Friday, August 14

Net 'n klein loertjie

Ek gaan in soveel moeilikheid wees vandag .......

Ter versagting mag dalkies tel dat geen gesigte herkenbaar is nie!?!

Die vier meisies het na die "sports" mos 'n sleepover gehad en die van julle wat tieners ken, weet dat die feit dat ek foto's van hulle tydens die uitstappie kan neem 'n wonderwerk op sy eie is. Om dan nog te vra dat hulle toelaat dat ek foto's van die kuier neem is soooo "not cool".
Ek het toe die ou kamera'tjie by hulle gelos net ingeval hulle sou lus voel om dit te gebruik. Die deure was toe en so af en toe het ek stemme in die kombuis gehoor en tot baie laat giggels en musiek. Rondom half tien die volgende oggend wou ek net die ontbyt bestelling kry en het my ou kamera'tjie skoon verlate op presies dieselfde plek gestaan. Die versoeking om 'n foto of vier te neem was te groot, maar ek moes want julle wou mos sien :-)

Ontbyt was net na 10 reg en voor ek my oe kon uitvee was hulle na ontbyt terug in die slaapposisie!!!
As ek in die moeilikheid is oor die plasing ..... dan sit ek die foto'tjies wat ek nie nou op het nie op haar facebook :-), mens kom mos nie twee keer vir dieselfde ding in die moeilikheid nie?!

Ek's bly dat Nelmari darem 'n bietjie saam met haar maats kon kuier voordat die skool weer oor net 15 slapies weer begin!!!!

13 comments:

Sonja said...

Ag dis te oulik! Dis darem die lekkerste lekker daai gesaam kuier!
Ek hoop jy is nie in die moeilikheid nie!

Nimsi se Blog said...

Ter versagting kan jy dalk noem dat jy onder geweldige druk van jou blog lesers was om die foto's te plaas...

Kan sien die dollas het die kuier baie geniet!

Geniet die res van die vakansie wat oor is Nelmari en sterkte met die nuwe kwartaal.

Sandra said...

Ek hou die troefkaart Sonja :-) en hulle het lekker gekuier!

Ag dankie dat jy aan my kant is Nims :-). Lekker dag vir jou dis amper naweek vir julle.

Lucy said...

Ag, ek dink nie jy sal in die moeilikheid wees nie!

Dis nou vir my baie oulik. So lekker om jonk te wees, sorgeloos en kommervry.

Oor twintig jaar gaan hulle jou bedank!

Paula said...

Dit lyk te lekker!

Sandra said...

Hulle sal jou vertel om tiener te wees het ook sy probleme boendoe :-)! Oor 20 jaar kan ek die kleinkinders was ne.

Groot fees vir hulle gewees Paula.

retha said...

Om laat te slaap, ontbyt te kry en dan weer terug te klim
wel dit kan net mense wees met n ma.

Lekker! om selfs die ma te wees ne

Charmaine said...

Ag dis goed julle het dit so geniet. Sommer gou is die skool en al sy dinge weer aan die gang dan is daar nie tyd vir laatslaap nie.... lyk darem baie lekker.

Thea said...

Ai die lekkerte van jonkwees!! Maar kan jy glo dat daar nou so min tyd oor is van die vakansie?! Hoop jy was darem nie in te groot moeilikheid nie Sandra?!

Sandra said...

Die maats het gehelp dat ek nie hoef te "mall" nie Retha :-)

Daar is laat slaap en laat slaap maat!

Thea dis nog steeds lankkkkkk, mens hardloop uit planne en idees

Desire Fourie said...

Ek's seker jy's vergewe al was dit volgens hulle nie coooool nie ... tipiese tiener kenmerk.
Mooi bly.

nikita said...

Ek neem ook foto's van myne as sy maats hierheen bring en ek kry daardie selfde reaksie..van "not so cool" lol! ek steur my min aan hulle. Later is hulle tog dan bly daaroor.

Sandra said...

Ja wat sy het al lankal vergeet wat ek gedoen het Desire :-)

Hulle noem my nie verniet die mammaratzi nie Nikita :-)