Wednesday, August 5

‘n Koue Skouspel soos min

My eerste ysskaats-vertoning was baie baie jare terug by die Goodwood Ysskaatsbaan, toe internasionale groepe gereeld ‘n “show” soontoe gebring het. Ek kon my verkyk daaraan. Nooit gedink dat ek in die woestyn, midde in ‘n lekker sandstorm weer langs ‘n ysskaatsbaan sal sit om na ‘n internationale vertoning te kyk nie.

So twee aandjies terug was ons gelukkig genoeg om die wereldberoemde Steve Wheeler se groep hier in aksie te sien. Mag slim klink, maar ek het nie eintlik van die man geweet nie. Hy staan bekend as die wereld se beste ysskaats “illusionis”. Hierdie ou het ‘n lys so lank soos my arm van TV-shows en ander vertonings wat hy al vir baie jare aanbied op die "planke/ys" bring.

Page1

Dit was ‘n vertoning van ligte, kleur, uitstekende skaatswerk, ongelooflike kostuums en besondere kultoertjies.

Page2

Die skaatsers is ook nie sommer hierjy mense nie en die paar was ‘n paar jaar gelede die Amerikaanse Skaatskampioene – mens kan dit sommer sien.

Page3

Om foto’s te neem was uiters moeilik met die wit van die baan, die silwer van die dak en al die ligte en rook wat gedurig verander, maar ek dink darem julle kan ‘n prentjie kry van die vertoning.

Page4

Hierdie vrou het met een hoepel begin en later ‘n hele klomp gehad. Hoe sy kon skaats en hulle in die rondte draai gaan my verstand te bowe – maar dit was mooi.

Page5

Daar was gereeld tussen-in sulke toertjies en hierdie een was ‘n skaatser op ‘n mespunt.

Page6

Net so ‘n paar daggies terug het ons die dvd "Cutting Edge" gekyk en hierdie toertjie het ons van voor af na ons asems laat snak – veral sekere van ons.

Page7

Nog toertjies het gevolg en die laaste een was van ‘n ou wat in ‘n boks met skerp lemme toegesluit word en dan word hy gespin en die volgende oomblik staan hy bo-op die pawiljoen regs langs ons en net voor die royals wat hulle yskoud geskrik het. Dit was regtig ‘n hoogtepunt afsluiting.

Mens vertel moeilik hoe dit lyk en voel, maar as jy in Abu Dhabi of omgewing bly (ja julle ouens daar in Al Ain en Dubai ook), gaan kyk gerus. Vicky die kinders sal dit verskriklik geniet. Die vertoning is elke aand om 8 uur by die ysskaatsbaan tot 15 Augustus.


17 comments:

Nimsi se Blog said...

Prag foto's Sandra. Ek is seker hierdie was n asemrowende vertoning - dankie vir die deel!
Die temp was seker ook heel aangenaam daarbinne ne?

Sonja said...

Dit is fantasties! Die foto's is so mooi en dit moes seker n belewenis gewees het!

Lucy said...

Een ding van jou, Sandra, jy het nie 'n vervelige lewe nie. :-) Altyd aan die goed doen en goed sien...gelukkige vrou!

Sandra said...

O ja Nims dit was heerlik koel in die "ice ring" en nou is die huis darem ookal koel. Nelmari het gister in haar kamer met 'n hoodie gesit en die koue geniet.

Dit was verseker iets om te beleef Sonja, ons het dit baie geniet.

Sandra said...

Boendoe dis waar hier is altyd iets aan die broei en om te doen. Maar jy staan nie ver agter nie.

Mariette. said...

Pragtige kiekkies Sandra.

Dit lyk sowaar na 'n belewenis!

Lekker week!

James said...

Dit lyk nogal soos 'n fairy tale ne. Ek dink hulle is van die beste atlete want hul moet al hulle toertjies doen terwyl hul balans hou. Baie mooi.

Charmaine said...

Jou fotos is amazing maat. Dit verleen goeie reg aan die vertoning. En ja, mens kan nogal jou tong insluk van skrik vir party van die toertjies ... en dit na ons die fliek gekyk het waar die bloed kan spat en mens bene kan breek op die ys. Hierdie ouens is GOED... dis nou maar klaar.

Sandra said...

Dit was nogal Mariette. Klein Christiaan sal dit ook geniet, die kinders was doodstil oor al die kleure en toertjies.

Hulle moet beslis seun jy weet hoe moeilik mens bo bly op die ys - en om dan nog toertjies te doen en mense bo jou kop rond te swaai wil gedoen wees.

Sandra said...

Ja maat, die fliek was dan 'n goeie voorbereiding alhoewel ek en ander rondom kon hoor sekere mense trek asem diep in by party van die toertjies. Was seker nie jy nie/

Leane said...

Dit lyk ongelooflik goed! Ek het nog altyd 'n geheime droom gehad om 'n 'figure skater' te wees, maar vir nou moet ek maar tevrede wees met die mooi foto's :)

Nelmari said...

It was a very good show and to see the little one just stare and hear tannie Charmaine gasp everytime they did a new trick was fun ... hehe

Ninette said...

Pragtige foto's - dit moes iets gewees het om e beleef! :)

Sandra said...

Ons sal jou vernuf op die ys "toets" as jy hier is Leane :-)

Ja klein Allisia was skoon stil en haar tannie meer vocal ne sussie.

Dit was 'n besonderse ondervinding Ninette!

Sandmensie said...

Wow Sandra dis rerig "cool" fotos, ons sal wel volgende week 'n draai gaan maak. Lyk of ons moet warm aantrek.. Nelmarie jy sal moet Afrikaans skryf anders gaan ek jou boom moet prik..he-he!

retha said...

Dit lyk voorwaar na iets besonders. Daardie vrou met die hoepels!

Sandra said...

Julle moet kom groet as julle in die dorp is Vicky!

Sy was besonders goed Retha!