Monday, August 10

Moenie by begin verby gaan nie ….

Gaan reguit tronk toe! Nog meer as Storieman het die meeste van ons generasie, defnitief grootgeword met die bordspel Monopoly. Op ‘n vorige keer het ek al vertel dat my middelste William graag “anderse” Monopoly versamel en noudat Nelmari ook een gekoop het vir die vakansie, het ek gedink om van die besonderse stelle met julle te deel, saam met ‘n bietjie inligting oor die bordspel.

Page5

Hierdie is die bekende een waarmee ek/ons grootgeword het en wie weet miskien ‘n skaars een gaan word omrede dit ook in Afrikaans is. Gedurende 1934 tydens die depressie het ene Charles B Darrow van Pennsylvania die speletjie na die Parker Broers geneem – wat dit afgekeur het omdat daar volgens hulle 52 ontwerpers foute was. Charles was egter vasbeslote om die speletjie te bemark want vir hom was die gedagte van geld en roem (gedurende die depressie) ‘n wonderlike een.

Page1

Nelmari se pienk ene – kyk net - die kaarte se “text message” en “Instant Message” en behalwe dat alles in pienk is, koop mens selfoonwinkels, pedikuur salonne en is die goetertjies waarmee jy speel ‘n haardroeer, selfoon, chihauhau, skaatsplank, handsak, ens. Dis wat mens ‘n girly speletjie noem.

Terug na Charles Darrow – hy het saam met ‘n vriend wat ‘n drukker was, 5000 speletjies met die hand gemaak en aan ‘n groot winkel in Philadelphia verkoop. Die mense was mal daaroor en die aanvraag het vinnig soveel geword dat hulle nie kon byhou nie. Die ou is weer terug na die Parker broers en die res is, geskiedenis.

Page3

Hierdie uitgawe het ‘n kontantmasjien waar mens geld trek om die speletjie en dit werk nogal baie lekker want mens hoef nie iemand te kies wat die bank speel nie.

Gedurende die eerste jaar (1935) was Monopoly die speletjie wat die meeste verkoop het en in sy 65 bestaan, beraam hulle dat oor die 500 miljoen mense, waarvan ek en jy deel is, die speletjie gespeel en meer as 200 miljoen bordspelletjies is wereldwyd verkoop. Hulle se meer as 5 biljoen groen huisies is al gebou, maar ek weet nie of ek ‘n groot deel van daardie statistiek uitmaak nie.

Page8

Hierdie een se aantrekkingskrag is ‘n dvd. Mens sit so langs die TV en dan kom die opdragte wat jy moet uitvoer of dan nie. Dit gaan hier oor geldmaak en ontwikkeling en ipv huise koop mens grond, parke, casino’s, kantoorgeboue, ens.

Page10

Dan is daar ook ‘n Delux edition waar alles goud is. Sir Alfred Dunhill het op ‘n stadium ‘n goue uitgawe laat maak met goue huise en silwer hotelle en die speletjie is destyds vir $25000 verkoop. Daar is natuurlik ook stelle wat oor disney gaan en hierdie een van Star Wars wat sulke star wars mannetjies het. Mens koop dan ook maanstasie ens. Ek het dit nog nie gespeel nie, is nie ‘n groot fan van Star Wars nie en dit lyk vir my deurmekaar.

Page1_0

Die een van”wonders of the World” is ook besonders want hier kry elkeen wat speel sy eie paspoort. Kyk net die antiek goedjies waarmee jy speel ipv die gewone karretjie en treintjies waaraan ons gewoond is.

Natuurlik is daar baie rekords oor die langste spel en as jy dit wil breek, maak reg vir 70 dae ten minste! Vir ‘n rekord in die bad kan dit jou 99 dae neem :-). Daar is nog vele ander soos wereldrekord in ‘n boomhuis (286 ure), onder die grond (100 ure), onderste bo (36 ure). Enige een vir ‘n rekord? As kind het ek en my neef Leon heeldag gespeel en dit dan saans toegesluit sodat niemand met die geld kan "crook" nie en weer die volgende oggend aangegaan.

Page7

Wat ek nie geweet het nie, is dat tydens die tweede wereldoorlog is kaarte, kompasse en inligting so na strafkampe ingesmokkel asook regte geld tussen die speelgeld. In 'n land soos Cuba het hulle leier die speletjie verbied.

