Sunday, August 30

Hoera!!!! Die skole begin!!!

Vandag voel dit soos net 'n tydjie terug wat ek gese het 79 vakansiedae om te gaan!?! Uiteindelik amptelik het die skool weer vandag begin .... ook maar ampertjies nie. Met Ramadan wat tans aan die gang is, was daar 'n regeringsbesluit dat die skole toe moet wees tot na Ramadan en Eid, nog 30 dae ekstra!!! Gelukkig is Nelmari in 'n privaat skool en kon hulle normaal begin, kan julle net dink hoe vang 'n onderwyser 'n hele maand se werk op nog voordat jy begin het? Alhoewel James 'n paar maande terug tydelik by die skool begin het, is dit ook vandag amptelik sy "eerste" skooldag op die nuwe kontrak en die twee lyk baie bly om skool toe te gaan. (die fotograaf is net so bly!) Is die man nie gelukkig om so informeel aan te trek "werk" toe nie? Nelmari wou 'n uur voor skool reeds daar wees sodat sy eerste kan wees!!! Dit het my weer laat dink aan die normale probleem wat ouers het om te bepaal hoeveel is die sakgeld vir die nuwe jaar. Ek weet nie hoeveel sakgeld nou is nie en die lewenskoste is deesdae duur. Ja ek weet daar is ouens wat sal se dis goedkoop daar by julle. In sekere gevalle moet ek saamstem. Vir dhs 10 (R21) kan ek al hierdie koeldrank koop en ek neem aan dis sal bietjie meer kos by die huis nou, so dis goedkoper?!? My tenk brandstof vanoggend voor skool was dhs 60 (R120), en hy was leeg is nie te sleg as mens die pryse by die huis vergelyk, maar is dit alles regtig goedkoper hier?! Vleis kan enigiets van dhs47 (R96) per kg kos en party groentes is iets ysliks hier. Dit beinvloed natuurlik nie sakgeld nie, maar 'n fliekkaartjie van dhs30 (R62) kan 'n groot uitgawe wees. En lekkergoed. Verlede week het ek 'n interessante pakkie chips gesien wat ek wou he sy moes proe en omdat chips gewoonlik vanaf 50 fils (R1) kos, was ek nie bekommerd om dit te vat nie ......... maar toe dit by die betaalslag kom, kos dit n hele dhs10 (R21) vir 'n pakkie chips!!!! Genadiglik was hulle nie te beindruk met die nuwe smaak nie.
Ek gorrel baie en my kop is besig maar dit los nog steeds nie die probleem op nie, hoeveel sakgeld is "tiener-markverwant" en kan dit my baat!?

As ek dit weet kan ek my volgende probleem aanpak. My dogter wat glad nie sakgeld wil he nie - sy weier, se dis beter as ek vir alles betaal. Hoe draai ek dit om?
ns Ons was weer die naweek by 'n paar kinderbedienigspunte met ons Poppekas en sluit vanaand af in Al Ain - gaan loer gerus na die kinders se gesiggies op die kindergroepblog.

'n Geseende Sondag vir julle

13 comments:

Unknown said...

Ja dit was beslis lekker om te kon werk toe gaan weer. Ek dink 'n mens raak nogal bietjie moeg vir vakansie ook. En ja ek kan beslis nie kla oor die klere wat ek moet dra werk toe nie. Daar is niks beter as 'n kort broek in hierdie weer nie.

retha said...

n Baie slim dogter wat eerder uit ma se beursie lewe.

Sandra said...

Dis lekker as mens geniet wat jy doen by 'n werk seun.

Te slim dink ek Retha!

Nimsi se Blog said...

Geniet die nuwe skooljaar Nelmari, lekker as jou ouboet een van die "onnies" is ne!

Charmaine said...

James en Nelmari, geniet al die wonderlike dinge wat die nuwe skooljaar bring.

Sandra said...

Sy het haar "opinie" oor die feit dat ouboet in dieselfde skool is Nims :-).

Namens hulle dankie maat!

Muriel said...

Ek sal ook eerder uit Ma se beursie wil leef *grin*

Geniet die nuwe skool jaar julle twee.

Groete

Thea said...

Hulle lyk sommer slaggereed vir die nuwe jaar en sy uitdagings! Geniet dit julle twee!! En ja James, ek dink beslis mens kan moeg raak vir vakansie hou ook! :-)

Mens kan dalk net heelwat verder kom deur uit ma se beursie te leef!!

Sandra said...

Muriel jy moet haar nou nie in haar kwaad sterk nie :-)

Ek dink nie ek sal moeg word van vakansie as ek kan doen wat ek wil nie Thea. Word jy moeg?

Thea said...

Dis lekker om vir 'n ruk niks te doen nie Sandra en weg te kom van roetine maar na 'n ruk begin ek jukkerig raak! Ek moet altyd besig wees met iets konstruktiefs of kreatief. Stilsit is nie vir my nie! Maar mens het nodig om roetine te breek so nou en dan anders raak dit boring!

Sonja said...

Die sakgeld epidemie kan nogal ontaard! Dit was vir my baie interessant om te lees wat jy oor al die prys verskille skryf. En marmite skyfies! Klink nie lekker nie!

Desire Fourie said...

Hoeveel sakgeld is altyd 'n teer puntjie. Sterkte met die nuwe skoolsemester.
Mooi bly.

Sandra said...

Jy maak pragtige goed wanneer jy besig en kreatief is Thea en ek kan jou nogal nie voorstel om niks te doen nie :-)

Wanneer mens mooi kyk is SA nie altyd duurder as ander lande nie Sonja. Maar mooier beslis :-)

Dankie Desire ek dink vanjaar het ek dit ook nodig. Dis nou sakgeld en sterkte :-)