Friday, August 7

Watter een is jy?

Met die somer, het julle ouens nou al redelik gesien wat ons hier in die hitte doen. Die malls bly egter een van die gewildste plekke om na toe te gaan. Soos een van die seuns in my tienergroep se: “tannie ons is mall(ers). Daar loop jy allerhande mense raak, oa die groep wat deur jou loop asof jy nie bestaan nie, en dies vir wie basiese “maniere” soos wag jou beurt af, nie in hulle woordeskat is nie. Die feit is, dat gedurende die naweek is daar ‘n paar tipes wat ons in die mall gaan raakloop. Herken jy enige van hulle?

Die "Social shopper" en die jongklomp veral val in hierdie kategorie. Vir hulle tel veiligheid in nommers en hulle beweeg in groepies kleiner as 6. As een 'n paar skoene wil hê, wil die ander een ook . Hulle kan selde besluit waar om te shop omdat daar meer as een is en die toerusting waaraan hulle uitgeken word is hulle selfone en vriende.

Dan is daar die "Teen Queen". Vir hulle is shop 'n leefwyse - nie dat hulle altyd enigiets koop nie. Jy kry hulle in die aantrekkamers besig om die een kledingstuk na die ander aan te probeer om dit nie te koop nie. Mens ken hulle uit aan hulle "designer" jeans en fake tatoes.

Die "Lightning shopper" is ook in die mall en ek mag dalkies net in hierdie kategorie val. Hulle weet presies wat hulle wil hê en waar dit is. Hulle doelwit is om so vinnig moontlik in en uit die winkel te kom. 'n Winkel wie se rakke verander het frustreer hulle en 'n lank tou by die teller maak hul lam. Hulle het gewoonlik gemaklik skoene aan en die regte kleingeld.

Moenie van die "Harassed Parent" shopper vergeet nie. Die ouens met die kinders wat skree as hulle nie hul sin kry nie en wat tantrums gooi dat die ouers wens die grond sluk hulle in. Onseker want as hulle die kinders vasvat nie, weet hulle nie van dissipline nie en as hulle wel die kinders straf, mishandel hulle die kinders. Hier kry mens dit baie omdat die klein Arabiertjies nie gedissiplineer mag word nie. Hulle toerustig is gewoonlik 'n stootwaentjie, dummy en 'n "hoekom ek" gesigsuitdrukking. In die land is 'n "nanny" ook deel van hierdie shopper.

Daar is ook die "Window shopper". Weens tekort aan geld? Spaarsamigheid? Waardering vir 'n goeie vensteruitstalling? Wat ookal die rede, die shopper kyk maar vat nie. Hulle toerusting is gewoonlik 'n uitdrukkinglose 'n gesigsuitdrukking.

Ooooo en die Impulsiewe shopper. Iewers sal daar iets wees wat hulle net moet hê en dadelik. Enigiets van 'n duur artikel tot 'n spotgoedkoop een. Hulle toerustig: 'n moee kredietkaart.

Ons moet nie vergeet van die arme "Gebruik mans" nie. Dis die ou wat geduldig met al die pakkies en vol trollie wag terwyl vroulief net nog een rokkie gaan aanpas. Hy staan gewoonlik net en uitstaar na iets wat hy nie weet of ken nie. Mens ken hom uit aan die wavrag sakke, met niks wat hy wil hê binne in nie.

Die groep wat my lam maak ... die "Living furniture". Mens kry hulle rondom die asbakke en op banke in die mall. Wie is hulle? Hoekom spandeer hulle hul tyd om vir ure rond te staan/sit en niks te doen nie? Miskien is dit net vir die lugversorging in die mall ...jy ken hulle uit aan hulle eindelose voorraad sigarette. Hier kry jy ook die wat sit en staar en mense ongemaklik maak.

En die "ryk" koper. Dis die ouer teen queens wat nou ryk getrou het. Al die jare wat hulle klere aanprobeer het, het hulle afgerig om nou net die regte etiket klere te koop. Mens herken hulle aan hul ontwerpes klere en goue kredietkaart houding.

Dan is daar die coffee-shop king of queen. Hoeveel koppies kan mens drink? Weet nie, hulle probeer uitvind. Sommige sit en rook (ja hier is die restaurante ongelukkig nie rookvry nie) terwyl ander gebruik maak van die wireless internet. Dit terwyl hulle kyk na die res van die wêreld wat verbyloop. Mens herken hulle aan hulle sigaret, selfoon en opsioneel laptop. Baie van die plaaslike mans hier val in hierdie kategorie.

Mens kry ook die "mall jaag(ers). Hulle is defnitief nie daar vir die koop nie. Hulle jaag deur die mall net omdat hulle moet en stop net blitsig vir 'n paar sekondes as daar iets is waarin hulle belangstel. Word uitgeken aan gemaklike klere en skoene en baie keer 'n man/vrou wat agterna probeer byhou met die kindertjies - vinger/hand in die lug om aan te dui hulle wou ook graag iets gesien of iewers gestop het.

En dan die shopper van alle shoppers .... die winskopie koning. Hulle wat die los koerantjies dophou en afslag koeponne het. En hier veral, koop iets en kry iets anders gratis winskopies. Hulle ken die produkte en slaan toe op produkte met die "sale" kaartjie op. Die kanse is goed dat hulle alreeds 'n kas vol van die produkte het, maar dis verniet en/of baie goedkoop reg?! Hulle word herken aan trollies vol van dieselfde produkte.

