Showing posts with label Dante. Show all posts
Showing posts with label Dante. Show all posts

Wednesday, July 7

Deel van expat wees

Jare terug toe ons in Abu Dhabi aangekom het, het iemand 'n opmerking gemaak wat ek sommer gou-gou as nonsens afgemaak het. Sy het gese "ek maak nie vriende nie, want ons gaan nie vir lank hier wees nie". In hierdie klompie jare het ek alreeds die wonderlikste vriende gemaak wat ongeag waar ons oor die aardbol versprei is/of gaan wees, altyd spesiale vriende sal wees. Die slegte deel is egter dat mens moet totsiens se en omdat ons binnekort op vakansie gaan, het ons eerste groet die naweek geskied.
Page1

Heeltemal sonder om ons "oumas" se toestemming te vra het twee van ons "kleinkinders", Emily en Dante, se ouers besluit om na hulle pappa se land Mexico te trek. Vir oulaas wou ons bietjie tyd saam met hulle spandeer veral omdat ons nog nie vir klein Dante alleen gehad het nie. Ouma Charmaine het gedoen wat sy altyd so goed doen en van hou en dis om die kleingoed te voer - Dante was meer as bereid om te eet. Ek weet nie wie se kos sy so skelmpies eet nie :-)
Page2
En toe was dit swembad toe .... Klein Dante het dit omtrent geniet maar ons "oumas" het 'n probleem opgetel. Elriza het Dante heeltemal vir haarself geannekseer en wou hom glad nie deel nie. Hy het homself gate uit geniet.

Page3

Emily was soos 'n vissie in die water en het weer saam met Nelmari gespeel. Sy het 'n paar keer nadat hulle klaar geswem het, weer teruggekom.

Page4

Dan die "groot" kinders wat net so lekker die water geniet het.

Eers het die man erg gekla toe hy uit die water kom, maar die treintjie wat seepbelle blaas het vinnig sy aandag gevat. Hy het dit ook geniet toe sussie hom 'n drukkie kom gee.

Page6

En so het ons amper vergeet hoe moeg so 'n kleintjie mens kan maak. Hy het sommer so op my bene aan die slaap geraak en toe dit Charmaine se beurt was om hom op die bank op te pas, was sy gou-gou ook in droomland. Toe hy wakker word was dit ene glimlaggies of het hy vir Elriza se manier van kyk of die doek skoon is manier gelag.


Natuurlik moes mens 'n bietjie sjokolade ook eet.

DSC_0110

Vir oulaas 'n foto'jie.

Ons gaan julle baie mis Emily en Dante (en ja mamma en pappa ook), julle moet seblief kontak hou en vir ons gereeld foto's stuur en kom kuier!

Lief vir julle

Wednesday, March 31

Kuier op bestelling

Een van die dae is dit 'n baie spesiale klein dogtertjie se vierde verjaarsdag. Julle wat die blog volg sal al baie van Emily gelees en gesien het.

Page1

Sy en Nelmari moes 'n "vergadering" hou om te besluit watter koek wil sy vir haar verjaarsdag he, want Nelmari gaan dit maak. Die tema gaan defnitief iets met pienk, feetjie of prinses wees. Die keuse tussen 'n kasteel en 'n prinseskoets (ek dink) het in die loop van die dag al om die halfuur verander en nou moet ons maar wag om te sien wat Nelmari uiteindelik gaan maak.

Page2

In November het ek ook vir kleinboetjie Dante aan julle voorgestel, en die vriendelike mannetjie is nou 4 maande oud. Al is hy bietjie siekerig met die aaklige griep wat op die oomblik hier rondhang - en natuurlik help die sandstorms glad nie - was hy vol glimlaggies.

Was lekker gewees om die tweetjies weer te sien - en vir die mamma :-) en sommer een van die dae loop Dante ook soos Emily saam met ons rond.

Mooi bly almal.

Friday, November 20

Welkom kleinman

'n Nuwe klein seuntjie is Woensdag die 18de gebore!

Julle ken almal vir klein Emily wat gereeld ook hier op die blog kuier en sy's baie opgemaak met haar nuwe boetie Dante.

Die mannetjie het 3.06 kg geweeg en beloer al klaar die wereld rondom hom. Hy laat sy mamma rondstaan met 'n eetlus soos min.
Baie geluk mamma Marina, pappa Salvador en sussie Emily met hierdie kleinman. Ons wens vir hom net alles wat mooi is. Mag hulle en julle vir mekaar net vreugde op vreugde bring!

En onthou die "Abu Dhabi-ouma's" kan nie wag om hom op te pas nie.

Liefde