Friday, May 29

Terug in tyd en nuwe tegnologie

Vir 'n ietsie anders besluit ons om ons laaste dag in die Highlands die Harry Potter-treinroete met die Jacobite stoomtrein na Mallaig te doen. Dieselfde trein is gebruik in die maak van die rolprente.


Page2


Al drie van ons het jare laas trein gery en is baie opgewonde ... veral toe ons sien mens kan tee en koffie ook te drinke kry.


Page1


Weereens is die omgewing iets wat mens net nie genoeg van kry om te sien nie en daar word honderde foto's geneem terwyl die trein stadig ry. Ons onthou kinderliedjies soos tjoeke-paf-paf en sakke pakke :-).


Page3


Op Glenfinnan stop die trein vir 'n paar minute dat almal wat wil kans kry om die trein-museum te besoek. Die twee tannies stry om te besluit wie is nou eintlik die kortste. Die foto wys dit nie, maar Annie staan op haar tone. 'n Skotse doedelsakspeler kom maak ook 'n bietjie musiek om by te dra tot die atmosfeer.


Page4



Page5


Dan is dit verder en kort mense staan selfs op die banke om beter foto's te kan neem. Ai, hulle kan ook maar bly wees die kinders sien nie die voorbeeld wat hulle stel nie.


Page6


Ons eindbestemming Mallaigs reg op die einde van die spoorlyn en is 'n pragtige klein vissersdorpie met die mooiste huise. Kyk bietjie of julle die winkel Spar kan sien?


Page7


Die dorpie is beslis bekend vir hulle vis want dadelik van die trein af koop die mense "fish & chips" en sit langs die strate en eet.


Page9


Die pad terug en nou kan mens regtig sien hoeveel mere daar in die klein deeltjie is.


Page10


Die hoek is ook nou effens beter om die brue af te neem al beteken dit mens moet die kamera by die venster uithou en mik en hoop vir die beste. Dit was sooo 'n lekker dag.

Vir die tegnologie gedeelte moet ek eers verduidelik. Die klere moes skoon voor die volgende rondte en ons verblyf het 'n wasmasjien en tuimeldroer. Annie en Charmaine sit mooi die ligte goedjies in die masjien met die seeppoeier en dan om nie dieselfde probleem as in Edinburgh te he nie, wag hulle vir die water sodat die was kan begin. En ons wag mense .... en ek's spyt my kamera is ver want die kommentare is iets om te hoor. Baie teleurgesteld in die moderne wasmasjien wat was sonder om water in te tap haal hulle die wasgoed uit - net om te sien dit was eintlik die tuimeldroeer! Was dit nou 'n gegiggel :-).



Dus toe hulle later die aand weer probeer is ek en die kamera byderhand net vir ingeval. Hulle benader die masjiene soos mense wat bang is daarvoor en dan as die knoppies gedruk is, staan hulle daarna en staar .... die klank op die video is nie uitgesny nie .... dis regtig hoe ernstig hulle die taak van wasgoed opgeneem het.

7 comments:

Ronelle said...

hahaha nou het ek als gesien - hulle KYK daai wasgoed skoon...

Heleen said...

Aaaa die stoomtrein, dit laat my baie terug dink toe ons as kinders met die trein vakansie gaan hou het. So by the way...wie het jou wasgoed gewas Sandra? of moes jy eers kyk hoe die ander 2 dames eers suffer. he he he grappie!
Lovies Heleen

Sandra said...

Dit was omtrent so iets Ronelle :-)

Daar nog stoomtreine gewees toe jy jonk was Heleen? Wow! :-). My wasgoed was ook in die masjien daarom het ek ook gekyk ... maar net met die kamera :-)

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Ek het omtrent nou 'weggeraak' tussen al die kastele, landskappe en pragtige plekke.

Dankie dat julle julle vakansie met ons almal gedeel het. Alhoewel ons bietjie 'groen' is, is dit net weer duidelik dat ons ook een van die dae rugsakke moet pak en gaan kyk wat daar aangaan!!

Groetnis
xx

DJ said...

I don't need to understand, I can see that i have something to worry about. If the grandma don't know how to use one, how will the daughter know???

Charmaine said...

:-) valid concern uncle DJ. As long as you know how to use one then all is fine

Anonymous said...

Hey, I do know how to use one ;-) in this house we actually so know what to do we dance with the washing machine ;-D Riza