Thursday, August 20

Diere en ander dinge

Die laaste paar dae was lekker besig en is dit nie snaaks hoe besiger mens raak hoe minder het jy om te vertel? Die weer is nog steeds warm (darem net lae 40'tigs nou) maar die humiditeit is in die omgewing van 70+% wat die neem van foto's maar moeilik maak. Ten minste het ons nou weer a/c in die huis, so dit is goed. Ons het bietjie weer by die Braziliaanse restaurant gaan eet en hierdie is die uitsig. Mens kan jou half verbeel dis mistig en koud buite .... tot jy dit natuurlik buite waag. Nelmari se vakansie raak ook minder en die sportspanne het begin oefen wat darem ook help. Intussen probeer sy nog straatkatte mak maak. Mariette dis Furby se sussie :-). Sy's regtig goed met diere en ek weet nie wat sy hier probeer doen nie, dalk vir Luie wys hoe bedel mens vir kossies. Ons gemmerkat het ook groot geword en sy is nou ampertjies heeltemal "mens" - sy gebruik haar groot agterpote om regop te bly. En nie net vir kort tydjies nie, as sy moeg raak gaan sit sy effens op haar hurke :-). Boks en speelgoed in die lug gooi is haar spesialiteit. Omdat sy so naby Luie groot geword het, vermoed ons sy dink sy's 'n hond want sy waai haar stert soos 'n hond as sy bly is en dan natuurlik fetch sy en bring haar speelgoed nader as niemand met haar wil speel nie. Fetch was egter nog altyd deel van ons katte ... maar die stert ding is nogal snaaks.
'n Besige naweek wat voorle, julle moet ook lekker naweek hou!

16 comments:

Sonja said...

Dit is die oulikste kat! Ons het ook n kat,ek is baie lief vir hom,hy het n uiters spesiale bonding met Ewan gemaak maar hy speel nie regtig meer nie. Hierdie kat van julle is uitsondelik!!

Sandra said...

Diere is so goed vir kinders se ontwikkeling Sonja en al speel die ou nie, is ek seker net daar wees dat hy hom kan vashou is al 'n groot ding.

Dawn is 'n baie spesiale kat met haar dinge en skeel ogies :-)

Lucy said...

Ek lag vir die 'mistige' foto's! Dit kan 'n pyn wees...

Ek's baie opgewonde. Pa het vir Pieter 'n 'puppy' gekry. So klein swart specialtjie...kan nie wag om hom te sien nie!

Desire Fourie said...

Ja dis nogal ironies ... hoe min mens te se het hoe meer besig ons is. Ag hene dit lyk omtrent na dierehemel daar by julle. Geniet die viervoete. Kan nie glot dis alweer so warm by julle nie.
Mooi bly.

Ninette said...

Dit lyk na 'n kat met soveel karakter - te oulik al die gespelery. Myne was nog nooit spelerig nie - wil net op mens se skoot lê.

Sterkte in daardie hitte!

Paula said...

Die kat is te oulik so op haar agterpote :)

retha said...

Miskien bietjie kangaroo bloed.

Sandra said...

Dit is Boendoe glo my.

Sien ook uit om daardie opregte swart special van Pieter te sien.

Eintlik is die weer besig om "koeler" te raak Desire - ons wens!

Snaaks dat jou kat nie ook "hond-hond" wil speel mat al jou honde nie Ninette.

Sandra said...

Ons is mal oor haar Paula!

Ek het ook nogal so gese Retha. Behalwe haar barney is haar twee baba kangeroes haar gunsteling - miskien sien sy die voete ooreenkoms en dink dis familie :-)
(dis nou van die kat en nie van ons nie)

Ninette said...

Hallo Sandra

'n Vriendin van my (ook met die naam Sandra) kom moontlik oor UAE toe volgende jaar om daar skool te hou. Ek het vir haar jou blog gewys en gesê sy moet kontak maak met jou - so as jy van 'n Sandra (Sandi) hoor, sal jy weet wie dit is.

Lekker week daar vir julle.

Sandra said...

Reg so Ninette, sien uit daarna om van haar te hoor!

zandie said...

oe! Hoe lief ek daardie kat, gelukkig lyk hy nie soos ounooi-langsaan se kwaadkat nie. Sê asseblief "woef" vir jou woefe, hy lyk net so kostelik!

Charmaine said...

Maat hierdie Dawn kat is 'n dierbare ding. Jy moet hierdie fotos mooi bere. Ons moet ons diereblog begin. Die fotos van my drie seuns brand my.

Sandra said...

Nee Zandie hierdie kat is gewoond aan woefs en sy sal lekker met jou kan speel.

Is sy nie oulik nie? Wie het die oulikste gemmerkat in Abu Dhabi?
:-) Ek's reg met die blog sodra jy reg is!

Charmaine said...

Hmmm jou ene is cute maat myne is die mooiste. En nie skeel nie. Ons moet dad die dire blog begin. Ek is reg

nikita said...

Ek sien uit na julle diereblog, laat weet my die link en zandie sal ook wil kom inloer! :)