Showing posts with label .William Nelmari. Show all posts
Showing posts with label .William Nelmari. Show all posts

Wednesday, January 15

Kinders en diere

Met die vakansietyd was dit so lekker om die kinders gereeld by die huis te sien.  Die diere en veral Elsie het dit net so geniet om met haar mense sussie en boetie te kuier.

Page3

Daar was baie speel, drukkies en lag.

Page2

Die dag wat Nelmari moes terugvlieg kon mens sien dat Elsie presies geweet het, dis nou groet tyd want daai plooie kan ook hartseer lyk.
DSC_0085

Maar gelukkig het 'n ander maatjie kom kuier en behalwe dat sy sommer sy klere wil aantrek ...  
DSC_0086

Kuier sy lekker want "boetie" William krap lekker magie en gee aandag.

Die huis kan maar stilraak wanneer die kinders weg is, maar die "lee-nes-elsie" hou mens besig en aan die gang - net soos die kinders altyd gedoen het :-).

Saturday, April 14

Laaste skoolvakansie


Met die somer wat die hitte begin opdraai het die kinders se laaste dag van die skoolvakansie aangebreek. Dis sommer William se laaste skoolvakansie vir altyd en hulle het sy gunsteling bordspeletjie gesit en speel - Monopoly! Ja, dis oud en van ons tyd maar dis besigheid en hy hou van koop en verkoop. Hier is William, Nelmari, Selina en Marcel besig om te speel.
Laat ek gou verduidelik. William beplan om eendag op die aandelebeurs rond te speel (dis nog op hierdie stadium terwyl hy reeds miljoene op die internet "skoolbeurs" maak) en sommer gou-gou het hy niks geld gehad nie maar hotelle en huise op al sy eiendom. Hy sal sommer 'n erf van $180 vir $500 by jou koop, net om later die geld terug te kry as jy op sy eiendom land. Hy speel hierdie speletjie soos skaak en kry baie kritiek oor die tyd wat hy op elke gooi spandeer. Hier is die man aan die beplan.

Nou moet Nelmari mooi dink wat sy verder gaan doen en hoeveel sy nodig het om te gooi om verby William se eiendomme te kom.
Selina byt haar lip en dink terwyl sy haar volgende gooi beplan.

Was dit die regte skuif wonder sy.....
Marcel glimlag net, hy het in elk geval niks geld oor nie.

William se bank lyk maar deurmekaar en ongeorganiseerd maar hy maak sy besigheid. Hy het my darem beloof dat hy voor hy 25 is of 'n miljoener gaan wees of vir altyd by ons in die huis gaan bly - weet nie watter een die beste vir ons gaan wees nie.
Ok ouma en ander wat wou weet van die verjaarsdaggeskenk hier is 'n leidraad .... of 'n paar duisend om op die aandelebeurs te speel of dalkies een vir sy nuwe "stokperdjie-versameling" - unieke soorte Monolopy. Ja, ek het ook gedink hulle kom net uit soos wat ons mee grootgeword het .... Hier is die vier wat hy reeds het!

Die nuutste een op die mark (waarvan ons weet) is die een met sy eie bankmasjien en geen kontant geld nie, elkeen kry 'n kredietkaart ... kan julle glo.

Hierdie een is die Monopoly -Wonders of the World en in plaas van die gewone karretjie, vliegtuig, strykyster ens. skuif ons met die "Wonders van die Wêreld".

Die Deluxe uitgawe waar al die karretjies, vliegtuig, ens. in goud is

En die Starwars uitgawe waar die karakters natuurlik van Starwars is.