Hoe sien ander jou as shopper? Watter een is jy?

Sien jou in die mall!

16 comments:

Nelmari said...

Ek's nie een van daai nie. Ek's 'n "puppy-dog shopper" - maak ogies, bottom lip goes done and say 'mommmmmyy' :-).

Ek herken 'n paar van die shoppers.

Anonymous said...

LOL @ Nelmari! :-)

Ek is 'n mengsel van die Lightning Shopper, Harrassed Parent en die Window Shopper, hang net af van omstandighede en of dit naby of ver van payday is.

Bwhahahahaha!!

Ek kan sien jy is 'n professionele shopper (maller?). Jy het shoppers al baie goed dopgehou!

Anonymous said...

Grote Griet!

Eers wil hy ommie dood nie my comment vat nie, en nou sommer 3 keer! Delete asb, Sandra!!

Sandra said...

En jy IS so goed met daai shopping sussie :-)!!

Weet nie so mooi of ek is nie Boendoe --- ek het egter pro-shoppers wat saam met my mall toe gaan.

Nimsi se Blog said...

Defnitief n mengsel van "Lightning en Wondow" shopper!

Uitstekend gedoen Sandra!

Koning-van-die-vinnige-shoppers said...

Daai mannetjie met die sweetpak dink ek my vrou, vir myself natuurlik. Kry mos altyd raas omdat ek so vinnig loop en nie na alles wil kyk nie!

Sandra said...

Dis 'n goeie balans Nims. Ek sukkel bietjie met die sommer net drentel maar ek oefen om te verbeter - met almal wat saam met my in die malls uithang.

Die laaste twee is defnitief jy Eddie - veral as mens kyk na al die winkelsakkies wat nog nie eers oopgemaak is nie .... vir eendag.

Ronelle said...

Ek is beslis die 'lighting shopper' maar die hakkies is hoog ... ;-)

Jan and Miekie said...

Waar kry jy die PRENTJIES??
Ek is die een met die gemaklike skoene, wat dink sy gaan net gou inhardloop en dan veeeel langer bly as wat sy gewou het. Ek haat dit om mall toe te gaan, maar as ek eers daar is, staan tyd stil. Ek is baie besluiteloos, maar na so baie verkeerde kopies, moet ek mooi dink. Wou al vir Dorette saamnooi om te kom help besluit, maar sy val nou in die jong ma kategorie en het nie tyd vir haar eie inkopies nie, laat staan nog saam met 'n ma wat dink sy het die wereld se tyd!

Sandra said...

Ek sou jou nogal nie in daardie kategorie geplaas het nie Ronelle, dis nuus vir my - nie die hakkies nie :-).

Miekie ek kan so in 'n supermark inloop met 'n kort lysie en met klomp sakkie uitkom. Dink jy Dorette sou jou in daardie katgorie geplaas het? Die kinders sien mens partykeer heeltemal anders.

Charmaine said...

Nou wonder ek waar val ek in... maat jou prentjies is uitstekend. Ek dink nie ek is een van die genoemde katagoriee nie. Ek haat dwaal deur malls, maar ek het sulke inkopies wat ophoop en dan is daar dae wat ek met sakke vol uitkom en ander dae wat ek niks het nie. Nie goue kredietkaarte nie en ja, soms koop mens sommer die gemaklike skoene terwyl jy daar is.

Sandra said...

Jy's 'n goeie mengsel van 'n klomp van hulle maat. Dis altyd interessant om saam met jou en Nelmari in die winkelsentrums te wees en partykeer dan syfer die "slegte" invloed ook deur na my toe :-)

James said...

Ek word gese deur Leane dat ek 'n goeie mengsel van 'n paar is. Eks 'n 'teen queen' en dan partykeer n impulsiewe koper en dan as ek hier in bloemfontein is is ek 'n 'gebruikte' man. Dan hang maar seker af hoeveel geld ek mag spandeer en waar ek is.

Mariette. said...

Ek dink in die somer is ek/ons lithning shopper's want ons gaan net mall toe wanneer ons iets nodig het en dan is dit soos 'n hit en run Natuurlik soos jy se as die rakke nog staan soos dit die vorige week was

Maar dan moet ek byvoeg as mense dalk na my trollie gaan kyk sal hulle dalk my onder 'n winskopie shoper sien -nee ek koop nie net dubbel op winskopies nie maar gewoonlik as ek koop koop ek 2/3 van sekere dinge want ek koop vir my ma en Rita ook altyd dieselfde.... julle weet mos wat se hulle jy koop altyd vir ander wat jy self wil he. wel nou koop ek sommer vir myself en ander..... lol!!!!

lekker week

Sonja said...

Ek dink ek is van die weerlig soort wat net dorp toe gaan as ek moet-moet want ek het altyd beter dinge by die huis om te doen.

Sandra said...

Seun ons sal aan jou inkopie skills werk voor die troue. Vra bietjie vir William tips.

Mens wil partykeer vinnig uit die winkels in hierdie dorp ne Mariette. Geniet julle vakansie!!

Sonja, lyk my die meeste van ons is weerlig shoppers, wonder of die mans sal saamstem daarmee :-)