Monday, August 17

Nie so lank terug nie

Elke liewe dag wat ek in die dorp ry is daar iewers nuwe geboue wat opskiet waar ek nie eers geweet het hulle bou nie en Abu Dhabi ontwikkel met die spoed van wit waks. Net gister staan ek op die boonste vloer waar ons hare laat sny en sien hoe "nuwe" ou geboue platgeslaan word sodat groter geboue gebou kan word. Om die waarheid te se mens kan amper nie meer onthou wat daar was nie. Wys net dat mens so gewoond raak aan alles en later net nie meer die mooi geboue, tuine en goed sien nie. In die afgelope jare van blog het ek al baie van die mooi winkelsentrums en geboue en goed van die dorp vertel en selfs 'n bietjie van die ou Abu Dhabi. Vandag is ek regtig spyt dat ons nie meer van die dorp en geboue afgeneem het toe ons gekom het nie want alles het verander.


18


Die van julle wat nie weet nie, Abu Dhabi is mos 'n eiland en hoofstad van die UAE. Almal weet waar "Dubai" is (of hoe skryf almal nou weer in SA, Doebai :-) - dog ons het geleer op skool plekname verander nie) maar min mense weet van Abu Dhabi. Ons self moes op die internet kyk voordat ons baie jare terug hierheen gekom het. Nie eers 40 jaar terug nie was dit die Cornish van die dorp.


1



Ek lees in 'n baie interessant boek wat deur 'n ou wat hier grootgeword is geskryf is, dat dieselfde landjie wat ons land so aangeval het en mense in konsentrasiekampe geplaas het, het ook hier kom oorneem destyds nadat olie ontdek is. Hulle het die geld "beheer" en vir baie jare het Abu Dhabi sonder die nodige mediese fasiliteite, onderwys, elektrisiteit ens. moes klaarkom totdat die toe heerser besluit het om beheer oor hulle eie land te neem. Saam met dit het die ontwikeling begin. Die Cornish in die jare daarna.




2


Die heerser van die land het toe vir elke plaaslike inwoner van die land, 2 plotte grond verniet gegee. Een in die dorp in een verder uit die dorp wat vandag die industriele gebied is. Hierdie is 'n storie op sy eie wat ek later sal vertel. Daar is toe besluit om die Cornish projek aan te pak en 'n nuwe een te bou.


20


Soos altyd wanneer hulle 'n nuwe pad bou, word die omgewing met fonteine, parke, ens. saam met die projek gedoen. Hierdie is nog in die begin maar kan mens reeds sien waar die bekende volcano fontein en ander bekende bakens sou wees.




3


Maar steeds was dit nie goed genoeg nie en in 1998 word nog 'n nuwe Cornish gebou en van hierdie een is ons deel van die bouery en onthou mens baie. Julle ouens wat al lank hier is sal dit seker onthou - Kathy julle het mos net 'n kort tydjie na ons hier aangekom, het julle nie 'n foto van daai ronde pizza plek wat op die Cornish gesit het nie? Of die ou Co-op?


9



Saam met die nuwe paaie het ook 'n nuwe strand en baie bome gekom. Daai groen strook bome bo regs in die foto, is waar die pad/brug nou oorloop na die Marina Mall wat toe nog nie eers begin is nie. Die strand na daardie strook is waar die bekende Emirates paleis nou gebou is.


13



Op hierdie strook sand het die kinders vroeer jare baie vlieers gevlieg en gespeel. Kyk net hoe klein is Nelmari en William nog hier. James staan ver regs in die prentjie ook besig om te speel.


4




En om van die Cornish te vertel, moet mens die aaklige versierings oor die paaie in Desember ook noem. Wie van julle onthou dit? Hierdie was een van die beter enes, party was regtig verskriklik oordoen en lelik. Dit was om National Day te vier.


. 12


Dit was die foto van Abu Dhabi wat almal kom neem het en die dorp en Cornish wat ons leer ken het. Daai bal op die hotel en die een op Etisalat was ons baken en as mens verdwaal het, kon jy net die bal soek en weet waar jy min of meer is.


5


Die dorp het "gesettle" en die paaie het gebly waar hulle is. Ons het selfs 'n teetuin gekry langs die see waaroor ons dames baie opgewonde was. Links op die foto met die groen sonkappies op die vensters. Ek het ook al vertel hoe Charmaine met 'n kuier daar langs die water gestaan het en van haar foto's in die water geval het.




17


Die Cornish was nou mooi groen met baie bome vir skadu en plekke om te loop. Nelmari 'n bietjie ouer saam met Jessica besig om deel te neem aan 'n Terry Fox wedloop op die Cornish


19



Soos ek gese het daar was lekker plekke en mens kon so al langs die see loop. Hier kon ons ook 'n boot kry om oor te vaar na Lulu eiland vir 'n lekker braai of swem - daar was nog niks op Lulu eiland nie en mens kon sommer oorgaan. Links is daar sulke glaskoepel goed waar jy kon wag vir die boot.

