Sunday, August 23

Dis weer Ramadan

Dis alweer Ramadan in die land van die sand .. die heilige tyd van die jaar vir meeste van die UAE se inwoners .. met klomp voorskrifte vir ander wat nie dieselfde geloof het nie. Ek het nog elke jaar geblog oor die tydperk en hoe ons dit hier ervaar, so skuus as ek herhaal. Hierdie net in 'n neutedop.

Ramadan is hulle heilige maand en volgens hulle ook die tyd om meer van hulle heilige boek te leer om sodoende die boek se blessings te ontvang. (let wel “die boek” se blessing). Die maand word ook deur party die maand van die quran genoem. Deel van die groei proses is dan ook die vas om jou te reining van alles wat jy verkeerd gedoen het. As jy die maand streng by die vasreels hou, is al jou sondes ook vergewe. (dink net, 'jy moet ‘n jaar wag en hoeveel sondes doen ons in ‘n jaar?). Baie belangrik is dat gedurende hierdie maan jy jou humeur moet beheer, nie kwaad of sleg praat nie, vasbyt, versoekings weerstaan ens. en hulle moet vir die armes gee.

Hoe raak dit ons? Vanaf sonopkoms tot sonsondergang mag ‘n moslem wat vas, glad nie eet nie en dit beteken dat ons ook nie mag eet en drink in die publiek nie want hoe kan hulle “sterk” staan as hulle bv die water “ruik” wat ons drink? Dis nou nadat hulle lekker reuklose kos, donuts ens. gekoop het om vir hulle kinders te gee of gedurende die aand te eet. ‘n Goeie “ban” is die geen rook in enige publieke plek nie en jy mag ook nie lelik praat nie

.
d

Mens moet ook seker maak jy’s betaamlik aangetrek ingeval jy iemand in die versoeking lei en geen “display of affection among couples whether married or not in public areas” word toegelaat nie. Hier kan julle van die borde by die malls sien wat vertel jy moet reg aantrek.

Vir ons wat al lank hier is en sien hoe die “maand” deur baie net as verskonings gebruik word om op die pad te jaag asof die duiwel agter hulle is, hulle meer bakleierig en ongeduldig te maak kamstig vanwee te min slaap en kos, hulle meer gewig optel gedurende die vas maand van ooreet wanneer dit donker is, is die maand eintlik ‘n klug, maar ek kan nie veralgemeen nie, want daar is toegewydes wat alles doen wat vereis word en wonderlike mense is.

Dit laat my net weer besef hoe belangrik dit is om te doen wat mens se. Om vir almal te vertel jy’s ‘n Christen en dit nie wys in jou dade soos oa humeur, ongeduld en hoe jy leef nie, mag ander gelowe ook laat dink ons is ‘n klug …. Ons moet wys ons is anders in hoe ons optree en leef en maak ons foute soos ons almal doen, hoef ons gelukkig nie ‘n jaar te wag om vergewe te word nie.

13 comments:

Paula said...

Dit is waar wat jy se, ons as gelowiges moet getuig met ons lewe, ons dade en woorde.

Desire Fourie said...

Dankie weereens vir 'n interessante skrywe oor gelowe. Ek stem, 'n jaar se wag vir vergifnis is gans te lank.
Mooi bly.

Sandra said...

Stem Paula.

Heeltemal te lank vir my Desire.

Thea said...

Sandra ek weet nie of ek dalk al een is wat so daaroor voel nie, maar ek het mos nou al agter gekom dat die oomblik wanneer jy sê jy's 'n Christen, mense jou onder 'n vergrootglas begin sit en fyn begin dophou wanneer jy 'n voetjie verkeerd sit. Om hierdie rede wil ek nie meer vir mense sê ek is 'n Christen nie. Daarom probeer ek (en sê probeer want ek is ook maar net 'n mens) om elke dag 'n beter mens te wees.

Sterkte daar vir julle in hierdie "tyd"!!

Sonja said...

Ek is bly ek lewe elke dag in Jesus se genade!Wat my sondes so ver verwyder soos die ooste van die weste! Hy het klaar die prys betaal is dit nie wonderlik nie?!

Sandra said...

Ek het nie 'n probleem om vir mense te se ek is 'n Christen nie Thea, selfs hier en dis nog beter as hulle dit sommer kan sien - maar ek het baie foute en is ook maar mens en daarom is dit elke dag vir my 'n "ramadan" op sy eie.

Dis 'n wonderlike belofte verseker Sonja!

Mariette said...

Oe ek is so bly dat ons 'n rukkie van Ramadan kan mis. en natuurlik die hitte. Ons het die lieflikste weer hier in SA.

Groete.
Mariette

SA Expats said...

Ek voel dieselfde oor Ramadan as jy. Veral die gejaag op die paaie en maak my lam.

Sandra said...

Julle moet dit vreeslik geniet Mariette!

Die jaag maak my ook lam Expat en dan die verskonings omdat hulle honger en moeg is ...... asseblief

Charmaine said...

Ek moet saam stem, ek sien geen van die goeie gees wat veronderstel is om deel van Ramadan te weesd nie. Die mense is besete op die paaie, warm en dors en ongeduldig. Ek is so diep dankbaar vir die genade van Christen wees. Mag Vader elke dag meer word in my.Nie net een maand 'n jaar nie...

Thea said...

Sandra, ek moet met jou (en die ander) deel dat ek gisteraand skaam gekry het toe ons begin met ons nuwe Bybelstudiestuk vir hierdie kwartaal nl. dissipelskap in my handel en wandel. Ons behandel hierdie kwartaal die lewe van Petrus en het ook 'n opvoering oor Petrus se lewe van 9 - 12 September. Jy sien, ek het gisteraand agter gekom dat dade alleen nie genoeg is nie, jy moet ook praat oor Christus. Mens moet jou nie laat intimideer deur ander mense nie. Jesus moet die eer kry wat Hom toekom, anders tree ek ook nes Petrus op en verloën Hom...

Sandra said...

Maat dis so waar!

Dis baie waar Thea. Vir ons hier in die woestyn is dit ook 'n uitdaging om oor Hom te praat teenoor ander en ons doen dit nie altyd nie.

Desia said...

Dankie Vader dat Hy ons is in die bevoorregte posisie plaas om die Verlosser te ken en Sy genade te ervaar, nie deur ons eie toedoen nie, maar slegs deur Sy werk aan die kruis.
En nou moet ons almal van die Goeie Boodskap vertel, soos julle doen met julle poppekas! (Dis seker nogal moeilik om Die Boodskap aan die "locals" te vertel sonder om van "proseletyzing" beskuldig te word? Maar ek dink julle leef Die Boodskap en dit dien as getuienis.)