nie so gereeld soos julle nie, weet ek darem wat om van 2-jariges te verwag. :-) Hulle is soos Nimsi sê, twee poppies!! Pragtig!

As ek nou nie weer kans kry nie, wil ek darem net vir jy en Charmaine 'n baie lekker vakansie toewens! Sterkte met al die laaste reëlings ook!

Sandra said...

Ons geniet hulle vreeslik Thea!

Baie dankie, nog net 2 slapies dan is ons op die vliegtuig en ons sien baie uit daarna.

Anonymous said...

Baie dankie aan die twee Abu Dhabi oumas wat altyd gewillig is om met die kleingoed te kuier en al die bederfies daarby.die fotos is vreeslik cute en die bewoording kolskoot.ek wil net baie dankie se aan julle ons mammas waardeer dit meer as woorde
Liefde Sonia, Gareth & Jennifer

Charmaine said...

Die ander instaan ouma wat ook soos Nims nie kan wag om my eie te he nie het die twee juffers net so geniet. Die mammas is dierbaar om hulle so met ons te deel. Dankie Thea, ons is nou so te se reg om op die vliegtuig te klim, maar ons sal julle verseker op datum hou.

Muriel said...

Alles waarvan ek die meeste hou, Kinders, juwele, feetjies en sjokelade!!! Mmmm en kyk net hoe lekker lyk daai Kitty pannekoek!! *wink*

Sandra julle moet die reis geniet, Pas julself mooi op en neem baie foto's - uhmmm soos dit 'n professionele fotograaf betaam!!

Liefde
x x

Sandra said...

Ons is baie lief vir julle klein meisiekind Sonia so moenie ophou om haar te stuur vir kuertjies nie.

Die oefen met seuntjies is min ne maat?

En kamele, en olifante, en parfuum, en en en en ons besige Muriel :-). Ek self is nie 'n sjokolade en room op pannekoek fan nie, maar die kleintjies het vir Kitty geniet :-).

O ja julle sal baie gereeld 'n update met foto's kry!

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Die tweetjies is sommer op gedollie met daai pragtige juwele!! Hulle lyk te oulik.

Kan nie glo dat die kinders so vinnig groot word nie.

Ons sal defnitief moet plan maak dat die twee oumas 'n dag of twee na die tweeling kyk :-) Ek weet net nie hoe Ouma Sarie gaan voel as sy weet die Abu Dhabi Oumas gee vir haar kindertjies sjokolade as sy dit self nie mag doen nie :-))))

Groetnis
xx