8


Maar iemand het weer 'n jeuk gekry en die Cornish moes weer verander word - so saam met die bou van Marina Mall. Hierdie foto is op presies dieselfde plek as die boonste een geneem, maar hier kan julle sien ons sal nou bietjie langer vir 'n boot moet wag want weer is 'n groot deel van die see droog gele.


10


Van die nuwe Cornish het ek vertel en foto's gewys en nou is dit een groot snelweg met 6 lane beide kante toe maar steeds lekker plekkies om te loop, mooi parke en tuine en selfs 'n nuwe strand. Nelmari nou heelwat groter stap langs die Cornish. Ek dink nie daar is meer baie water oor om nog 'n Cornish te bou nie, so miskien eindig die storie nou hier.

16 comments:

Desia said...

Geen resessie daar nie, ne!
Lyk my ons sal gou 'n plan moet maak om daar te kom, anders verander al die mooi plekke wat jy wys en van vertel!
Dankie vir die Storieman kontak, ek hoop om binnekort my Storieman CD's te kry.

Nimsi se Blog said...

Goeiste Sandra maar dinge het verander! Jy moet hierdie skrywes van jou in boekvorm uitgee vriendin!
Lekker week,

Sandra said...

Thank you Agapitos.

Bly jy kry jou Storieman binnekort Desia en ek's seker jy gaan dit net so geniet :-)!

Weet jy hier is tog 'n bietjie resessie hier, maar ek dink nie ons voel dit heeltemal so erg soos van die ander lande nie. En ja julle sal moet plan maak om te kom kyk.

Sandra said...

Is ek en jy dieselfde tyd op die comments Nims. Ja, jy sien ek's nou ook al so oud soos 'n geskiedenis boek van hierdie plek :-).

Sonja said...

Dit was nou so lekker om deur jou foto's saam met jou te reis. Dit moet seker n belewenis wees om daar te bly!

Desire Fourie said...

Wat 'n lekker reis down memory lane. Ja nee, die Engelse staan bekend as die mense wat elke jaar die binnekant van hulle huise re-decorate, maar dit lyk my daar by julle is dit 'n gebou-weggooi-make-over society.
Mooi bly.

Sandra said...

Dit het maar sy ops en afs Sonja - maar dis 'n mooi plek.

Hulle voel niks oor geboue nie Desire - ek sal nog die rede vertel.

Thea said...

Toe julle destyds oorgegaan het was daar seker nog min ander Suid-Afrikaners of hoe Sandra? Moes seker 'n groot aanpassing vir julle gewees het of hoe?

Dis die mooiste, mooitste ou fototjie van Nelmari en William!!

Sandra said...

Dis toe hulle nog "soet" was Thea :-)!

Hier was destyds nogal baie SAfrikaners - baie van daai maatskappy waar jou man werk se voorganger en ek het meestal net Afrikaans hoef te gepraat het behalwe in die winkels. Dit wat mens egter wou he, moes jy self begin. Die aanpassing in Pretoria was goeie opleiding vir Abu Dhabi. Mens verlang egter nog steeds huis toe na al die jare

Paula said...

Baie interressant!

Charmaine said...

Wat my kommer van al die vinnige aanhoudende veranderinge is dat mens nie kans kry om met enige iets "vriende" te maak nie... herhinneringe op te bou nie, want een dag is dit daar en die volgende dag is dit weg. Maar dis mooi en dit word al mooier.

eilandkind/islandchild said...

Sjoe, dit is interressant ( <----hoekom lyk daai woord so verkeerd?? )
Dankie vir die wys en vertel Sandra.

Sandra said...

Dis interessant om die ontwikkeling hier dop te hou Paula, veral vir ons.

Daar's net so baie mooi ou goed wat hulle maar kon gelos het maat.

Hoe lank gelede was jy hier Eilandkind? Hoe was die ontwikkeling toe?

nikita said...

Sjoe! Baie, baie mooi foto's en baie interessant. Dankie! Ek sien julle praat van "Storieman"-cd's! Mag ek asb ook die kontak kry, ek het net gister daarvan gepraat..ek het die hele tassie met al die kassette gehad en die boeke en ook die Storiemuis-reeks, ook tas met kassette en boeke. Dankie!

James said...

Ek is half bly daar was nie 'n ou foto van my op nie. :P Dit is darem baie lank terug, of dit voel dalk net so vir my. En nou kan ek uiteindelik 12 jaar later weer terug trek.

Van die fotos lyk baie bekend ja en in my kop kan ek nog mooi sien hoe dit altyd gelyk het en hou die co-op die enigste groot winkel in AD was.

Sandra said...

Dankie Nikita. Het jou reeds die inligting gestuur hoop jy het ontvang!

Alles lyk dieselfde maar tog nie ne seun. Ons het regtig net die foto's om plekke nog van te onthou.