Monday, August 3

Deel van die woestyn “pakket”

Na al die jare dink mense nog steeds dat daar leeus in die strate by die huis rondloop ...ander weer weet dat as mens in 'n woestyn bly moet daar sand wees, BAIE sand! Ons hier in Abu Dhabi in die woestynland is baie gelukkig want die vorige sheikh en hoof van die land wou die land groen he en Abu Dhabi is nogals groen in vergelyking met ander emirate.

DSC_0120

Die laaste paar dae is ons egter geteister deur die "woestyn-leeus" - SAND! 'n Sandstorm al die pad van onder andere Kuwait het hiernatoe gewaai. Saterdag oppad winkelsentrum toe om te gaan fliek was die eerste dag en die sig was toe nog volgens die weervoorspellers 1000 meter. Hier kan julle die mooi boomlane sien oppad see en mall toe.

DSC_0124

Naturlik skiet daar elke dag een of twee of drie nuwe hoe geboue ook op en ek kan nie dink dat daar enigsins gewerk word nie. Gelukkig was daar nie 'n windjie nie want dan moes mens nog sand ook kou.

DSC_0127


Aiii van hieraf sien mens altyd die see ...

DSC_0130

En doer op die agtergrond die mall met die toring waar ons nou die dag gaan eet het. Dit was twee dae terug en gister was die sig plek-plek 300 meter. Alles, net maar ALLES is vol sand en stof. Gelukkig het die a/c mense uiteindelik gister oopgedaag .... net om alles binne die huis met water af te spuit - 'n lekker gemors. As ons gelukkig is sal hulle more 'n paar kom diens en wie weet wanneer die stukkendes vervang of herstel. Kan nie kla nie, ten minste was die temperatuur vandag net 38/39.

15 comments:

Nimsi se Blog said...

Sterkte vriendin met die sand en stof, wat julle nou nodig het is n heerlike bui reen wat so 2dae duur...

James said...

Reel net asb dat die sand weg is wanneer ek daar kom. :P En in ruil sal ek koue weer of reen saam met my trug bring. Bloemfontein was sop nat die naweek en weer net 'n plat stuk modder.

Sandra said...

Ag Nimsi ek kan doen met 2 dae reen!

Ons maak so seun as jy van die koue weer saambring. Dink nie dis mooi om te se Bloemfontein is 'n plat stuk modder nie :-)

Thea said...

Jou tasse nog nie gepak nie Sandra?? :-) Sterkte daar! Kan nie sê vasbyt nie, want dan byt jy op stof vas!! LOL!! Soos jy gesien het, hou ek duim vas vir 'n warm 25 - 29 grade vir die lang naweek!!

Lucy said...

Ja-nee, dit was nie 'n mooi comment oor Bloem nie. :-) Ek moet erken, toe ek jou foto's sien, het ek gedink die stofstorms destyds in Bloem, was nie naastenby so erg nie!

Lucy said...

Genade, ek sukkel om nou hier te comment onder my WP ID. Eers se hulle "that identity doesn't belong to you" en dan ignoreer hulle my net...

Desire Fourie said...

Sjoe, ek kan nogal dink dat so 'n sandstorm baie ongerieflik kan wees, veral as daar sand in 'n mens se oe kom.
Mooi bly.

Sandra said...

Thea ek sou graag daai heerlike somerweer van julle wou he en bietjie my baadjie dra :-). 'n Tas kan in 2 min gepak word :-)

Bly jy jou identiteit weer teruggekry Boendoe, dalkies le dit iewers op 'n mark rond :-). Die sandstorms is erg want orals het alles so 'n sandlaag op.

Tussen die tande dis die ding Desire - maar dit maak mens seker sterk vir "harde bene" kou ne ;-)

Jan and Miekie said...

Ek het die inskrywing nou omtrent geniet. Jou fotos maak alles so werklik - ek leer baie. Die sandstorms lyk erg. Sterkte. Hoop die A.C. kom kou reg. As 'n mens se omgewing reg is, sien 'n mens vir heelwat meer kans. Net 39 grade? Sjoe. Kan nie dink wanneer laas ek 39 grade gevoel het nie. Warmste verlede somer was een dag 38 grade. Maar hier het ons nou die koudste winter in jare. Selfs reen op 1 Aug.! Hoop ons kry nog lente reen voor die Jakarandas bot. Hulle was die afgelope jare maar pieperig want dit was altyd droog.

Charmaine said...

Nog 36 uur van stof... so se hulle. Dis baie erg, maar ek is sooo dankbaar dat mens kan vensters toemaak en binne bly. Kan jy dink hoe was dit toe daar geen bome en teerstrate was nie. Ek sou permanent onder 'n mat gele het.

retha said...

Ek stem saam met Charmaine, ook met die veranderinge sal ek onder iets will le vir elke korreltjie stof wat sy pad in vind. Hoe bly is ek nou vir die stof waarmee ek te doen het.

Hoop jul A/c is gou-gou reg

Sandra said...

Miekie die a/c is darem nou so 90% reg en ons kan lewe. Nou begin die projek om die laag woestyn van alles af te kry.

Maat jy weet sand kruip orals in, 'n mat gaan jou niks help nie.

Nog nooit so daaraan gedink nie Retha maar stof kan nogals beter wees. Ons teels het so 'n sandlaag en as mens loop maak jy selfs spore in die huis :-).

Mariette. said...

Ja jig dit was eintlik nou bietjie onaangenaam. Want jou kop se vir jou dit lyk koud buite, maar wanneer jy uit gaan dan omhels hierdie hitte jou met 'n klammighied. Maar ja dit was beslis bietjie koeler met die stof wat die son bietjie keer.

En van more af weer operasie groot skoon maak, want hierdie fyn stof het nou behoorlik oral in gekom.

lekker week.

Sonja said...

Die sandstorm moes verskriklik gewees het! Julle is seker bly dis verby.

Sandra said...

Dit gaan 'n paar dae vat voordat mens die sand orals uit het ne Mariette? :-) As julle terug kom van verlof is daar net 'n hoop sand.

Die storm is nog nie heeltemal uitgewoed nie Sonja, hy hang nog in die lug.