Die nuutste een is die wereld een waar lande moes “stem” om op die speletjie te kom, en daar mooi op die groen plotte kruip die mooiste stad ter wereld Kaapstad weg. Die stel het baie figuurtjies wat elke land ter wereld uitbeeld en by hierdie speletjie word ook kredietkaarte en ‘n masjien gebruik ipv die bank waaraan ons gewoond is.

Die speletjie is in omtrent 27 tale vertaal en in 1970 is daar selfs ‘n Braille een gemaak. En vir die sjokolade liefhebbers … in 1978 het hulle ‘n sjokolade bordspel gemaak wat vir $600 verkoop is. Wonder of hulle dit geeet het?

Ek wou skryf ek’s seker dit gaan nog vir jare gespeel word, maar nou wonder ek – met al die nuwe tegnologie, speel ons kinders nog speletjies? Myne doen en daar is die oulikstes op die mark, maar steeds sal ons op die uitkyk wees vir ‘n besonderse stel monopoly.

15 comments:

SA Expats said...

Aangesien ek 'n nerd is gaan ek die Star Wars een koop. :)

Charmaine said...

dis nou regtig 'b baie interessante blog die maat. Ek sal beslis die girly een moet kom speel.......en verloor. Ek weet sommer al. Jy het met 'n baie oulike versameling begin.

Sandra said...

Expat ek dink my probleem is dat die Star Wars een te ingewikkel vir my is - maar as jy 'n nerd is en baie slim is, gaan jy dit geniet :-).

Ja mens kan baie shop op hom maat - dis mos William se versameling al is ons die ouens wat dit moet koop.

Ronelle said...

Oe!!! Ons het grootgeword op Monopoly. Ek en my nefies en niggies en maatjies het ure die wintervakansies omgespeel.

En toe maak ek my kinders ook daarop groot. Ure en ure se pret.

Noudat my kinders groot is speel ons nogsteeds Monopoly - met hulle mans en vriende.

En die 3 geslagte speel ook gereeld saam. ouma, ma en dogers... Groot pret!!

zandie said...

Woef! dankie vir my slim honne boodskappie! Woef-Woef!

retha said...

Ons het n "Franse" Monopoly met reels wat baie duidelik deur Chinese in Engels geskryf is.As daar iets soos n 'pirate copy' is dan is die een seker dit.

En dan ook die Monopoly Card game van Top Games

Sandra said...

Ja ons het dit baie gespeel toe ons kind was Ronelle! As julle nou speel wie is die wenner? Het julle al een met die kaarte?

Dankie Zandie!

Het die Franse een, Franse straatname of is dit net 'n vertaling Retha? En hoe werk die Card speletjie?

Nimsi se Blog said...

By ons aan huis speel ons nog die bord spel, by Marius aan huis speel ons die DVD spel... in ons gesin bly Marius onoorwonne, met Willie kort op sy hakke. Ons speel ook nog vingerbord, cludo, rummiecup ens.
Dit is voorwaar n besonderse versameling.

Sandra said...

Ek sien jy doen so goed soos ek in die bordspel Nims :-). Hier geniet ons ook oa cludo, Risk, The game of Life en Boggle. Ek wonder of Monopoly duur is in SA?

Sonja said...

Ek het nie eers geweet jy kry so baie soorte nie! Ek was nog altyd net bewus van die gewone een. Dit was nou baie interessant!

Sandra said...

Sonja met al die "fancy" nuwes hou ek nog steeds van die ou konsep.

Zee said...

Ek het regtig nie geweet mens kry soveel verskillende soorte monopoly's nie. Ek sal beslis die pienke aanskaf as ek dit ooit hier raakloop by ons.

Sandra, ek verkyk my altyd aan die uitleg van jou foto's, en die uitentuis onderaan is uniek. So jou trademark!

Zee said...

En dan is ek ook kleurblind, lol ek meen die pers ene, ek het seker maar net die pienk kaartjie gesien, wys jou nou net hoe mens partykeer oplet :-(

Desire Fourie said...

Wie sou kon raai toe ek jonk was en Monopoly gate uit geniet het, dat daar jare later soveel weergawes op die mark sou wees.
Mooi bly

Sandra said...

Zee ek het raas gekry by my dogter omdat ek in die blog van 'n pienk een geskryf het, dus is dit ek wat jou so deurmekaar gemaak het :-)

Dis beslis iets wat nie uit die mode gaan nie Desire